Maroela Media-app: Help toets aan die lekkerste nuus-app ooit!

Skermskoot uit die video

Ons boer in die video staan gereed!

Loer gerus na ons toneomkrullekkerkry-advertensie onderaan die berig. Maroela Media stel vandag die Beta-weergawe van sy splinternuwe nuus-app bekend.

Die app, beskikbaar vir Android- en Apple-slimfone, hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure en ons maak seker dat jy weet watter boeke om te lees, hoe om vanaand se kos gaar te maak en wie die rugby gaan wen. In die Vermaak en Leefstyl-afdeling kan jy selfs uitsien na daardie stories wat jou na jou asem gaan laat snak, jou tot trane gaan dryf of jou laat skaterlag van lekkerkry en plesier. Ons meningvormers gesels kopstukke in Dié Groot Debat en ons gee vir jou agtergrond oor gebeure in Nuuskommentaar.

Jy kan boonop kies watter afdelings jy wil sien, of nie wil sien nie – klik net op die ratjie om jou verstellings te maak.

Laat weet ons asseblief as daar ʼn tegniese fout op die app is, klik bloot op die “terugvoer oor die app”-blokkie onder verstellings. Gradeer ons asseblief op die App Store en die Google Play Store, en skryf sommer ʼn resensie ook, sodat ander lesers kan sien hoe lekker kuier ons saam.

Ons is die nuusleser met die vreemde pruik, die soustannie met die lekker bak beskuit, die skeidsregter en die oom op die pawiljoen wat nartjies gooi. Ons is jou taaljuffrou en die pêl wat saam stokkies draai. Ons is jou ouma se sagte skouer en jou oom se blinknuwe motor. Skink vir jou ‘n koppie boeretroos dan kuier jy lekker saam!

Maroela Media app vir die iPhone Maroela Media app vir Android

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johan ·

@Nick my gunsteling funksionaliteit van ‘n Windows foon is dat jy hom kan gebruik om jou selfoonmaatskappy te skakel en te reël vir ‘n opgradering na ‘n Android foon….
(ek hoop jy weet ek terg jou net ;) )

Johan ·

Dit is die Apple AppStore waar mens die app gradeer. Nie die iStore nie. Dit is die winkel in Menlyn.

Sune van Heerden ·

Dagsê Johan

Jy is 100% reg, baie dankie – ons het die fout reggestel!

Groetnis
Suné van Heerden
nms Maroela Media

Hanno ·

Toepassing is ook die Nederlandse woord vir app. Maar ongelukkig gebruik almal hier ook maar app.

Kobus ·

Dagsê Danie
Ons beplan ongelukkig nie op die oomblik ‘n Windows-weergawe nie, want slegs ‘n baie klein proporsie van ons lesers gebruik dit en die ontwikkelingskoste is taamlik hoog. Ons nuwe webwerf maak dit egter baie maklik om stories op jou foon te lees.
Groete
Kobus Bezuidenhout
(namens Maroela Media)

Sarel Meyer ·

Dit is soos manna uit die hemel om in afrikaans te kommunikeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.