Lesersbrief: Kommissie van ondersoek was onnodig

Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane (Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency/ANA)

Adamus P. Stemmet, woordvoerder van vereniging vir die monitering en bevordering van staatspensioene (Amagp), skryf:

As die Openbare Beskermer (OB) haar werk gedoen het, sou die Mpati-kommissie wat ondersoek instel na die optrede van die Openbare Beleggingskorporasie onnodig gewees het. Miljoene kon gespaar word en die verlies van verdere miljarde deur die Staatsdienspensioenfonds sou moontlik nie plaasgevind het as daar betyds opgetree is nie. Nou moet die kommissie ten duurste haar werk doen.

In stede daarvan om betyds op te tree, hou sy haar besig op die politieke terrein.

Alreeds op 5 en 16 Februarie 2016 het die voorloper van die Amagp aan die OB lyste van kommerwekkende beleggings namens die Staatsdienpensioenfonds gestuur en haar gevra om dit te ondersoek… Die bekleër van die pos destyds, adv. Thuili Madonsela, was op pad om die pos te ontruim en het baie onafgehandelde ondersoeke gehad.

Ons het dus geduldig op optrede deur die nuwe Openbare Beskermer gewag. Intussen het die wanpraktyke voortgegaan. Miljarde is onnodig verloor. Tot vandag, byna drie en ‘n half jaar later het die Openbare Beskermer nog geen steen verroer nie.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

John ·

Die perfekte driemanskap: Zuma, Ace, Busisiwe… met ‘Ek weet nie’ as motto… wat veg teen ‘n onsigbare vyand… genaamd ‘Waarheid’.

ne ·

CR sal iets moet doen. Ek dink die OB moet OOK ONDERSOEK WORD. Wonder hoeveel betaal die kaders haar.

Cheryl ·

Dis Kommissie op Kommissie op Kommissie – Verwys, Verwys, Verwys en verder gebeur daar niks

Jerry ·

Die rede hoekom daar niks gebeur nie en wanneer daar wel iets gebeur daar nog steeds eintlik niks gebeur nie, is omdat die ANC besig om n meesterlike toneelspel op te voer wat tyd wen en alles vertraag terwyl staatskaping fase 2 ongesteurd voortwoed! Die idee is dat net soos met staatskaping fase1, mense dit eers sal besef wanneer die skade ook eers reeds aangerig is en dit meer sal kos om te herstel! Mense sal moet begin besef dat al die toneelspelers (kommissies ingesluit) een gemeenskaplike doel het, naamlik de-kolonialisasie. Die opposisie mag dit nie uit die oog verloor nie, want dit is waarop ANC strategie en taktiek (toneelspel) geskoei is!

Kanarie ·

Dit is dalk liefs beter dat hulle haar afdank en ‘n indiepte leefstyl audit doen op haar. Sy is glad nie op gewase vir die pos nie. Bring maar eerder vir Thuli Madonsela terug.

Willehond ·

Jammer jammer juffrou jox! Sal dit nie weer doen nie. Moet my net nie slaan of uitskryf werk gee nie, asb!

Nonnie ·

…..Want sy is net nog ‘n onbevoegde ANC/Zuma kader…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.