Lesersbrief: Die balk in my eie oog

Maarten Kruger skryf:

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Kai Sun/Unsplash)

Wat het Jesus gedoen toe hy die sinagoge inkom en sien hoe die tollenaars en fariseërs daar aangaan? Het hy op ʼn mooi manier vir hulle verduidelik dat dit wat hulle doen verkeerd is.

Hulle het mos geweet dit is verkeerd. Hoekom dan nou vir hulle op ʼn mooi manier probeer oortuig om dit nie te doen nie. So amper asof hy hulle verskoning vra omdat hy hulle moes uitjaag.

In 1974 by die kinderkrans is die storie die eerste keer aan ons vertel/ verkondig: “haal eers die balk uit jou eie oog uit…” Later is ons vertel kyk hoeveel vingers wys terug na jou toe as jy vinger wys.

Is dit nie miskien hoekom ons vandag sit in die gemors waarin ons sit nie? Die kerke loop leeg. Misdaad ruk hand uit.

Dit is mos hoekom ouderlinge en diakens in die eerste plek daar gestel is. Om die broers wat afdwaal aan te spreek. Nou word daar vir hulle vertel “haal eers die balk uit jou eie oog uit…”

Ek kan nie anders as om te wonder wanneer laas enige kerk ʼn lidmaat aangespreek het oor sy dwaling nie. Dan praat ons nie eers van ʼn lidmaat uitskop wat nie binne die raamwerk van die geloof optree nie.

Vandag leef almal net hulle eie lewens en wat in die samelewing/ gemeente om ons aangaan is mos nie ons probleem nie.

Ek moet mos eers na myself kyk en slegs as ek vlekkeloos is, kan ek my naaste aanspreek. Andersins moet ek maar stilbly.

Die enigste probleem met die standpunt is dat niemand nou vir niemand reghelp nie. Is dit nie juis elke broer se plig om toe te sien dat sy broer op die regte pad bly en gered word nie?

Ons kerke loop leeg, want die kerk bied my niks meer nie. Ek sit met mense langs my wat net so optree soos die “sondaars” waarteen ek gewaarsku word.

As my hele/ enigste doelwit met my geloof net is om myself te red en in die hemel te kom dan is ek mos ʼn selfsugtige wese wat net op myself ingestel is en glad nie beoefen wat die woord vir my sê nie.

Soos die geloof tans beoefen word is dit niks anders as nog ʼn ideologie nie. Dit het niks meer met geloof te make nie. Dan praat ons nie eers van hoe dit inskakel by God se plan nie. Maar by die planne van mense skakel dit mooi in.

Sodra ons mense nie saamstem met die Bybel nie, kry ons wel ʼn geldige rede om dit te wysig. Ek dink die groot vraag wat ons moet vra is: glo die kerke nog in God? Glo die kerke nog dat die Bybel die woord van God is?

Want dit wat ons deesdae in die kerke ervaar is nie die prediking van die woord nie, maar eerder die prediking van dit wat die mens wil hoor. Die kerk het ʼn maatskaplike en sielkundige instelling geword.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annie ·

Amen! En waar en wie is ons dominees: By hul strandhuise aan’t skilder of besig om ‘n boek te skryf vir ‘n ekstra inkomste. Anderdag het ‘n dominee van die binneland die dag na die skole gesluit het reeds verdrink by die see… Die ou trekkerboere was baie gelowig en van hul voorsate het uit Europa gevlug weens die vervolging van die Christene. Die bose is die aardbol vol en ons mensdom weet meer oor tv-programme as wat in die Bybel staan. Die ou profete se waarskuwings staan opgeteken in die Ou Testament en die eindtyd word in die Nuwe Testament herhaal. Die gebeure in Israel staan daar om te lees. Die feit dat die meeste mense die Palestyne as die eienaars van die Israelse gebied sien dui op hul onkunde oor die Joodse geskiedenis en dat geen Bybel ooit in hul hande was nie. Hartseer.

OW ·

Interessante trant van skrywe.Die tollenaars en fariseërs was op die verkeerd pad gewees en Jesus het dit op meer as een geleetheid vir hulle gesê.Hy was die volmaakte mens wat ooit op aarde was en dit het so weerspieël in al sy optredes.
Terloops as jy dissipels van mense wil maak of teregwys,moet jy die vredes beginsel bevat en jy moet Geestelike leierskapkapasiteit besit om dit te kan doen,anders sal jy niks uitrig nie.Om vuur met vuur te beveg om bogenoemde te kan doen sal nooit uitwerk nie.
Enige mens wat bg kwaliteit besit kan iemand aanspreek wat op die verkeerd pad is,dit is nie net die Kerk,ouderling of diaken se plig nie.
As jy aan ‘n Kerk behoort wat nie aan God glo nie,en die Bybel nie die Woord van God is nie,kan jy maar daardie kerk verlaat.Niemand sal iets uitrig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.