Lesersbrief: Ek kry skaam om myself ʼn Suid-Afrikaner te noem!

Hester Hall skryf uit Pretoria:

Pres. Cyril Ramaphosa en pres. Wladimir Poetin in 2019. (Foto: GovernmentZA/Flickr)

Geagte mnr. Ramaphosa

Ek het ʼn saak wat swaar op my hart druk. Ons land se mense kry swaar. Net wanneer ons dink dit kan nie swaarder gaan nie, dan word die tou nog stywer getrek om ons nek. Mense het nie werk nie, mense kan nie kos koop nie, mense is siek en mense het hoop verloor.

Ek het al gedink daar is niks meer wat u en u trawante kan doen om my te verbaas nie. Maar gats ek was verkeerd! Ubuntu se agterent. Mnr. Ramaphosa, vra asseblief vir jou vriend Poetin of hy weet wat ubuntu beteken? Want alles waarvoor u en die ANC sê julle staan, word duidelik nie deur julle aksies gewys nie.

Het julle gedink aan die nagevolge wat julle vriendskap en ondersteuning van Poetin gaan hê op julle mense? Op die land? Die deler is net so goed soos die steler mnr. Ramaphosa. Dit beteken deur vir Rusland te ondersteun, het julle eintlik die galgtou om ons nek gehang.

Want jy sien, deur jou maat te help, is Suid-Afrika aandadig aan al die verwoesting, moord en onreg wat deur jou maat Poetin gesaai word in Oekraïne. Hoeveel sitkamerstelle vol geld het Poetin jou belowe?

Meneer sê julle is ʼn demokratiese regering, maar weereens – dade spreek harder as woorde. Demokrasie is nie om ʼn land te help om ʼn ander land te verwoes nie. En dit ten koste van jou eie land en onskuldige mense in Oekraïne.

Ek kry skaam om myself ʼn Suid-Afrikaner te noem!

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

trotsNAMSA ·

In die 70’s en 80’s het die toe SA Regering dieselfde gedoen. Hulp van die VSA ontvang om sogenaamde terroriste in my land Namibië te beveg. Geld en olie het ‘n groot rol gespeel vir daardie Regering, ook.
Hopenlik stuur die huidige Regering ook mans van alle rasse “grens” toe. Minder rondlê, misdaad en afbreek van infrastruktuur tydens “ons is so ontvrede”.

Gert ·

Bin laden het Goerge Bush besoek terwyl Bush se soldate hom op die grens kwansuis vermoor het en hul self 2 weke daarna almal omgekom het in n helikopter ongeluk. Hierdie is een groot speletjie.

Elma ·

Was en IS Swapo nie terroriste nie? Ek is n oud Namibier en nou kry ek ook sommer skaam.

gpsa ·

Het so paar dae terug ‘n onderhoud gesien tussen een van ons ministers met die BBC. Daar was probleme genoem wat SA beleef. Die enigste kaart wat die minister kon speel is dat Afrika gekolloniseer was en so die probleme beleef.
Ek was skaam dat Europa al deur oorloe was, groot pandemies ens en elke keer het hulle weer opgebou en is altyd beter af na die tyd.
By ons haak hulle nog vas by iets wat honderde jare terug gebeur het, en nou nog steeds nie opgebou en aanbeweeg nie.
Europa en Amerika bied meer hulp aan ons as mens besef. Albei het ook groot hoeveelheid mense vanaf Afrika wat hulle huisves maar word steeds as die onderdrukker afgemaak, skande.

Republikein in die Wes Kaap ·

Europa en Amerika het ook baie ellende gebring wat Afrika nie kan oplos nie.

Laksman ·

Afrika kon en sal nooit probleme/ellende kan oplos nie……makliker om bakhand te staan.

chris ·

Europa en Amerika bied meer hulp aan ons as mense besef??Hulp teen watter prys?Hulle haal dalk meer uit ons land uit as wat ons besef!

Hans ·

Chris, AGOA was sg opheffing van Vsa sanksies, wat basies voorkeur ruilhandel is, onder streng politieke voorwaardes.
Waar is direkte beleggings uit Vsa en Europa in SA? ONTHOU die ANC en SWAPO hoofkantore was in London, met kantore in Fashington, New York en Den Haag. Afrikaners is geo-polities agtergeblewenes oor geo-politiek van 1970’s en 1980’s.
NAVO se inval poging teen die Russiese Federasie, 100 jaar na die vorige poging van Operation Polar Bear, is Demokrate se weerwraak.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jou waarneming dat Afrikaners geo-politiese agtergeblewenis is is spot-on. Ons is inderdaad steeds vasgevang in ‘n era wat verby is. Ons LibDem vriende wil dit nie besef nie en is nou sagte teikens vir Washington DC.

Treurwilger ·

Dikwels oomblikke waar ek skaam kry om myself ‘n SA’ner te noem, maar die feit dat ‘n BRICS-lidland onpartydig/neutraal in dié oorlog staan, is beslis nie een daarvan nie.
Die sogenaamde wapenskip-storie is oordrewe drama deur die VSA/NAVO.

Sê maar net ·

Amen!! Raakgesê! Ek skaam my ook morsdood en is teleurgesteld in; en hartseer oor ons regering… :(

Republikein in die Wes Kaap ·

Treurwilger, ons moet onsself voorberei vir meer en erger sielkundige propaganda en oorlogvoering. Ons is duidelik nie gereed daarvoor nie. En dit gaan erger word. Die Weste weet dit. “Kundige” kommentators op radio en TV hardloop met die storie en speel in die hande van die Weste. Een voordeel is dat ons verder verdeel tot by ‘n punt waar ons mekaar nie glo en vertrou nie. Dit gaan rof wees, maar eers dán sal ons aan iets nuuts en blywend begin bou.

Gert ·

Ons mag dalk weer n oorlog soos die Angola oorlog beleef. Hierdie keer is dit Russies gedrewe om die Nato lande te veg op Oekranie se grondgebied. Sodoende kan nog meer olie en gas betaal vir wapen vervaardiging en die elite veilig tuis sit en Manopoly speel met die wereld.

Republikein in die Wes Kaap ·

Olie- en gas oorloë in Suider, Wes en Oos Afrika is beslis op die horison.

Marthinus W ·

Op LitNet verskyn n artikel deur Burgert Senekal, oor ons op Maroela wat pro-Russies is, wat glo verlei word deur die Russe se propaganda. Ons word beskou as “regs”, as “trompoppies”. Maar meeste van die bronne wat gebruik word, is self propaganda. Stem saam met “Republikein” dat ons nie baie goe dmet sielkundige oorlogvoering is nie, en dis waarna die Amerikaners se aksies lyk.

Dirk ·

Julle is duidelik nie goed nie want julle ondersteun ‘n fascistiese en kommunistiese stelsel wat Putin uitleef. En dit is dieselfde ou boekie wat die ANC en EFF volg. Julle is pro-Russies wat vir almal wat vir hulself kan dink kan sien julle ondersteun ‘n massa moordenaar.

Marthinus W ·

Poetin en Rusland is meer demokraties as bv die EU. Ursula von der Leyen is n onverkose burokraat; Poetin is deur die volk verkies. Poetin moes toestemming by die doema [parlement] kry voordat hy troepe in Oekraine kon instuur – en volgens Oksana Boiko moes hy baie taboes breek, bv die kerk. Tussen 2014 en 2022 is meer as 14 000 Oekrainers in die Donbas vermoor, deur Kief [Porosjenko en Zelenski] en het jy hulle toe aangevat daaroor?]

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek steur my nie aan ‘n groep geleerde Liberale Demokrate se sienings nie. Hulle is vasgevang in ‘n vreemde verlede, vêr vewyderd van moderne realiteite. Dis ironies dat swart mense (waarskynlik die meerderheid) ook vurig vir Poetin ondersteun. Is hulle ook skielik “regs”? Die wêreld is aan’t verander. Ons LibDems vriende weier om dit te aanvaar. Dis dalk komies, maar BRICS en die Poetin issue kan wit én swart “regses” nader aan mekaar bring. Dit kan nuwe geleenthede skep vir wit “regses.”

Andrew ·

Ek kry skaam dat my eie volkgenote in 92 sonder skaamte my grond weg gestem het.

Fran ·

ongelukkig is my antwoord deur MM polisie verwyder. Stem saam met jou. Frikkie de klerk en roelfie meyer die grootste skuldiges.

Hans ·

Belaglike ondeurdagte brief. Suid-Afrika is al meer as dekade deel van BRICS, die S in BRICS. Na 1994 was die swaard van Westerse sanksies en kapitaalvlug nooit verwyder oor SA nie.
Die ANC se hoofkantoor was in London, met takkantore in Washington, New York en Den Haag.
Wit Afrikaners en veral jonges, praat ondeurdagte bollie deesdae in media, sien Rooi Rus agter elke bos in elke skaduwee. Byna waansinnige gesigte. Die Russiese Federasie het NIKS van SA nodig nie, nie minerale, nie geld nie en nie olie of gas nie. Ons kan wel Rosatom se minikragsentrales gebruik het….

Elma ·

Huh? Die brief handel oor die “ondersteuning van oorlogmisdade deur SA”. Want, plain & simple, is dit wat dit is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Niks gebeur in isolasie nie. Noem dit ‘n sisteem.

Hans ·

SA wapens is op NAVO standaard gemaak deur destydse Armscor en filiale. Russiese Federasie werk op hul eie wapenstandaard en grootste verskil is by die huls van rondtes. Dit gesê, net dit. Rusland is onderdeel van die groter Russiese Federasie, waarvan Pres Putin hoof is.
Afrikaners se geo-politiese kennis is uiters beperk, veral oor Russiese Federasie.
Die skippie wat na bewering wapens en/of ammo afgelaai het, was sekerlik vir SADAC se betrokkenheid in streekskonflikke in DRK en Mosambiek met ISIS geaffilieërde groepe.
Sou Cabo Delgado gasaanlegte behoorlik funksioneer, sou SA goedkoper gas kon aankoop. Sou die konflik in DRK stop, kon SA goedkoper brandstofpryse kan kry.
BRICS bank staan deesdae in kompetisie met oa die Wêreldbank en IMF.
Behalwe vir die bietjie handel itv AGOA, het baie plaaslike hoenderboere ten gronde gegaan, agv “dumping” van ou gevriesde porsies uit Vsa itv AGOA. AGOA was sg “opheffing van sanksies” na 1994, onder streng politieke voorskrifte.

MC ·

Dis vir my so hartseer dat ons Suid-Afrikaners altyd soos ‘n klomp skape agter die media aanloop sonder om alles self te ondersoek en vir onsself die waarheid uit te vind. Mens kan nie eers die fotos glo wat die wereld ingestuur word oor Rusland en die Oekraiene nie, want alles is “ge-photoshop”. En alles is fotos wat uit argiewe kom van ander gebeurtenisse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.