Lesersbrief: Ons oorlog duur voort

Jan Kruger skryf vanaf sy plaas in die Hantam Karoo naby Colesberg:

Jan Kruger na die “river crossing” tydens Operasie Askari in Desember 1983 (Foto: Verskaf)

Daardie nagtelike “river crossing” iewers diep in Angola en die verduiwelse krokodille waarvoor ek nou 35 jaar later eers skrik, het uiteindelik ʼn lig vir my aangeskakel oor die sin van ons grensdiens.

Ek meen, vir elkeen wat swaar sluk aan die sogenaamde nuwe Suid-Afrika en terug dink aan ons opofferings – vir baie van ons wat die hoogste offer gebring en ʼn ererit op die kanonwa verdien het, bly die sin van die oorlog ons egter ontwyk.

En die rede vir ons frustrasie en soeke na sin is so voor die hand liggend dat ons dit nie raaksien nie.

Ons is in ʼn die volgende paradigma vasgevang.

Ons weet ons het militêr meestal die oorhand gehad. Meng dit met NP-Broederbond-propaganda dat ons militêr ons doelwit bereik het, naamlik om:

  • Tyd te wen vir ʼn vreedsame skikking;
  • Angola van die Kubane te bevry;
  • Kommunisme tee te staan;
  • Die Kaapse seeroete vir die Weste te beskerm en ek weet nie wat nog alles nie.

Dit alles saam is wat ons verwar, frustreer en veroorsaak het dat die sin van ons oorlog ons bly ontwyk – want as ons ons oë oopmaak, sien ons die vyand se vlag wapper van die Kaap tot aan die kaplyn.

En die teenstrydigheid sal jy net verstaan as jy besef dat ons die oorlog jammerlik verloor het.

Ons mag die veldslae gewen en die militêre doelwitte bereik het in ʼn oorlog waar almal behalwe die Afrikanervolk se belange gedien is.

Ons het toe nooit baklei dat “die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly” nie, want dit was nooit die doelwit van ʼn verloopte geslag Afrikaners wat te jonk was vir die Engelse oorlog of die 1914-Boere se opstand en te oud of sleg was om ons grensoorlog mee te maak nie.

Daardie geslag baby boomers wat net wou geld maak en nooit ʼn druppel bloed gestort het nie en uit volle bors gesing het: “Ons sal lewe JULLE sal sterwe” (erkenning aan Freek).

Maar ek het gisteraand die eerste keer die sin verstaan van ons oorlog: Ons was bereid, bereid tot die dood toe, bereid tot oneindige risiko vir die ideaal waarvoor ons gedink het ons veg naamlik: “dat die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly”.

Máár, soos ʼn goeie vriend die ander dag vir my geskryf het: “Dis waar, Jan, die tyd stap onverbiddelik aan, maar ons gaan nog tot die 15de rondte in die kryt bly, dit moet die bliksems weet.”

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ore ·

Ek was daar, ek het dit aanvaar. Die reuk van kruitdamp en bloed wat brand. Jong seuns wat in sakke toetrek word en sso die skrywer sê, ‘n rit op die kanonwa verseker het. Wat ‘n mors van alles wat in die naam van oorlog gevoer word. Soos hulle sê, “it’s not what is right but what is left” Het daar al enigiets goeds uit ‘n oorlog gekom? Hoeveel lewens is verwoes deur dood, verminking, huwelike,verhoudings noem maar op. Ek is ‘n veteraan ,sukkel steeds om van beelde en ondervindings daar weg te kom. Berading? Baie sessies probeer, onsuksesvol. En vandag sien ons waarvoor ons nie geveg het nie.

OW ·

Baie goeie skrywe Jan.So gepraat van die broederbonders en politici van die vorige bedeling.PW Botha was die minister van Verdediging toe ek destyds my militêre diensplig gedoen het.Na my mening een van ons beste en effektiefste ministers en presidente ooit.Hy was vir hervorming maar nie vir oorname nie.Hy en FW die Klerk was natuurlik nie in mekaar se binnekringe nie en na mnr PW Botha se ligte beroerte het hulle hom uitgewerk.As dit nie gebeur het nie,dink ek kon ons vandag ‘n ander bedeling gehad het.
Terloops die 15 die rondte in beroepsboks is verminder na 12 rondtes.So ons sal moet bly tot die 12 de rondte.

Piet Snot ·

Jan, jy sê in jou 2de laaste paragraaf wat ek vir myself sê: “Ek het aan myself trou gebly”.
Persoonlik het ek geveg om my ma en pa te beskerm.

kragaap ·

Uitstekende skrywe. Ek was daar, twee trips Angola, Moduler, Hooper en Pecker 1988/1989. Stem saam met die skrywer, die doelwitte van die lamsakkige NP was heel anders as wat aan ons vertel was. Net tyd gekoop om uiteindelik die land weg te gee.

Haan ·

Oom Jan sê dit soos dit is. Ons het die oorlog VERLOOR. Die Afrikaner is in ‘n bittere, bittere verknorsing. Ons lawe die vernedering van neerlaag met bog soos rugby en slim braaivleispraatjies. Die slag van bloedrivier kon eers gelewer word nadat die Trekkers die harde werklikheid van uitwissing na Bloukrans besef het. Die herlewing en vrywording van die Eufees-Afrikaner is bewerkstellig deur kinders wat die harde werklikheid van die konsentrasiekampe beleef het. Vryheid kos bloed. Ons vyande het daardie bloed gaan stort in Angola en die vryheids-koste is nié plaaslik betaal nie. Dus is ons vryheid op ‘n skinkbord weggegee. Nou moet ons eers bietjie op ons m*er kry, dat ons kan besef geld beteken niks as jy nie vry is nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hoe het Charlie Sheen se karakter in Platoon gesê: “Ons baklei nie teen die vyand nie, ons baklei teen onsself.”
Trek af Jan, maar moenie toeplak nie. Jou oorlog is verby.

annie ·

Die storie van teen die Kommuniste te veg, was die grootste drogwaan wat aan die troepies verkoop is. Die VSA wou ten alle koste sy mag in Afrika behou en uitbrei. Tot vandag glo die ouer geslag dat Rusland die Weste se grootste bedreiging is met ‘007’ ons enigste redder. Ons moet oppas dat ons nie weer sterf vir ‘vreemde gode’ nie.

Pieterbusa ·

Dankie vir die goed geskryfde brief. Selfs byna 40 jaar later (Moduler, Hooper) worstel ek steeds met dit wat daar plaasgevind het, en die redes/ideologie waarvoor ons geveg het, want vandag voel ek dit was als verniet. Maar ons kan darem met trots terugkyk en weet, ONS WAS DAAR, en ons was die beste.

Cherokee ·

OW, jy het my herinner aan PW Botha, wat soos jy sê, minister van verdediging was, voor hy staatspresident geword het. Hy het vir ons gekuier op Rooikop, in die Namib. En presies soos jy sê, as hy nie uitgewerk was nie (dit was ‘n staatsgreep in die kleine) kon dinge heel anders uitgewerk het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.