Lesersbrief: Te wit om ʼn dokter te word

ʼn Radelose, hartseer en teleurgestelde ma skryf:

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Insung Yoon / Unsplash)

Ek skryf hierdie brief met ʼn hartseer en diep teleurgestelde hart. Ek is ʼn blanke ma van ʼn blanke dogter wat te wit is om in haar geboorteland medies te studeer. Ek weet daar is al baie oor hierdie onderwerp geskryf en val steeds op dowe ore, maar ek moet dit van my hart af kry en my sê sê.

My dogter was verlede jaar in matriek in ʼn top akademiese skool in Pretoria, waar sy ook ʼn hoofleier was. Sy het vyf onderskeidings ontvang met ʼn gemiddeld van 83%. Natuurlik heeltemal te min om in Suid-Afrika medies te studeer, net omdat sy blank is.

Toe maak ons maar vrede met die kwotastelsel by al die universiteite en sy studeer BSc Biologiese Wetenskappe met die hoop om na ses maande weer gekeur te word. Nodeloos om te sê dat ʼn 80%-gemiddeld vir die eerste ses maande van BSc ook nie goed genoeg is om ʼn dokter in Suid-Afrika te word nie, net omdat sy ʼn wit dokter sal wees.

Wie gee om as jy siek is en ʼn dokter moet gaan sien watter ras die dokter is? Jy wil net medisyne kry en beter voel. Hoekom wil ek net weet en verstaan, moet hulle ras koppel aan ʼn student wat se hartsbegeerte is om ʼn dokter te word?

Hoekom is daar nie die kwotastelsel by BCom of ingenieurswese of enige ander grade nie? Hoekom word studente daar toegelaat op grond van hulle punte en nie ras nie? En dan stuur die departement van gesondheid studente na Kuba om daar as dokters te kwalifiseer en nie eers in jou eie land nie? Is dit nie tot voordeel van alle mense om goeie dokters op te lei nie?

Sal jy nie eerder verkies om na ʼn dokter toe te gaan wat op grond van sy meriete en punte toegelaat is om medies te studeer, as na ʼn dokter wat net as gevolg van sy ras medies studeer het nie?

So wat beteken dit nou vir my dogter wat haar BSc vir hierdie eerste ses maande met lof slaag en wat weer afgekeur is om medies te studeer? Sy moet nou maar weer probeer om in Januarie in te kom, en wat is die kans dan want die kwotastelsel gaan steeds daar wees. Moet sy nou totaal van rigting verander en ʼn rekenmeester word of moet sy nou maar probeer om haar droom om ʼn dokter te word en mense gesond te maak in ʼn ander land gaan nastreef?

Wat staan ʼn wit meisie met ʼn hartsbegeerte om ʼn dokter te word te doen?

Sy is in murg en been ʼn Suid-Afrikaner en wil regtig nie die pad vat na ʼn ander land nie, maar dis seker maar haar enigste opsie.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Pieter ·

Selfde het gebeur met my niggie. Sy is ook weggewys en het toe ander Mediese rigting gaan studeer met latere aansluiting by Dokters kwalifikasie. Sy het by Bloem Univ gaan studeer en nadat baie mense uitgeval het, het sy toe plek gekry en is nou ‘n mediese dokter.

Miskruier ·

En die ouers moet maar betaal. Teen die tyd wat die kind klaar gestudeer het, het die ouers nie geld om die dokter te betaal nie.

Yolande ·

Vriende van ons se dogter wou ook medies studeer en is afgekeur maar toe studeer sy vir 3 jaar as BSC Chemistry en toe doen sy aan soek in Hongerye vir n beurs om daar te studeer en sy is tans besig met haar 4de jaar.

Michael ·

In SA moet jy omgee wanneer jy siek word oor die ras van die dokter. Die hele brief handel dan oor studente wat nie wit is nie maar vir dokter kan studeer slegs oor hul die “regte” velkleur het.

Moereloosverby ·

Ek dink jy mis die punt (opsetlik). Die gehalte van keuring word beklemtoon deur haar oogpunt, en die diskriminasie daar rondom (die skrywer het net vanuit die oogpunt van ‘n puik wit jong dame se hartseer gepraat, ek is seker sy let nie op kleur as daar ander verdienstelike puik dokters oor haar pad kom nie). Punt is, baie van die wat ‘nie so verdienstelik’ gekeur word nie, haal in baie gevalle nie die paal nie. Maar het iemand wat dit eintlik verdien het, se plek opgeneem in die program.

Luxrider ·

Net vir die rekord.

Ek het in the tagtigs gestudeer. Toe was daar al studente wat nie vir medies gekeur is nie, maar met BsC begin het. Een vriend het eers keuring gekry nada hy sy BsC voltooi het.

Ek dink die groot probleem is dat hulle oor al die jare nog nie die mediese fakulteite vergroot het om meer dokters op te lei nie. Nou gebruik hulle ras om die getalle te beheer, eerder as om meer studente op te lei om op te maak vir die tekort aan dokters.

Reinardt ·

Dieselfde het met my dogter gebeur hierdie jaar en mens raak moedeloos. Ek glo die regering wil hê ons kinders moet moed opgee, maar ons sal aanhou glo dat ons gebede verhoor word en intussen hardwerk om die huidige kursus so suksesvol moontlik te voltooi. Geen ander keuse nie.

Moereloosverby ·

Doen dit, Reinardt! En moenie een oomblik opgee nie. Bid sonder ophou. My dogter was twee jaar terug amper woordeliks dié jong dame in die skrywe se ewebeeld. Sy het nie opgegee nie, geveg en aangehou werk, woeker en bid. Die Here was haar op Sy tyd genadig, en sy het eindelik ingekom vir medies by UP. Dit kan gebeur, selfs al lyk dit menslik onmoontlik. Baie sterkte!

De Villiers ·

Suid Afrika verdien nie jou dogter nie. Kry haar haar hier uit so vinnig as moontlik.

Republikein in die Wes Kaap ·

Haar dogter se kinders sal ‘n uitstekende toekoms oorsee geniet en sal studeer wat hulle wil.

Moereloosverby ·

Afriforum en Solidariteit – julle het onlangs ‘n oorwinning behaal oor rasmalheid in die werksplek. Dis tyd om rasmalheid by Universiteite en keuringsprosedures ook aan te vat. As ons kinders nie ‘n toekoms in hierdie land het nie, gaan al julle oorwinnings andersins tot niet gaan. Want hier gaan niemand oor wees om dié vrugte te pluk nie. Dit sal alles tot niks kom, soos die Prediker sê, ‘n gejaag na wind.

Jakkie ·

Dit is tragies dat sy nie haar droom kan najaag nie, maar sal ook in die vorige bedeling met 83% gemiddeld gesukkel het.

piet ·

Hoeveel moet jou gemiddeld dan wees om vir dokter te kan leer? Dis in elk geval malligheid. ‘n 90% dokter gaan nie noodwendig ‘n beter dokter uitmaak as ‘n 70%’er nie. Daar is mos baie meer verbonde daaraan om ‘n dokter te wees, soos bv. hoe jy met mense werk en oor die weg kom, ens. Is daar ‘n finale toelatingseksamen NADAT almal klaar geleer het en deurgekom het soos met prokureurs en aktuarisse die geval is? Jy word nie toegelaat voor jy dit deurgekom het nie.

Koos 100 ·

Ek het my kind, tans in graad 12, omgepraat om nie onderwys te gaan studeer nie. Ek sien nie kans dat hy te wit gaan wees om te werk in die land nie. Hy gaan nou ‘n rigting volg waar hy met ope arms in enige land kan gaan werk.

annie ·

Wat verstaan ons nie? As iemand vir ure aan jou probeer verduidelik dat hy ‘n leeu in ‘n hok by sy huis aanhou en elke dag vir ure aan hom verduidelik dat hy nou moet ophou om bokke te loop vang en netjies by die tafel moet kom aansit vir ‘n lekker ete wat sy vrou, ‘n uitstekende kok, berei het, maar steeds aanhou om ‘n bok te vang sodra hy vrygelaat word en dan moet hulle die leeu weer met groot moeite vang. Hoeveel keer gaan jy na die ou se storie luister?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.