Soveel tale wat ek kan …

eiffel-toring-frankryk

Foto: Skeeze/Pixabay.com

Deur Hügo Krüger

Dit is Parys en hier staan ek in die tou by die “prefecture”, binnelandse sake vir die Franse. Dis een jaar nadat ek met my meestersgraad begin het en ek sal wat wil gee om net weer daardie gesprek, by Waltloo in Pretoria, te kan hê met daardie tannie wat so mooi Afrikaans praat. Sy werk as kassiere, een van die min wat nie ʼn pakket gevat het nie. Sy byt maar vas en haar aftrede is net om die draai. Sy sal seker uithou tot sy 60 is. Ná 40 jaar by dieselfde plek!

Sy is gelukkig, dinge gaan nou nie meer so “smooth”, soos die Engelse sê, soos voorheen nie, maar haar kinders kom nog naweke kuier en die kleinkinders doen goed op skool. Die oudste dink daaraan om Japan of Suid-Korea toe te gaan, om Engels te gaan gee ná skool. Dis dié dat ons nou Engels as “home language” op skool neem. Sodat ons net so “posh” soos die “souties” kan praat en boonop nog Afrikaans suiwer kan praat.

Soos my ouma altyd vir my gesê het: “Die mixing van die language maak ʼn helse confusion.” Daarom trap sy ons uit, as ons ons tale meng! “In hierdie huis sal jy Afrikaans suiwer praat, want ons het jou so groot gemaak en jou ouers het jou opgevoed!” sê sy.

“Eintlik my seun, moet jy soveel tale as moontlik leer. As jy regtig wil hê dat iemand vir jou respek moet toon, dan praat jy sy taal, want dan praat jy met sy hart. Gaan kyk bietjie as oupa vir die karwagte ʼn fooitjie gee, hy haal ʼn paar ekstra munte uit as hulle Afrikaans praat. En moet nou ook nie soos regte hardkoppige Afrikaners of Engelsmanne, hulle is die ergste, wees nie. As die mense in die straat jou sien – die swart mense, dan sê jy vir hulle ‘Dumela, o kae? Nna ke Hügo’. Jy vergeet nie ‘nna’ nie, want dit is formeel! Hulle almal ken my hier as ‘gogo’ (ouma) in Noord-Sotho.”

Die tou hier in Frankryk is lank, maar dit gee my kans om die vorms in die vul. Ek kyk so effens wat die vrou langsaan my doen – ja dit is dieselfde hier. Daar ʼn dubbel negatief in Frans, maar ons Afrikaners ken dit mos!

Reg, voor in die tou nou. Hier is ʼn bordjie voor op die ou se bank: “loi Toubon de 1994”, basies van hierdie datum af sal die “prefecture” verplig word om slegs in Frans te werk met alle buitelanders! Ek skud net my kop. Soos daai AWB-ouens wat ek in die noorde van Wes-Transvaal teëgekom het.

Monsieur Krucher?”, vra die man agter die kassiere. Dis seker Krüger.

Oui, c’est moi. Bonjour monsieur.”

Est-ce que vous voulez reste ici en France après tes études?

Je ne suis pas sûr, monsieur.

Een ekstra jaar hier, waarom nie?

Mais toi, tu peux travailler ici! Nous, on besoin les ingénieurs. Peut-être après tes études?”

“In Suid-Afrika, sê hulle vir my, vir sekere poste: “hou verby”– dis mos BEE nê. Hier vra hulle my of ek nie eerder wil bly nie.”

Oui, peut-être monsieur,” sê ek. “Pour l’expérience.

“Vir goeie ondervinding ja.”

Ek sluk en dink:

Peut-être, miskien ook, vir Suid-Afrika.”

Hierdie rubriek is ʼn lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Skerp Spioen ·

Goeie artikel maar die Frans is vir my Grieks…………

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.