Bekoor deur Rusland: ‘Oekraïne is korrup en Rusland moet opruim’

‘n Man hou die Oekraïense vlag vas. (Foto: Thomas Sjoerup/Ritzau Scanpix/AFP)

In die eerste aflewering, “Waar kom bekoring met Rusland vandaan?”, is daar onder meer gekyk na die Weste wat in Rusland se agterplaas ingemeng het.

Hier volg die tweede aflewering:

“Oekraïne is korrup, vol Nazi’s en onderdruk die Russiese minderheid en Rusland moet dus opruim”

Sonder twyfel is Oekraïne een van die mees korrupte lande in Europa: die land is nommer 122 (uit 180) op die korrupsie-indeks van Transparency International.

Rusland is egter die verkeerde land om as voorbeeld vir goeie bestuur en goeie administrasie te gebruik: die land staan op nommer 136 van die lys en is dus nog heelwat meer korrup as Oekraïne.

Afgesien daarvan is korrupsie geen rede om ʼn land binne te val nie. Ook die gereelde verwysing van die kant van Rusland na “Nazi’s wat Oekraïne beheer en uitgeroei moet word”, is propaganda. Dit is trouens die ou Sowjetunie se taal, om elke misdaad en aanval te regverdig met die glorieryke stryd teen watter boosheid ook al. Oekraïne is beslis nie ʼn Nazi-staat nie, al is daar − soos in enige land (ook Rusland) − groepe wat ultra-nasionalisties of dan Nazi’s is.

Wat die onderdrukking van die Russiese minderheid betref, is dinge nie so eenvoudig nie. Amper die helfte van Oekraïne se mense praat Russies as moedertaal. Die gebiede waar Russiessprekendes veral sterk verteenwoordig is − die Krim-skiereiland en die distrikte Luhansk en Donetzk − is reeds sedert 2014 onder Russiese beheer, oftewel onder beheer van Russiese separatiste. Sedertdien is daar gereeld skermutselings tussen die separatiste en die Oekraïniese weermag, wat die gebied probeer herower.

Ook het Oekraïniese nasionalisme as reaksie op die besetting van belangrike dele van sy grondgebied toegeneem. Geen kant is hier onskuldig of het skoon hande nie. Daar is bewerings van ʼn massaslagting van Russiessprekendes in 2016 in die separatiste-gebiede. Indien dit egter werklik so is, is die vraag hoekom Rusland dit dan nie by die Verenigde Nasies (VN) aanhangig gemaak het nie.

Dit blyk dat die Russiessprekende Oekraïners, van wie slegs ʼn klein deel by Rusland wil aansluit, deur Wladimir Poetin as pion gebruik word om die aanval te regverdig. Blykbaar het die tydpunt van die aanval meer te doen met die swak leierskap van die VSA se president Joe Biden, wat so dramaties in Afghanistan bewys is, en bitter min met die Russiese minderheid.

“Oekraïne is ʼn kunsmatige land, sonder identiteit en historiese wortels, en het daarom geen bestaansrede nie”

Natuurlik is dit waar dat Oekraïne in sy geskiedenis slegs vir ʼn kort tyd na die Eerste Wêreldoorlog onafhanklik was (en weer sedert 1991), en dat Rusland ʼn baie langer geskiedenis as dié staat het. Ook is die Oekraïniese identiteit steeds aan die ontwikkel en is dit ʼn land wat in ʼn sekere sin kunsmatig geskep is uit brokstukke van ander state soos Pole, die vergane Oostenryk-Hongarye, Rusland en Roemenië. Vir die grootste deel van sy geskiedenis was dit ten nouste met Rusland verbonde.

Nietemin het daar ʼn eie identiteit ontwikkel en is dit, veral nou deur die oorlog, sterker as ooit. Verder is Rusland ook geen geslote en homogene staat nie, maar in die eerste plek ʼn ryk wat swakker volke verower en onderdruk het en nog steeds doen.

Die meeste state in die wêreld is kunsmatig en relatief jonk (dink maar aan Suid-Afrika), maar dit is geen regverdiging vir ʼn aanval nie. Die internasionale reg tref ook geen onderskeid tussen eerste- en tweedeklasstate nie, alhoewel die vyf permanente lede van die VN se veiligheidsraad (waaronder Rusland) natuurlik internasionaal meer gewig dra, en daarom eintlik juis moet toesien dat oorloë verhoed word.

Ter afsluiting: ʼn mens kan Rusland bewonder vir sy kultuur, vir sy briljante skrywers en komponiste. Die gewone mense is, soos orals in die wêreld, lief vir hulle land en hulle gesinne en besig met die daaglikse oorlewingstryd. Die politiek van Rusland was egter nog altyd een van verowering en onderdrukking, of dit nou onder die tsaar, onder die kommuniste (wat verreweg die ergste was) of onder die Poetin-bewind is.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Sebastiaan Biehl

Sebastiaan Biehl werk tans as ʼn analis in Berlyn, Duitsland. Hy is ook ʼn skrywer van romans en reisbeskrywings in sy vrye tyd en was op ʼn tyd (2001-2005) ook vir Solidariteit se media-afdeling werksaam. Sy kwalifikasies is BA algemeen, BA Hons (Politieke Wetenskap) en MA Politieke Wetenskap by Bloemfontein en RAU, onderskeidelik. Sebastiaan se gebiede van belangstelling is veral politiek, geskiedenis en reis.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Treurwilger ·

Ek het groot waardering vir Sebastiaan Biehl se skryfwerk, selfs hiér waar ons menings beslis verskil.
Biehl ken die kuns om sy opinie oor ‘n saak te gee, sónder om beledigend te wees teenoor dié wat daarmee verskil.

Hierdie oorlog was totaal voorkombaar en kan 90% voor die deur van Amerika, NAVO en die Weste oor die algemeen gelê word.
Niks of niemand sal my ooit anders oortuig nie.

Leana ·

Treurwilger ek stem 100% saam met jou. Volgens my as Amerika en NAVO hulle neuse uit die storie gehou het was die oorlog nie solank nie en was dit heel moontlik reeds verby. Maar hoemeer hulle kef hoe meer gaan Puttin hulle ‘n punt probeer bewys.

Dewald ·

Absoluut, die oorlog sou lankal verby gewees het sonder Amerika en NAVO. En die hele Ukraine sou ook in puin gewees het.

Anonymouse ·

O ja, dit was geensins Putin se skuld nie. Kom ons blameer almal behalwe die magsbehepte mannetjie in Rusland.

Kobus ·

NAVO het voor Putin se oorlog amper irrelevant geraak, Baie min van die lid lande het enigsins n wesentlike bydrae gemaak, en die algemene opinie was dat die koue oorlog iets van die verlede was. Wat Putin meegebring het is n nuwe fase van die koue oorlog, Finland en Swede se aansluiting is direk te wyte aan Putin se inval, nadat hy weke vir die wereld gelieg het deur te beweer dat hy nie Oekraïne Sal aanval nie. Hy het bewys dat hy nie vertrou kan word nie ~ Georgia, Chechnya, Sirie, Krimeiland is maar van die voorbeelde. As navo die rede was, waarom val hy nie Finland en Swede aan nie? En wat ook al sy duistere rede was, dit regverdig geensins die vernietiging van n land en sy mense nie.

Leana ·

Kobus ek reg kan onthou het hy Finland onlangs gewaarsku dat hy sal optree as hulle by NAVO.

Marthinus W ·

Met Georgie was Dmitri Medwedef die president, wat besluit het op oorlog, wat deels weens Navo se neusindruk veroorsaak is. Sirie het Rusland gevra om te kom help om die Amerikaners en ander terroriste te verslaan. Met Tsjtsjnie was Poetin adjunk-pres onder Boris Jeltsin. As Poetin nie die Krim gevat het nie, sou daar nou Navo basisse gewees het, en Rusland se Swart See Vloot sou uitgeskop wees. Poetin het soos n leier opgetree en sy land beskerm.

Marthinus W ·

Die probleem met Oekraine se nazis, Azofbataljon, Swoboda, Regse Sektor, is dat hulle in die regering en weermag opgeneem is. Dmitri Jarosj van Regse Sektor is op Interpol se lys van gesoekte kriminele. Azof het hul “staal” by Azovstal gewys as mense wat die Geneevse Konvensie op Oorlogvoering ignoreer. Daar is voldoende bewyse op die net oor die Nazis in Oekraine, nie van gister of 2014 af, maar vroeer, en dis hulle wat op die Maidanplein met fakkels en vlae gemarsjeer het en sing, “Een land, een taal, een godsdiens”. Wat beteken dat die Russe hul teiken is.

Luister ·

Die nazis is ver in die minderheid en is lankal al uitgewerk oor die 8 jaar waarin die bataljonne opgeneem is. Ek verstaan nie jou stelling oor die Geneevse Konvensie nie. Wat het hulle gedoen volgens jou? Jy verstaan duidelik nie dat daar in baie lande sogenaamde nazis is. Selfs ons het die AWB gehad. Dit beteken nie hulle beheer die land of verteenwoordig die siening van die oorgrote meerderheid nie.

Kobus ·

Dankie vir die berig, ek sal graag wil verneem wat die algemene Duitser se siening is van die oorlog en veral van lande soos SA wat hul skaar aan die kant van Rusland, en saam staan met lande soos Noord Vietnam, Belarus. Ek dink Duitsland besef al hoe meer dat Putin n gevaar inhou en ek verwag dat Duitsland n baie sterker militere mag gaan word. Putin het die reaksie van die wereld totaal onderskat en Rusland ekonomies en hul beeld 30 jaar terug gesit. Ek kry die gemiddelde Rus jammer want ek glo nie dit is wat hul wou gehad het nie. Dit is oor die algemeen nie goed vir wereld vrede en die toekoms nie.

Rupert Ashford ·

Ekonomies teruggesit se jy? Hulle is knus in Oom Xi se arms – China pas nie sanksies toe teen Rusland nie. Hierdie het eerder die bose magte versterk deur Rusland en China nog meer kop in een mus te forseer, terwyl die VSA hulle met dinge besig hou wat hulle eie kultuur en land vinnig op die afdraande pad sit.

Ons sal moet wag en sien of Duitsland of enige ander Europese land regtig die politieke wil sal he om sterker militere magte word. My gevoel is dat hierdie nuwe brawade soos mis voor die son sal smelt so gou as die laaste skoot in Ukraine stilgeword het. Die Europeers is kultureel net so siek soos die VSA.

Marthinus W ·

Die Russe weet die sanksies byt, maar hulle is positief, hulle voel die sanksies dwing hulle om hul land meer gediversifiseer te kry. Daar is n kort dokkie op Odysee, waarin bv John Kopiski praat, hyhet in SA geboer tydens die sanksies, en se hy het nie n probleem nie. Hy is n melkboer en verkoop 90% aan Pepsico [ja, die Amerikaanse mpy, dis net eyeblind dat hulle weg is] vir babakos, en 10% vir kaas [hulle voer sedert 2014 geen kaas meer in nie]. Hy kry nou n 8-jaar lening teen 5% rente by Moskou.
n Ander ou maak houtmeubels en produkte. Hy is in die sewende hemel omdat IKEA onttrek het, want dit was sy mededinger. ens. Die Russe sit hulself nie en bejammer nie, hulle is proaktief besig.

AndrewL ·

Daar bly geen regverdiging vir die inval nie.

As daar probleme is, moet dit in samewerking met ander lande asook internasionale organisasies gedoen word – eerstens met onderhandelinge, sanksies ens. voordat die land en sy infrastruktuur vernietig en onskuldige mense vermoor word.

Rupert Ashford ·

Stem saam met jou oor die “regverdiging” stelling. Die probleem met “internasionale organisasies” is dat daar nie een is wat betroubaar is om regtig neutraal op te tree nie (kyk maar die VN oor die Israel storie as voorbeeld). Ironies dat Rusland een van die globale magte is wat hierdie liggame rysmier sodat hulle redelik nutteloos is.

Andrew ·

Samewerking? Soos dit in Suid Afrika en ander Afrika lande, die land en sy infrastruktuur gered het van vernietiging en moord op onskuldige mense ?

Kokerboom ·

Dankie vir al die “ingeligte” sienings. Laat die lande hul krisisse uitsorteer. Ons moet konstant net kennisneem. Ek dink ons moet eerder konsentreer op ons eie land wat gewikkel is in ‘n lae intensiteit “oorlog”.

Autobahn ·

Kanse staan goed dat die huidige oorlog teen ons Afrikaners deur die poppespelers van NATO georkestreer word. As jy nie jou vyand ken nie, het jy nie ´n kans om te wen nie.

Petrus Albertus ·

Kiëf is weliswaar ‘n stokou stad en eintlik die bakermat van kernaspekte van die Russiese identiteit o.a Russiese Christelike Ortodoksie, wat hul weer van Konstantinopel af gekry het. Die Kiëf Russe was egter nog nooit bestand teen die Moskowiete nie, wat ons nou sien is maar die soveelste voorbeels van Moskowiet aggressie. Rusland was nog nooit ‘n goeie buurman of heerser vir Oekraïene nie, as ek hulle was sou ek ook van Rusland wou wegkom.

Marthinus W ·

n Ander “rede” is dat die gebied tussen Oekraine en Afganistan en omstreke deur die eeue die plek in Europa is waar migrasie in en uit Europa/Asie gebeur het. Ek het iewers gehoor, maar kon dit nog nie bevestig nie, dat China bedrywig is in Oekraine; ekonomiese sake, as deel van hul Belt & Road-inisiatief.

Werner ·

Meer as een ding kan gelyktydig waar wees. Ja, Oekraïne is korrup. Ja, NATO/VSA druk hulle neuse waar dit nie hoort nie. Ja, Rusland was nooit geregverdig om Oekraïne binne te val nie. Hier is nie “good guys” in hierdie storie nie. Ek vind dit vreemd dat die oorgrote meerderheid kommentators kant kies. Alle kante is verkeerd en ek wil beslis nie met een van hulle geasosieer word nie.

Anna-marie ·

Twee pelotons van die 115 brigade van die Oekraiense weermag in die Donbas weier om verder te veg:

“No way to follow orders. The enemy drove us out of our positions. We cannot perform combat missions due to low moral and poor psychological state. Ukrainians are being used as canon fodder”

Anna-marie ·

Putin is die enigste wat staan teen die NWO ( een nuwe wêreld orde) wat die globaliste op ons almal wil afdwing. DIT IS DIE REDE VIR DIE PROXY WAR TEEN RUSLAND.

WynandM ·

Ek dink hierdie Poetin aanhangers moet biedjie vir ‘n tyd in Rusland gaan werk om al die feite te kry. Baie van hulle idealiseer die land so dat hulle ook maar nie die korrupsie ens raaksien van Rusland nie. Hulle sien nie dat Rusland se propaganda en leuens is net so erg as die van VSA se CNN media nie. Dit is so sleg in RSA dat hulle tog maar net iemand wil bewonder, en toe Poetin voorgee om nog Christen te wees (natuurlik ook maar met ‘n doel want sy persoonlike lewe is nie so vroom nie) is hierdie mense ge-“hook”. Ek kan dit verstaan want almal is moeg vir die woke – kultuur en ultra liberaliste in die VSA (maar onthou die mense word nie onderdruk in die VSA so hulle word baie gehoor). En as jy verder net alternatiewe Rusiese media kyk sien jy verder nooit alby kante se storie nie. Ek verstaan nie hoekom Rusland nie, die kultuur ens is totaal anders as Afrikaner kultuur?

Marthinus W ·

Ek dink enige persoon wat Rusland werklik bestudeer, is bewus van die korrupsie. Poetin noem gereeld in sy toesprake dat korrupsie n groot probleem is. Hyhet al erken dat hy korrupsie nog nie suksesvol kon breek nie. Een van sy probleme is dat die korruptes, soos Nawalni, Chodorkofski, Berezofski, ens deur die Weste as held opgehemel word, en agteraf met geld en morele steun ingepomp word.

WynandM ·

Hoekom nie vir Hongarye of een van die ander meer konservatiewe Europese lande aanhang nie, of hou die mense van ‘n diktator figuur.

Marthinus W ·

Wyle professore Stephen Cohen van Amerika, Richard Sakwa van Engeland (hy is n Pool), Paul Robinson van Kanada, Glenn Diesen van Noorwee, sal almal vir jou se Poetin is nie n diktator nie; die Russiese politieke stelsel maak nie voorsiening vir hom om te dikteer nie. Dit is n ontwikkelende demokrasie; Poetin is wel outoriter.

Anna-marie ·

Senator Richard Black (afgetrede kolonel van die Amerikaanse weermag) sê in a video: “…I always talk about the boys from Davos. We have these oligarchs all over the world , they meet once or twice a year in Davos Switzerland and basically plot out the future of the world. Where we gone have wars, where are we gone have peace, how we change the energy system…”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.