Capitol Hill – uit ’n ander hoek

Foto: Samuel Corum/Getty Images/AFP

Die dag nadat president Donald Trump op 6 Januarie die grootste skare ooit in Washington DC toegespreek het, het hy erken dat Joe Biden as verkose president die 2020-verkiesing gewen het. Wat gelei het tot die “toegewing” – iets wat hy belowe het om nooit te doen nie – sal in die annale van die geskiedenis opgeteken word as die einde van ‘n komplot van toevallighede wat Thomas Hardy nie eens aan kon dink nie.

Trump het sy ondersteuners na die Save America-saamtrek genooi waar hy die omvang van die bedrog sou openbaar. Dit was ‘n vreedsame skare van om en by 300 000 mense en die saamtrek was vol vreugde en respek, soortgelyk aan alle Trump saamtrekke. Ná sy toespraak het hy die skare uitgenooi om vreedsaam voor Capitol Hill te betoog waar wetgewers vergader het om die besware teen die kieskollege aan te hoor.

Kort daarna het chaos uitgebreek. Oproermakers het die Kapitool bestorm, die swak versperrings afgebreek en deurgebreek tot in die gebou met allerhande onlustoerusting waarmee vensters en deure gebreek is. Hulle is met pepersproei en geweerskote begroet en in die skermutseling is vyf mense gedood. Die polisie het pypbomme in die gebou gevind – 14 polisiebeamptes is beseer en meer as 52 mense is in hegtenis geneem.

Foto: Olivier DOULIERY/ AFP

Die woede was onmiddellik sigbaar: die klas- en politieke verskille is met elke woord en uiting na vore gebring. Die mediaveroordeling van Trump was net so vinnig soos die koeël wat die veteraan van 14 jaar in die lugmag, Ashli ​​Babbitt van San Diego, wat deel was van die gepeupel, doodgemaak het. Opskrifte wat dit ‘n “opstand” noem, het die medialugruimte oorspoel, sonder dat mense ’n benul had van wat ‘n opstand werklik is. Trump se ondersteuners is onmiddellik geteer en geveer met beskrywings erger as dit waaronder die BLM- en Antifa-boewe, brandstigters en moordenaars – wat gedurende die somer van 2020 vir 100 dae die oppermag gevoer het – deurgeloop het.

Anderson Cooper van CNN, wat verwys het na Trump-ondersteuners, was liries:

“Kyk na hulle, hulle high five mekaar vir hierdie aanstootlike vertoon van totaal onpatriotiese gedrag en optrede – geheel en al teen wet en orde, totaal ongrondwetlik. Dit is verstommend,” het hy gesê. “En hulle gaan terug, weet jy, na die Olive Garden en na die Holiday Inn waar hulle tuisgaan, en die Garden Marriott, en hulle gaan ‘n paar drankies drink en praat oor die lekker dag wat hulle in Washington gehad het … Hulle het egter slegs chaos bereik.”

Anderson Cooper. Foto: Facebook

Cooper, met sy hoëklas-snobisme en minagting, verneder die president se ondersteuners as klante van Olive Garden, Holiday Inn en die Garden Marriott, en beskou hierdie besighede natuurlik ongeskik vir homself. In pas met Hillary Clinton wat Trump-ondersteuners betreurenswaardig, reddeloos en ander beledigende name noem, huiwer die rykes nooit om hul minagting van Trump te wys nie, juis omdat hy die mense wat die Demokrate en Republikeine van die establishment verag, liefgehad het. Hy het ’n werklike band met hierdie mense gehad. Ondersteuners wat vir vyf jaar lank verneder, belaster en gediskrediteer is, het naby aan die president gevoel juis omdat Trump een van hulle was. Daarom het hulle in hul duisende sy byeenkomste bygewoon en geskree: “Ons is lief vir jou, ons is lief vir jou!”, uitroepe van liefde wat geen ander president ontvang het nie.

Die saamtrek wat op 6 Januarie bygewoon is, was om hom te ondersteun, maar ook met die hoop dat hy ‘n aap in die mou het om verkiesingsbedrog te openbaar en sodoende die presidentskap te behou.

Nancy Peolosi. Foto: AP Photo/Alex Brandon

As die party van die welsynstaat beskou die Demokrate die kiesers as kliënte, as afhanklikes, wat die regering ewig dankbaar moet wees vir hul redding. As Trump weg is, sal daar niemand wees om hulle, hul werk, hul gesinne en hul tradisionele waardes te beskerm nie. Moenie vergeet nie, speaker Nancy Pelosi het pas naamwoorde wat geslag aandui, soos moeder, vader, broer, suster, ensovoorts verbied en geslagsneutrale terminologie ingestel, terwyl haar biografie haar (ironies genoeg) beskryf as moeder, ouma en fynproewer van donker sjokolade! Eise vir belastingbetalersfondse, nie net vir voorbehoedmiddels en aborsies nie, maar ook vir laat-termyn aborsies, is in die lewe geroep. Transpersone is verhef tot ‘n onaantasbare klas en het nou toegang tot vrouebadkamers en -sport. Kinders kan aansoek doen vir geslagsveranderingsoperasies sonder die toestemming van hul ouers. En Amerikaners wat weier om die “korrekte” geslagsvoornaamwoord vir transpersone te gebruik, oortree hierdie nuwe instelling en moet die gevolge daarvan dra.

Pres. Donald Trump. Foto: REUTERS/Carlos Barria

Demokrate het gedreig om wraak te neem teen diegene wat Trump gesteun het en dring aan op heropvoedings- en herprogrammeringsaksies. Die Demokratiese Party wat voorgee om vir waardigheid en eenheid te staan, is besig om persoonlike inligting van Trump-ondersteuners bekend te maak (doxing); die name van dié partye word op sosiale media deur die histeriese media uitbasuin; hulle soek wraak teen diegene wat Trump “in staat gestel het”.

Sonder om te blik of te bloos, het die melodramatiese Pelosi aangekondig dat Trump weer in ’n staat van beskuldiging gestel is; Chuck Schumer, die Demokrate se leier in die senaat, het versoek dat Trump met geweld uit sy amp onthef word; The Wall Street Journal se hele direksie het gevra dat hy bedank; Big Tech, op aandrang van die hovaardige Michelle Obama, het met magtige politieke magte saamgespan om Trump en sy volgelinge van mediaplatforms te verban, met Facebook wat belowe het om Trump lewenslank te verban. Die uitgewer Simon en Schuster het die kansellasie van die boek van die Republikein Josh Hawley – ironies genoeg getiteld The Tyranny of Big Tech – geïnisieer; prominente Republikeine is verbied om enige vlugte te onderneem en gewone, konserwatiewe burgers word van vliegtuie verwyder in ‘n land waar vlieg ‘n wyse en investering van produksiemiddele geword het. En so gaan dit voort…

(Foto: Douliery/AFP)

Die skrikbewind het aangebreek. Die aanslag op burgerlike vryhede is ongekend. Robespierre draai waarskynlik verheug om in sy graf omdat die linkses sy gees opgewek het. As ‘n mens dink China het ‘n staatsbeheerde media; Amerika het ‘n mediabeheerde staat. Facebook alleen het $700 miljoen (sowat R10,6 miljard) in die verkiesing gestort. Die Demokrate beheer nou die Withuis, die huis en die senaat en sal binnekort die hooggeregshof beheer. Om PW Botha aan te haal: “The future is too ghastly to contemplate.”

Hoekom was die land wat terroristeleiers met militêre presisie in die buiteland vermoor, so onvoorbereid vir onluste op Capitol Hill, die simbool van Amerika se supermoondheidstatus? Hoe het hulle sosialemediaboodskappe misgeloop wat gewaarsku het teen chaos en Antifa-infiltrasie? Hoe het dit gebeur dat hulle nie op hul hoede was nie? Was dit ‘n bewustelike poging om Trump se vreedsame protes te kaap? Waarom het CNN die oggend van 6 Januarie aangekondig dat Trump binnekort by ’n samekoms sou praat in ‘n staatsgreeppoging?

Foto: Samuel Corum/Getty Images/AFP

Eerstens: Wetstoepassing het nie die groot horde mense verwag nie – op sigself onaanvaarbaar – gegewe die bohaai rondom die gebeurtenis, asook Trump se vermoë om ondersteuners aan te trek en, in ag genome die kommunikasie op sosiale media, ekstremistiese groepe het aangedui dat hulle sou infiltreer;

Tweedens: Die grensheining van die Kapitool was swak, ornamenteel en sou nie eens ’n skare skoolkinders keer nie, wat nog te sê ‘n horde plunderende oproermakers;

Derdens: Daar was skynbaar geen noodplan gereed nie, daar was geen sperstrepe nie en die polisie was onderbeman – dit blyk dat wetstoepassers die hulp van die Pentagon en die FBI van die hand gewys het;

Foto: Win McNamee/Getty Images/AFP

Vierdens: Dit het voorgekom asof polisiebeamptes verras was en nie voorbereid was nie. Is dit omdat hulle, ironies genoeg, geweet het dat Trump-ondersteuners altyd vreedsaam is? Daarbenewens het hulle baie min weerstand gebied;

Vyfdens: Baie video’s van die polisie wat mense op onverklaarbare redes die gebou inlok, het op Facebook opgeduik.

Daar is nog baie vrae…

So skokkend soos die bestorming van die Kapitool was, en so tragies soos die dood van vyf mense is, het dit ernstige foutlyne tussen diegene wat regeer word en dié wat regeer aan die lig gebring. Laasgenoemde was woedend dat hul allerheiligste geskend is. Die woord “gepeupel” het ‘n nuwe betekenis gekry: die skuim van die samelewing wat dit gewaag het om hul veilige ruimte binne te dring.

Foto: John Moore/Getty Images/AFP

Ver weg van die skare, het een kongreslid die skeiding kortliks opgesom toe sy op TV iets soos die volgende kwytgeraak het: “Ek het nie geweet die vyand is binne nie.” Hulle behoort tog die woede van die mense verstaan ​​het, want vir vier jaar lank is hierdie mense hul burgerregte ontneem, gediskrediteer en beswadder – die presiese woorde waarmee Trump sy toespraak geopen het.

Gedurende die somer het die BLM- en Antifa-groep 1 500 ondernemings en stede vernietig, waartydens 47 mense tydens hul gewelddadige onluste gedood is; maar dié mense is almal geloof deur senior demokratiese politici en senator Kamala Harris wat selfs geld ingesamel het om borg te betaal vir die vrylating van die oproermakers. Voeg daarby die derduisende ondernemings wat weens Covid-19 moes toemaak, en jy verstaan die woede. Die Covid-inperkings, die vernietiging van klein ondernemings terwyl groot ondernemings floreer, en die tirannie van die Demokratiese burgemeesters en goewerneurs wat elke beweging polisieer, het die burgers só ontmoedig dat Trump hul enigste hoop blyk te gewees het om hulle teen die skans van tirannie te beskerm.

Joe Biden en Kamala Harris. (Foto: AP Photo/Andrew Harnik)

Senior Demokratiese politici en media-tsaars het die onluste aangepor, maar noem terselfdertyd die betreding van die gebou ‘n “opstand”:

  • “Wie sê ’n protes moet vreedsaam wees?” Chris Cuomo van CNN;
  • “Daar moet onrus in die strate wees.” Kongreslid Ayanna Pressley.
  • “Betogers moet nie teleurstel nie.” Senator Kamala Harris.
  • “Ek weet regtig nie hoekom daar nie landwyd opstande is nie. Miskien moet daar wees.” Speaker Nancy Pelosi.
  • “Jy gaan skep ‘n skare, onderdruk hulle dan weer en sê vir hulle dat hulle nêrens meer welkom is nie.” Kongreslid Maxine Waters.

Demokraat-geïnspireerde onluste het gelei tot die afbreek van standbeelde, verbranding van boeke (onder meer die Bybel), ’n verbod op rolprente, kuns en musiek, die sensuur van spraak, die verbanning van mense, die onderdrukking van vryheid van spraak en denke, en die stilmaak van andersdenkende stemme. Dit is wat Kommuniste doen, en Amerika is goed op pad soontoe.

Wat betref die bestorming van die Kapitool: as jy dink dat Suid-Afrika ‘n Derde Mag het, het die VSA met sy magtige instellings ‘n Derde, Vierde en Vyfde Mag!

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Rhoda Kadalie

Die rubriekskrywer Rhoda Kadalie is afgetree en woon tans in die VSA. Sy is die voormalige direkteur van Impumelelo Sosiale Innovasiesentrum, menseregtekommissaris en akademikus.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

annie ·

Rhoda, ons hoop jy het ‘n veiligheidsheining want soveel logika word nie in die USA geduld nie… nie nou meer nie. Hierdie spulletjie is georkastreer om Trump en die konserwatiewes ‘n finale nekslag toe te dien. Dit was/is ‘n ideologiese oorlog. Wat nou in die VSA afspeel is ‘n spieèlbeeld van Zimbabwe en die uitloop presies hoe ons buurstaat nou lyk en regeer word met ‘n goeie skoot duur en giftige New Age-kruie bygeklits… TNT se moses.

Andrew ·

Dankie Rhoda. Sommige sien die lig, ander net sand. Hopelik is daar genoeg wat gaan kop optel voor die millennial kommuniste (soos sekere mening plasers op die webwerk ) ons freedsame samelewing te veel opvoeter. Want wat duidelik is, is dat die jong sosialiste is geweldadig en het geen verwysing na enige verantwoordelikheid nie.

Andrew ·

As jy n hond genoeg skop, gaan hy omdraai en jou terug byt. Verwag maar meer konflikte in America.

Riaan ·

Uitstekende artikel wat goed geskryf is. Dit is vervrussend om ‘n ander oogpunt uiteindelik te lees na dae lange oorvloed van eensydigge media. Laat ‘n mens dink, maak nie saak wat jy glo of wil glo nie, dit gee n groter prentjie om op die ou einde, jou eie opinie te kan vorm.

Adam Adriaan ·

Uitsteken opgesom Rhoda. Dan is daar politieke kommentators en mense wat geen oordeelsvermoeë,openbaar nie. Wat nie met jou sal saam stem nie. Die kommentators se stemme word daagliks op in die media, radio en TV gehoor, Dit is verstommend dat hulle dit wat in die VSA gebeur ondersteun en goed praat en Trump sleg sê. Dit is maar net die begin van die einde. Die hoofleier van die Demokratiese Kommuniste in die VSA,(Jo) het sy eerste dice gegooi deur te versoek dat die minimum loon op $15 vas gestel moet word. Wat vertel dit ‘n mens? Kommunisme!!!

MT ·

Waardevolle bydrae; dankie Rhoda!

Met konserwatiewe Amerika wat finaal – en volledig – geval het, is die Westerse beskawing se doppie ook finaal – en volledig – geklink.

Trump se rol as effektiewe teehouer sal met die verloop van tyd meer duidelik word, selfs vir die sg. gematigdes wat hulle gifpenne vir die laaste behoudende ingehad het.

Ons leef aan die einde van Geskiedenis.

Vlooitjie ·

Briljante artikel! Bitter selde hoor mens ooit die ander kant van die saak. Dankie hiervoor.

Gerhard ·

So, as jy nie saamstem nie verwyder hulle jou kommentaar :) Maroela Media! – Bastion van joernalistieke integriteit.

Ek som op:
– Daar is fisies nie plek vir 300,000 mense nie, die permit was vir tussen 5-30 duisend. Dis hoekom daar so min polisie was en klein heinings
– Die Capitol Polisie het pyp bomme gebruik, regtig? dink julle, hulle moet hulle eie wapens maak?
– “met pepersproei en geweerskote begroet” My eie oe, vertel n ander verhaal. Die polisie man is met a brandblusser vermoor, die vrou is geskiet toe sy die senaat deur afgrebreuk het om in te probeer kom, en die res is aan hartaanvalle en n selfmoord dood.

Maar obviously is hierdie net die feite, ek wil nie he dit moet julle fee verhale opvoeter nie, so kom ons hou aan glo in reenboe en feetjies, dat die hele wereld net een groot sameswering is – want dis mos hoe ons probleme oplos en n beter wereld vir ons kinders agter laat!

Human ·

En dan word die vinger, somtyds die hele hand, gewys na die sogenaamde linkse media uitlate vir eensydige beriggewing en so gaan die mallekoppies om en om op hul karousel van waansinnigheid en hersingskimme.

Andrew ·

Nie seker wat jou kant hier is nie maar net n punt of twee. Sy het nie geskryf die polisie het pyp bomme gebruik nie, sy het gesê die poliesie het pyp bomme gevind. Die skrywer lig uit dat die polisie nie die omvang en plofbaarheid van die situasie besef het nie ten spyte van groepe wat dit duidelik gestel het hulle gaan infiltreer. Dit, met baie ander toevallige gebeure op n tydstip, laat vrae ontstaan met die media wat, soos Human korrek sê, duidelik vir n spesefieke kant speel. Die grootse probleem bly hier, wanneer kom ons sê Trump mense mallekoppies en waansinnig noem , dan moet hy verdoem word tot in pollsmoor. Maar nou ja, as ander mense begin name rond gooi dan is dit seker maar reg.

Carolina ·

Vertel asseblief van #Italygate wat mense se ore gaan laat sing van hoe korrup die demonrats is in samewerking met die NWO!!!

Paul ·

Rhoda , dit vat nogal moed om die waarheid te skryf wetend jy sal deur baie veroordeel word.
Ek moet se ek sou nooit kon dink die Rhoda wat ek destyds by UWK teegekom het, herberg die insig en skryftalent wat ek hier sien nie. Dis n storie vir n ander dag.
Ek woon al amper dertig jaar in die VSA .
Jou artikels is spot-on .
Ek vermoed jy het famielie en vriende hier wat jou baie vinnig op spoed gebring het met die eintlike situasie . Daar’s natuurlik dikwels twee kante en baie skakerings van grys .
Anyways , ek deel jou en baie ander se gevoel van verlies met Donald Trump se vertrek .
Absuluut ongeinspireerd deur Biden.. God help US !

Human ·

As Donald Trump jou inspirasie is, is ek bevrees dat “God help Us” nie genoeg gaan wees om die probleem op te los.

Therese ·

Interessant en insiggewend.
Vreemd dat opmerkings met dieselfde strekking nie toegelaat is onder ‘n Scholtz-artikel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.