Cyril, ons is nie kinders nie!

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Nie net die toepassing nie, maar ook die wettigheid van baie van die inperkingsregulasies word nou ook uit hoë gestoeltes bevraagteken: Gee ons die redes, en wees redelik!

In die jongste gebeure het die prokureur Tracy Lomax die president aangevat oor sy onwilligheid om op ’n deursigtige manier op vrae te reageer oor die grondwetlikheid van die koronavirusbevelsraad. Dit is die liggaam wat die regering se reaksie op die pandemie lei (NCCC of National Coronavirus Command Centre).

“Moenie ons neerbuigend hanteer nie – neem ons in jou vertroue, want ons is daarop geregtig en ons verdien dit,” het sy in ’n dokument van sewe bladsye aan Ramaphosa geskryf.

Die grootste probleme met die regulasies vir afsondering en inperking is hul onvolledigheid, die gebrek aan rasionele denke en die ongrondwetlikheid van sommige reëls.

Die grondwetkenner prof. Pierre de Vos het hom ook sterk uitgespreek en gesê wanneer ’n regulasie gemik is op iets wat nie met die stryd teen die koronavirus te doen het nie, sal dit nie die minimum vereiste vir geldigheid slaag nie. De Vos het gesê as ’n regulasie bepaal dat mense pers maskers moet dra teen die bevegting van die koronavirus omdat pers die kleur is wat boosheid afskrik, sal dit nie die toets slaag nie.

Beperkinge moet geregverdig word

Nog ’n absurde voorbeeld sal wees as die verkoop van KFC verbied word omdat dit vetsug aanhelp en tot diabetes en groter vatbaarheid vir die virus kan lei.

Om die wetlikheidstoets te slaag, moet regulasies op ’n rasionele vlak voldoen aan die redes vir die instel van ’n nasionale ramp. Dit mag nie van krag wees om die misdaadsyfers te verlaag wat nie direk tot die Covid-19 krisis spreek nie.

Sodra vasgestel is dat ’n regulasie op ’n reg inbreuk maak, lê die plig by die regering om die beperking te regverdig.

Kom ons kyk na die aandklokreël wat van 20:00 tot 05:00 geld. Dit maak ernstige inbreuk op die reg tot vrye beweging wat in artikel 21 van die Grondwet gewaarborg word. Is daar enige bewyse dat bewegings in hierdie periode bydra tot infeksie?

Drakoniese maatreëls

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Dieselfde gebrek aan logika geld vir die reëling dat oefening net toelaatbaar is tussen 06:00 en 09:00. Sal mense besmet word as hulle buite hierdie ure oefen? Of is dit net om dit vir die polisie makliker te maak om die reël toe te pas en byvoorbeeld branderryers te arresteer wat ’n veilige afstand van mekaar handhaaf?

Dit lyk al meer of die stryd teen die koronapandemie ontaard het in ’n spul drakoniese maatreëls waarmee ’n spul magsdronk politici soos Mbalula, Cele en Dlamini-Zuma die bevolking soos kinders behandel.

In die proses is Suid-Afrika een van drie lande wat ’n verbod op alkohol het en reeds byna R1 miljard aan belasting verloor het. In die proses word ook mense wat alkohol verantwoordelik gebruik, gestraf.

Verskeie vermorsings en verkeerde aanwendings van kospakkies kan voorkom word as die regering die moeite wil doen om meer kundiges te betrek. In Gauteng word duisende pakkies versprei, maar kenners sê dit bevat te veel meel, geen melk en eiers, droë bone en vars groente en vrugte in seisoen nie.

Reëls wat sin maak

Kom ons kyk na reëls wat sin maak: Die beperking op getalle wat vergader, die sosiale afstande wat aanbeveel word en die reisbeperkings.

Wat glad nie sin maak nie, sluit in: Die temperatuur van kos wat jy mag koop, wat jy mag drink, wat jy mag rook en hoeveel oefening jy wanneer mag kry is so ver van die doelstellings verwyder dat dit eenvoudig bisar is. Is dit grondwetlik?

Pleks dat ons leiers ons in hul vertroue neem oor hoekom sommige reëls gemaak is, word ons soos stout skoolkinders behandel. Niemand moet bekommerd wees dat so baie lede van die polisie soos tiranne optree nie: Hulle volg net die voorbeeld van mense soos Cele en Mbalula.

As die regering die publiek met respek behandel en ons voorsien van eerlike, rasionele en feit-gebaseerde redes vir die instel van sekere regulasies, skep hy vertroue en samewerking. Om dit nie te doen nie, is heeltemal kontraproduktief en kan net lei tot wydverspreide openbare teenstand.

Mense tel die dae af na normaliteit, maar dit is ’n droom. Ons moet besef ons staan met ’n weifelende leier en ’n regering met minimale vaardighede aan die begin van ’n krisis wat jare kan duur.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Org Potgieter

Org Potgieter is ’n vryskutjoernalis.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Boerkind ·

Dit is Afrika met sy linkse kommunistiese despotiese “leiers”. Goeie inligting; tog ontbreek ernstige feite soos die rasse diskriminasie wat nou deur CR en sy ANC toegepas word. Ongelukkig is hierdie tipe inligting nou alledaags – woorde op papier – WAT WORD GEDOEN?? Die regskenners, medici, regdenkende politieke leiers , kerke EN publiek moet OPSTAAN – begin met regsaksies en wyd uitgebreide publieke verset.

JohanR ·

Ek verwag rerig met die klomp lomp ANC’s dat Xmas 2020 gaan ons nog in Fase 4 wees. Dit is nou na ons drie maal terug beweeg het na Fase 5. Fase 3 soe April 2021, Fase 2 soe Augustus 2021 en Fase 1 einde November 2021. Skielik middel December 2021 sal ons teruggaan na Fase 3, want daar was sewe gevalle van Covid-19. Hoop onse energiser bunny President Nkosazana Dlamini-Zuma kom eendag tot haar sinne voordat SA ‘n woestyn is!

lekkerdink ·

JOHAN jy het presies 2 kanse dat enigiets haar tot haar sinne sal laat kom en dit is altwee NUL.

Michael 1 ·

Sa het seker van die mees belaglike reëls in die wêreld soos oefen tussen 6 en 9 is die virus nie aktief daardie tyd van die dag nie en ramaposa sê iets dan verander dlamini zuma dit weer waarna cele haar dan korigeer en so gaan dit aan onbevoegdheid op sy beste.

Karel Kobus Kruger ·

Het enige opposisieparty al daadwerklik die wetlikheid van enige regulasie in n hof laat toets? Natuurlik nie. Maar hulle debatteer n hond uit n bos uit daaroor. Praat praat praat net heeltyd. Wel, dit pas my in n mate. Dit beteken ek hoef nie met die volgende verkiesing, of enige verkiesing daarna, ooit weer n paar uur te mors om te gaan stem nie. Ek kan my tyd beter gebruik deur 4 dae verlof te neem en op n 9 dag vakansie gaan. Ek stem nie vir praters nie. As jy my stem wil hê, wees n doener.

Adam Adriaan ·

Hierdie is die voorloper om totale beheer oor die massas te verkry. Die volgende stap is die verpligte inenting vir die COVID-19 virus. Voorgeskryf deur die Prison Warders en die Brotherhood Elite, waarna totale beheer oor die hele wêreld verkry sal word. Hulle tree maar net op soos voorgeskryf deur hulle Dr wat die toue trek.

Willem ·

Johan ons is gelukkig in daai opsig. Daai familie is nie goed met somme nie dus sal sy nie voorentoe en agter toe kan beweeg tussen vlakke nie.

JohanR ·

Ek wonder nou Willem. Solidariteit het al R14 miljoen ingesamel vir kos pakkies. Kan ons die 20 miljoen volwassenes in SA elk R10 bydra, dan wat ons die ANC regering hof toe? In Engels saal dit heet “The People Of South Africa Versus The ANC” Was daar al ooit ‘n saak waar ‘n hele land sy goverment in die hof aangevat het? Ek gaan loop elke dag vir ‘n uur na 09h00am bogger die goverment, en soos ek loop in die strate sien ek dat mense by hulle mense begin kuier bogger die goverment. Civil disobidience is starting! Soos John Steenhuizen gese het 1. Wear a mask 2. Wash and sanatize your hands regularly 3. Keep distance. Ons is nie kinders nie!

Alleen Wolf ·

Ek hoop daar is iewers ‘n regter in die stelsel wat rasioneel en onpartydig kan optree in sake teen die regering en hiedie laakbare optrede deur die regering tot ‘n einde bring, die hele spul behoort in die tronk vir bedrog teen die volk.

Dirk Mostert ·

Onlangse regs-uitsprake boesem nie vertroue in ons regstelsel in nie.

Lizanda ·

Doodreg ons is nie kinders nie, ons is gevangenes van die Regering!!!

Morné ·

Ons is nie kinders nie maar die regering is!! Hulle het gesien wat ander lande doen en blindelings gevolg. Hardloop soos afkop hoenders rond leen geld links en regs……en weet nie eintlik wat aangaan nie. Daar gaan meer mense in Suid Afrika dood van misdaad en die land was nie in afsondering geplaas nie. Maak nie saak of jy dood gaan van n toonstamp of n erntige siekte nie, jou doodsertifikaat sal sê jy was positief en dood a.s.g.v die covid 19 virus. Hoekom!? Sodat die publiek bang gemaak kan word mense hulle, hulle werk verloor. En dan die groot een! Soos Cyril gesê het radikale transformasie..N nuwe vlak van BEE staar ons in die gesig. Dis maar my mening……

Dirk Mostert ·

Google by fromrome.info/2020/04/22/Brannon Howse: Globalists admit covid-19 is their instrument to achieve global government. Lees daar ander insiggewende artikels soos die Tanzaniese president wat die covidtoets laat toets het; Italiaanse LP, Sgarbi wat in hul parlement beweer covid-statistiek is onbetroubaar; Dr. Judi Mikovits oor griep-entstof sedert 2013.

Jan ·

So praat n kenner. Hoekom is daar nie sulke mense in die parliment nie

lekkerdink ·

Soos almal lankal weet het party graad eentjies meer insig as die (SUUR) room van die land wat in die parlement sit.

Piet parys ·

Sommige mense dink mos Dlamini Zuma is clever
Syt die gesondheidstelsel opgeneuk toe sy minister van gesodheid was vir die wat nie kan onthou nie . Sy wou aids genees of verhoed deur mense te vertel hulle moet beet eet . Nou wil sy vir ons kom vertel wat om te doen en nie te doen on kwarantyn .

marius ·

Hy beskou ons nie as kinders nie . Wel as sy onderdane wat sal maak soos hy en sy voorseggers beveel .

AmY ·

Lank vóór COVID 19 was ons bewegings al ingeperk. Mens is tot te bang om te braai, want jy word op jou eie stoep aangeval. Selfs binne in jou huis is jy bang.
As jy met jou hond gaan stap, moet jy niks by jou hê nie of saam jou dra nie.
Jy moet seker dankbaar wees as jy nie verkrag of vermoor word tydens aanvalle of rooftogte nie.

Frieda ·

Ek kan net een ding sê hy het die klokkie hoor lui maar weet gladnie waar die bel hang nie. Belaglik!!!

Pietertjie ·

Org, nóú praa’jy! Mense met verstand is klaar besig om ‘n “nuwe normaal” te skep.

Neestemmer ·

Mense, julle moet besef dat die ANC nie in staat is tot logika nie, kriminele gee ook nie om vir enige iemand buite homself nie en die ANC “regering” is opgemaak uit persone wat groot skade berokken het met hul magsvergrype, korrupsie en diefstal.

Die Covid situasie het hulle nog ‘n geleentheid gegee tot magsvergrype en die belaglike reels is bewys van hulle kleuter mentaliteit. Hulle sal die “lockdown” aanhou solank as moontlik sodat hulle die virus die skuld kan gee vir die komende ineenstorting van die SA ekonomie…..

Amanda ·

Nou hoe lank wil Ramaphosa hierdie afsondering toepas? Seker tot die virus nie meer versprei nie? Sal dit nie beter wees om net normaal aan te gaan en besighede laat oopmaak en die wat dan siek word en doodgaan…jammer dis jou tyd. Doen net die regte ding om jouself te beskerm en as dit nie werk nie dan was dit jou tyd. As jy nie ore het nie is almal beter af sonder n ongehoorsame sondebok!!!!

Johan ·

Piet Patrys, jy’t nou die ministers deurmekaar. Dlamini-Zuma was nooit minister van gesondheid gewees nie en dit was ook nie sy wat die beet-resep aan die publiek verkoop het nie! Dit was wyle Manto Tshablala-Msimang……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.