Die aansteeklikheid van Trump-versteuringsindroom

Pres. Donald Trump. (AP Photo/ Evan Vucci)

Sedert die verkiesing van Donald Trump as president van die VSA het ons ʼn toename gesien in Trump-versteuringsindroom.

Dié tong-in-die-kies-toestand verwys na blinde kritiek wat teen enige optrede van Trump uitgespreek word ongeag die teenstrydighede wat dalk mag volg of die ironie wat dit skep. Vir sommige mense is alles wat Trump doen summier sleg.

Moet my glad nie verkeerd verstaan nie. Trump verdien sy regverdige hoeveelheid kritiek. Soos enige mens is hy nie onfeilbaar nie en verdien hy regverdige kritiek. Dit gesê, weens Trump se persoonlikheid maar nog meer weens die politieke tydsgees van ons tyd lok hy besonders baie onregverdige kritiek wat gereeld tot komiese teenstrydighede lei.

Met die begin van die nuwe jaar het die nuutste manifestasie van die Trump-versteuringsindroom posgevat. Op 3 Januarie 2020 het president Trump die bevel gegee dat ʼn hommeltuigmissiel die berugte Iraniese militêre leier Qasem Soleimani doodskiet. Die gevolg hiervan was dat verskeie kommentators, beide internasionaal asook in Suid-Afrika, sterk kritiek teen die VSA en meer besonder teen Trump uitgespreek het.

Weens die tragiese binêre aard van moderne politiek het hierdie kommentators die Iraniese regering se kant in die insident gekies. Dit ten spyte van die feit dat Iran verantwoordelik is vir van die grootste en slegste menseregtevergrype in ons moderne wêreld. Verder was Soleimani nie juis ʼn vredemaker nie. Hy was verantwoordelik vir die bewapening van verskeie terreurgroepe, aanvalle op Westerlinge asook ondersteuning van verskeie onderdrukkende outoritêre regerings. Soleimani was weens sy hoë posisie binne die Iranse staat aansienlik gevaarliker vir die VSA as wat ander terroriste ooit was.

Dit is dus veilig om te sê dat Iran en Soleimani nie ondersteuners van vryheid is nie. Etlike dae ná Soleimani se begrafnis het ʼn groot protesaksie teen die Iranse regering begin teen die outoritêre gedrag van die regering. Ten spyte hiervan is daar steeds kommentators wat volhou dat die VSA en Trump gekritiseer moet word vir die dood van Soleimani.

Wat egter duidelik geword het die afgelope paar weke is dat sommige kommentators se geheue selektief en kort is wanneer dit kom by kwessies waar Trump betrokke is. Die jare se voorafgaande terreuraktiwiteite, skreiende menseregteoortredings en gewelddadige dreigemente deur Iran en Soleimani word vinnig vergeet sodat Trump gekritiseer kan word. Trump het immers die besluit geneem om Soleimani dood te maak, dus moet dit sleg wees, redeneer hierdie groep skrywers en teenstanders van Trump.

Trump-versteuringsindroom is wel nie uniek tot Trump nie. Dit is maar net ʼn simptoom van ʼn breër en groter probleem van ons hedendaagse samelewing. Die snelle aard van sosiale media het gelei tot die ontwikkeling van ʼn woedekultuur en Trump-versteuringsindroom is net ʼn uitvloeisel daarvan. Post-Trump gaan die woedekultuur met die binêre aard van nuwe politiek ʼn nuwe teiken opspoor om hul sleutelbordaktivisme teen te woed.

  • Hierdie nuuskommentaar is deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Daniël Eloff

Daniël Eloff werk by Hurter Spies Ing., ʼn regsfirma wat spesialiseer in openbare belang-litigasie en is tans besig met sy meestersgraad in publiekreg. Hy is ook ʼn direkteur van AGENDA, ʼn nie-winsgewende organisasie wat hulself beywer vir die ontwikkeling van debat in Afrikaans in Suid-Afrikaanse skole en op ons land se tersiêre kampusse.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Johan Venter ·

Dit laat my dink aan ‘n kleintjie waarvan die pa sy skreeupienk Trumpsuiglekker van hom afgevat het want als waaraan die kind raak is dan Trumppienk en Trumptaai, toe die pa weer kyk, sit die kind met twéé pienk suiglekkers.

Feite ·

Kritiek teen trump oor die hommeltuig aanval op die terroris is geregverdig, want volgens prosedure moes die huis van verteenwoordigers en die senaat dit goedgekeur het, nie trump nie. Kyk jy na trump se ignorering van feite wat deur die Amerikaanse intelligensie verslae mbt Rusland se inmenging met die 2016 verkiesing aan hom voorgele was, dan kon trump net sowel n kneg van putin gewees het. Mense wat vir trump ondersteun ly almal aan een of ander versteuringsindroom wat hulle bedreig laat voel deur minderheidsgroepe in Amerika. Dit is dieselfde as soos die meerderheidsgroep in SA wat bedreig voel teenoor die wit minderheid in SA.

Koos Berends ·

Ook die wat teen hom is, hulle gun hom nie eens ‘n pinkie nie. Dankie Daniël dat jy realiteite van fop-feite kan onderskei.

Mark ·

Mooi gestel Feite, presies soos jy daar sê. Ongelooflik die Trump-ondersteunings-waansin wat posgevat het, en veral onder Christene. Crazy. Well, gelukkig nie hierdie Christen nie, en baie se oë besig om oop te gaan. Hoekom die oë gesluit was om mee te begin bly egter onrusbarend….

Tobie Klarens ·

Jy is behoorlik deurmekaar. Trump het nie oorlog verklaar nie- hy het terrorisme bekamp teen n terroris wat deur Obama as sulks verklaar is. Daarvoor het hy nie die Kongres se toestemming nodig nie. Die een wat versteur is, is jy. Die sg demokrate in Amerika, beskuldig Trump van alles waaraan hulle self skuldig is, oa heul met Rusland. Hulle is al vir dekades met die Russe in die bed- Bernie het selfs daar sy wittebrood gehou. En geen vorige president, het al strenger as Trump teenoor Rusland opgetreenie. Jy moet minder CNN en NBC kyk

VanAfrika ·

@ Feite
Jy moet kyk vir wie jy in die gesig vat hier. Ek het nie een of ander versteurings sindroom nie. Ek is n stoere Trump omdersteuner, juis oor hy staan vir wie hy is en daar is min mans wat deesdae die guts het om op te staan soos n Gods man en n ding sê soos dit is en by sy woord hou.

Celia Tjaden ·

Ag regtig. .Donald Trump WEET wat hy doen. Hy t Amerika se ekonomie oornag gelig. So keelvol vir ieder en n elk wat n hoee boom met klippe probeer gooi. Hoekom? Gaan staan n slag in sy skoene!
Bid eerder vir hom!!Hy is tans die enigste leier ter wereld wat iets goeds uitrig in hierdie mal donker wereld. En baie dankie dat hy uiteindelik die vieslike moordenaar terroris uitgehaal het. Hy t guts om nie polities korrek te wees nie. Saluut Donald!

Gert ·

Danie Celia, pragtig gestel! Ek wens ek kon so ‘n president gehad het!

Mark ·

Bid ja dat God so gou moontlik van Trump ‘n ware God-vresende mens maak en nie die huidige valse profeet wat Bybels teken en geld, mag en hebsug bly aanbid. Bid dat Christene se skille van hul oë afval. Bid vir al die kinders wat elke jaar in Amerikaanse skole doodgeskiet word. Bid vir die kinders wat van hul ouers by die grense verwyder word. Bid ja.

Tobie Klarens ·

SAs, hoofsaaklik agv propaganda en breinspoeling, soos ons ook hier kan sien, besef doodeenvoudig nie wie WERKLIK die sg demokrate is nie, en wat die gevolge sal wees as hulle beheer van Amerika oorneem nie. Hulle is letterlik globalistiese kriminele wie Amerika, en die wereld sal vernietig, en dan lewer n sg “christen” kritiek teen hom? Om mee te begin, sal hulle slegs aborsieregters aanstel en sal maai onder die ongeborenes, selfs tot na-geboorte.

Helien ·

Ek stem saam sou ook nie om gegee het as hy ons President gewees het nie. Hy sal die land vinnig reg ruk

Èndri ·

Celia, ek sê net “Amen”! Ek voel presies dieselfde. Moordenaars, rowers en kwaadsprekers is DIÉ wat andere se lewens verwoes. Hul het GEEN gevoelens met hul naaste nie. Hoort nie in n beskawing nie.

Johan Venter ·

Daniël, ek is mal oor daardie laaste paragraaf van jou. Almal kan dit sommer ‘n hele paar maal lees, ‘n hele paar maal … ‘adapt or die’… Perfek gestel en uitgedruk betreffende die spoed van die tuimeltreinrit waarop ons ons deesdae begewe, woedekultuur van sukkel oor die aard van die nuwe politiek en om die sleutelbord met vingers soos voorhamers in ons aktivisme by te kom.

johan ·

Hoë bome kry die meeste wind, mense wat hulle werk doen die wat verkeerd is aanvat en n ding sê soos dit is ongeag of dit polities korrek is of nie en doen wat verwag word sal altyd beskou word as negatief dit is hoe mense is ,gelukkig steun die meerderheid in die opgevoede wêreld hom.

Mark ·

Nee, net die helfte van Amerika wat op emosies opereer en nie intellektueel nie ondersteun die gevaarlike oranje nar, demagoog en boelie by uitstek. Niemand in die res vd wêreld doen nie. Almal kry skaam en tolereer hom net, net vir nou, uit respek vir die amp, nie die persoon. Hul weet hy sal kom en weer gaan, en die planeet sal bly draai en werklikheid gaan voort, business as usual. Christene regoor die wêreld se skille is besig om van hul oë af te val. My Bybel waarsku teen hom, hy is ‘n kwaadstoker en valse profeet.

Judge Dredd ·

@Mark – die valse profeet sit reeds lankal in die kerk en preek vir jou – ek vertrou maar op die Bybel.
BTW – die Antichris sal deur die wereld gevolg/aanbid word – duidelik is dit nie Trump nie.

Piet ·

Feit is, dat vorige presidensies baie, baie ooreenkomstes met vriend en vyand aangegaan het wat word nou ge-ignoreer word. Die skrywer is reg dat die ydel lingses niks anders te doen het as haat te spoeg – ondersteun deur ‘n ewe vyandige media.

Mark ·

Die enigste Trump-versteuringssindroom is die wat hom bly ondersteun. Hy is evil personified, ‘n totale demagoog wat tot die emosies spreek en geensins intellektueel. Lees gerus meer oor Cognitive Dissonance en hoe dit op sy ondersteuners van toepassing is. ‘n Boelie wat sy verwagtende vrou met vele pornstars verneuk het is hy geensins ‘n morêle persoon. Ek is ‘n Christen, en niks in my Bybel verskoon sy aanhoudende gedrag, hy is ‘n valse profeet. Selfs Bob Dylan het ‘n lied jare terug geskryf…”Sometimes Satan, comes as a man of peace…” Ek hoop die skille val van jul oë, en gou. Gelukkig lê Amerika vêr, en wat daar gebeur raak ons nie hier. Dit is nou Genade. M.

Koos Berends ·

Ek lees jou kommentare hier bo en toe dring dit tot my deur jy het die skoen soos per die laaste paragraaf in die artikel aangetrek.

Tobie Klarens ·

Jy illustreer die simptome van TDS, perfek. Die eerste, is dat diegene met die “virus” het, ander beskuldig van dit waaraan hulle self skuldig is. Dit doen jy, asook die kriminele, globalistiese “demokrate”.

Bril ·

Die blinde aanhang dat alles wat goed is, uit Amerika kom, help ook nie juis veel nie. Byvoorbeeld word daar nagelaat om in Iran se geskiedenis in te gaan, of deur onkunde, of met opset (nie die toekomstige Afrikanerredding VSA omkrap nie -maar is hy die redder of bluf mens net jouself). Dit sou die gebeure daarso in ‘n heeltemal ander lig laat verskyn het. Die diepte in die berigte ontbreek.

Feite ·

Trump met sy bombastiese persoonlikheid, voorkeure van neo-nazi’s, verafgoding van outoritere leiers soos onder andere Putin, totale disrespek teenoor opponente en afkeure aan bestaande stelsels herinner sterk aan die definisie van “Fascist”. Trump is in alle opsigte, selfs ook sy goeie besigheidsopsigte, die spreekwoordelike “duiwel van die kinderbybel” en hy en sy republikeinse meelopers se dade, en daar is reeds te veel om te noem, sal deur die geskiedenis beoordeel word. Net soos dit die geval is met die ANC, is die baie groter skade wat trump aanrig, onherstelbaar!

Bril ·

Die een wat beweer, moet ook kan bewys! Voorkeure vir neo-nazi’s – byvoorbeeld? Baie slegte dade – byvoorbeeld? Die definisie van “Fascist” is … ? Ek het geskiedenis tot matriek gehad (hoeer graad) in die ou Suid-Afrika lank lank gelede nog voor baie van julle gebore was. Fasisme is daarso behandel (ons kurrikulum oor Europese geskiedenis het die geskiedkundige A.J.P. Taylor gevolg). Ek verstaan nie wat dit met pres. Trump te doen het nie. Ek weet egter wat die Antifa is (kommunistiese terrorisme). Hulle verstaan onder “Fascist” dit wat anti-kommunisties is. Regses val daaronder (dus eerder in my goeie boekies. Ek het geen ooghaar vir die Kommunis).

chris ·

Geleen by iemand op facebook!.Het ook gewonder waar regs en links in politiek sy oorsprong het?Ons kry dit in Prediker 10:2(1933/53 vertaling).Die hart van die wyse is na regs,maar die hart van ‘n dwaas is na links.

Globale Terroris ·

Nie alles is noodwendig goed, of noodwendig sleg.
Ons meet Trump se ‘welslae’ met ‘n westerse verwysingsraamwerk – is dit in alle opsigte die korrekte benadering, veral tov die Midde Ooste se kultuur, regering ens?
Vir etlike jare veroorsaak die VSA globale ‘pandemonium’, en pleit dan heilige onskuld as hulle as ‘redder’ nader storm. (Die CIA het selfs SA met die warm patat gelos met wat hulle in Angola begin het.) Binnelands is Amerika grootliks ook al omtrent ‘n polisiestaat,
So nee wat, in my boekie is Amerika die eintlike globale terroris wat onstabiliteit skep waar hulle kan.

Bril ·

Amerika se probleem, en dit kom al ‘n lang pad terug, is AIPAC. Hulle het soveel invloed, dat hulle Amerika se buitelandse beleid voorskryf. Kyk wie het druk op Suid-Afrika toegepas, kyk waar is Rhodesie weggegee (Beit brug adviseur), kyk wie het die koerante besit wat die Britse soldaat tydens die Anglo-Boereoorlog opgehits het, wie het die JSE besit. Almal is net die doodbang om hierdie lobbygroep aan te vat, en dalk met rede. Hulle kan lande laat opstyg en laat val. Alles met behulp van die magtige VSA en ‘n totaal verdomde bevolking.

Tweetie ·

Dankie vir die artikel. Enige persoon wat die moeite gedoen het om bietjie meer te gaan oplees oor die hele situasie sal verstaan waar Donald Trump se insette vandaan kom. Die res van die oningeligstes laat hulle aan hul neus ly deur die liberaal gesinde media. Die wat so gif spoeg en hom as n nar bespot se haat le baie diep, dit is beslis nie n teken van Christenskap wat uit liefde gebore is nie. Beste grap van alles is, dat die politikuste wat hom so aanvat kaste vol geraamtes het.

H ·

Ek haal my hoed af vir Trump, Hy luister net na eie VSA mense, nie sy party / politieke nie.
En sien hoe lyk ANC met ons land, Suid-Afrikaanse beheer?
ANC korrupsie en korrupsie te veel, maak ons SA land bankrot en raak nou teveel werkloosheid en ANC kan nie hulself vir die land baie verbeter maak nie.
ANC is evil, nie Trump nie.

Boer-in-die-Wind ·

Aan Mark & Feite.

Dankie vir my ‘commic relief’ vanoggend.
In die aande na werk doen ek ‘channel hopping’ op TV vir die Dems se skuim-om-die-mond kommentare vir my ‘commic relief’.

Texas groete.

Fanie du Preez ·

Raak ontslae van die MSM en politici . . .sit af die radio en televisie . . .leef jou lewe.

Bril ·

Dit is ‘n goeie begin, maar hoe gemaak om hierdie boodskap by die bevolking uit te kry? Hierdie probleem laat selfs die slimstes onder ons kopkrap. Die mense is daaraan verslaaf. Nog erger die nuwe media (slimfone) – dit is ‘n volksverdommingsmeganisme (misbruik van tegnologie) – mense lees nie meer gewone intelligente boeke nie maar luister heeldag doef-doef musiek en strokiesprentvlak nuus (lae denkvermoeens word vereis). ‘n Normale burger is afhanklik van ‘n objektiewe pers om vir homself ‘n prentjie van die werklikheid te skep. Maar hierdie soort pers bestaan nie meer nie. Die wereldmedia val min of meer onder vyf hoofgroepe (hulle beheer die nuusverspreiding na ander koerante toe) en hulle word deur ‘n handjievol mense beheer (kyk ‘n bietjie wie is hierdie mense – ‘n groot persentasie het vreemde vanne, of vervalste/verwesterse vanne) wat bepaal wat jy mag dink of nie dink nie die dag as jy ‘n kruisie trek by ‘n verkiesing.

Feite ·

@Bril. Jy se die een wat beweer moet kan bewys, wel as jy kan bewys dat jy matriek het soos jy beweer dan sal ek die talle voorbeelde wat beskikbaar is plaas wat bewys dat trump n “fascist” is, n rassis is, n “con artist” is en n liegbek is wat met samesweringsteoriee van putin, fopnuus versprei!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.