‘Slegs gematigde meerderheid kan chaos in SA stop’

helen-zille-irv

Helen Zille, voormalige Wes-Kaapse premier en leier van die DA, het haar as senior navorsingsgenoot oor beleid by die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) aangesluit. Foto: Daily Friend.

Deur Frans Cronjé

Die formidabele en veteraankampvegter vir liberale waardes sal beslis ons stryd vir die toekoms van Suid-Afrika as ’n vry en welvarende samelewing versterk.

Ek is baie in my skik om Helen Zille by die IRV te verwelkom. As senior vennoot sal sy haar gewig kan ingooi om die Suid-Afrikaanse gematigde middelklas te verenig teen die nasionalistiese en sosialistiese idees wat die land se toekoms bedreig.

Haar toetrede tot die IRV dagteken die samesmelting van die twee grootste invloede in die stryd vir Suid-Afrika se toekoms as ʼn vrye en welvarende samelewing.

Die ANC is nou nie meer te redde nie. Die eens sterk party veg nou floutjies in ʼn desperate magstryd waarin korrupte rassistiese en etniese nasionaliste in die een faksie teen die hardekop-linkses en kommuniste in die ander baklei.

Die sakegemeenskap is afsydig, nie in staat om die politieke atmosfeer te lees nie en steeds afhanklik van die heersende idees wat deur die ANC op die land afgedwing is. Die politieke opposisie is verward en ʼn omvangrykende poging sal aangewend moet word om dit van verdere agteruitgang te red. Heelwat van die landsburgers en die media sit links van die politieke spektrum, en verskaf ʼn teelaarde vir die destruktiewe sosialistiese idees wat die kern van die regeringsbeleid geword het.

In haar toespraak verlede week tydens ʼn dinee van die Liberale Klub in Johannesburg, was Zille nadruklik in haar stelling dat Suid-Afrika vooruitgang kan beleef indien die land in staat sou wees om die “tweeling-demone van rassistiese nasionalisme en sosialisme” te verslaan. Sou dít gebeur, “sal dit grootliks te danke wees aan die moed en deursettingsvermoë van mense soos dié wat vanaand saam met ons aan tafel sit,” het Zille gesê.

Die gaste aan tafel was senior leiers van Suid-Afrika se liberale gemeenskap wat oor die afgelope paar jaar deur die IRV byeengebring is om wye publieke steun te werf – steun vir ʼn nuwe beleid waarin eiendomsregte, individuele vryheid, vryheid van spraak, markekonomie en regsoewereiniteit die grondslag van politiek is om Suid-Afrika tot sy regmatige en groot potensiaal te laat ontwikkel.

Prakties gesproke is die IRV se doel dat hervorming sonder vergoeding stopgesit moet word; dat die spaargeld en bates van gewone mense beskerm word; dat rassistiese nasionaliste ernstig voor stok gekry en gediskrediteer moet word sodat alle rasgebaseerde beleide herroep word en die bemagtigingsbeleid gegrond word op die werklike agterstand; dat volkome vryheid van spraak beskerm word om te verseker dat mislukte beleid ondersoek en afgeskaf word; dat ouers meer beheer het hoe hul kinders onderrig moet word; gemeenskappe beheer het oor wat in hul polisiestasies gebeur; dat baie aspekte van die Arbeidswet herroep word om arm mense die geleentheid te gee om die arbeidsmag te betree; en laastens, dat staatsbeplanners opsy sal staan sodat entrepreneurs toegelaat kan word om risiko’s te neem ten einde Suid-Afrika se ekonomie op die herstelpad te bring

Alles in ag genome, was Zille reg met haar stelling dat ‘ʼn groot las rus op die skouers van die klein groepie vegters in hierdie vertrek, en ons effens groter kring van ondersteuners daar buite”.

Maar die kring is gelukkig besig om te groei. In reformistiese hoeke van sakeondernemings, die regering en politiek, is die idees en beleide wat deur die IRV uitgespreek is, besig om veld te wen – soos die implikasies van die mislukkende ‘nuwe daeraad’ helder word.

Van die baie dapper studente-aktiviste van die progressiewe Suid-Afrikaanse beweging na die Renegade Report en Big Daddy Liberty het al hoe meer reformistiese stemme by die stryd aangesluit. Teen die einde van hierdie jaar, hoop ek, dat meer as tienduisend mense hul gemeenskappe oor die lengte en breedte van ons land sal verteenwoordig en self die stryd sal toetree deur by die Vriende van die IRV-program aan te sluit.

Tog het Zille ook gewaarsku: “Lande het al in beter omstandighede waarin ons tans is, gefaal. En eintlik maak hierdie feit ons paraat om te weet dat min, indien enige, suksesvol was onder soortgelyke omstandighede.” Voorts het sy gesê: “Liberale demokrasieë is geweldig kwesbaar vir mense wat nie hul beginsels deel nie. En ek vermoed dit was die ANC se plan reg van die begin af. Dit was beslis inherent aan die teorie van die tweefaserevolusie – waarin die nasionale liberale beweging eers die beheer van die institusies van ʼn bourgois-demokrasie gevestig het, en dan die ‘interne teenstrydighede te gebruik’ om dit weer te laat misluk en sodoende na die tweede fase van die revolusie te beweeg om die sosialistiese nirvana (hemel) te bereik.”

Deur die skrywers Daniel Ziblatt en Steven Levitsky aan te haal, het Zille die volgende bygevoeg: “The tragic paradox of the electoral route to authoritarianism is that democracy’s assassins use the very institutions of democracy, gradually, subtly, and even legally, to kill it. It aptly describes the State capture project, which has always been central to ANC strategy, and is not a Zuma aberration as many people seem to think. It is also inimical to liberal democracy’.

Daar is niks uitsonderliks aan Suid-Afrika, sy regering, mense, geskiedenis of sy plek in die wêreld, om te verhoed dat dit nie die volgende Zimbabwe of Venezuela kan word nie – wat nou, tereg, die onvermydelike gevolg van die regering se beleid blyk te wees.

Gegewe die tekort aan leierskap in die sakewêreld en politiek, is dit slegs die eenwording van die gematigde meerderheid Suid-Afrikaners rondom ʼn nuwe beleid vir die land wat hierdie chaos kan stop – ʼn beleid gebou op die beginsels van individuele vryheid wat die sukses van elke vry en ope gemeenskap onderskryf.

Ons stemlokale wys dat sewe uit tien Suid-Afrikaners gemaklik hierdie beginsels oor grense van ras, klas en geskiedenis deel. Om hulle almal te verenig, is die groot uitdaging van die Suid-Afrikaanse politiek, aangesien hul eenheid die trajek van toekomstige Suid-Afrikaanse administrasies sal bepaal.

Indien jy een van hulle is, wéét dat ons vir jou die geleentheid skep om met jou medeburgers te verenig en só Suid-Afrika se toekoms kan verander om ʼn groot en magtige land te word.

Zille het haar toespraak afgesluit deur te sê dat die “liberale moet aanhou om te veg.”

There will always be big battles, band sitting somewhere else, safe and comfortable in the world, is no way to fight them. It will certainly not make them go away. We, as South African liberals, need to fill the space in which we happen to be. Here and now. In my positive moments, and certainly in a place like this, surrounded by many of our brightest and best, I feel confident to say we can win.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Christiaan

Hier is baie energie wat die IRR nou los maak. Ek het n ondersteuner geword want ek besef ons land se probleme is groter as net die Afrikaner sin. Om ons vry te maak van alles wat ons beperk en/of onreg aan ons begaan, gaan ons die land saam moet neem. Ek glo dit is net die enkeles in die randfigure wat verdelend optree en rasse spanning kweek. Die groter meerderheid soek wat ons soek. Goeie opleiding, mediese sorg, ekonomiese beleide wat groei moontlik maak, meriete EN weg met BEE, ras wetgewing, en die kommunistiese idees van die ANC. Ek… Lees meer »

Pro-Zille

Me Zille, ek het soveel respek vir jou intellek. Jy is ‘n dapper vrou met durf en hoe wonderlik om te hoor dat jy geen mens hoef te vrees nie, alias tv-nuus.

Dries du Toit

Is sy nog nie lid van Afriforum en Solidariteit nie. As sy is dan ondersteun ek haar ook

KrokodilBotha

ANC lite propoganda. Dankie maar nee dankie

John

Zille se ma (waar was sy toe?) was ‘n voorbok in die Black Sash-beweging wat op ‘n keer na die Uniegebou opgeruk het… natuurlik met geen goeie woord vir die Boere nie vir wie hulle die skuld gegee het vir elke probleem wat swart Afrika ondervind. En nou? Om skade ongedaan te maak is soos om water onder deur die brug terug te roep… Kom terug… ons was nie soooo ernstig nie,… nie gesè vat plase sonder vergoeding nie… nie gesè beset alle wit skole nie en jaag Afrikaans by die agterdeur uit nie… Nie gesè… Nee Helen… Jou swart… Lees meer »