Israel onthul bewyse onder die hospitaal van gruwels

Deur Ilse Strauss

Israeliese soldate in die Al Shifa-hospitaal. (Foto verskaf deur AFP)

Die waarheid kom altyd uit, sê hulle. En so het dit ook gebeur.

Sondagaand het die Israeliese weermag bewyse aan die publiek voorgelê om hul bewerings te steun dat die terreurgroep, Hamas, se versteekte bevelsentrum onder Gaza se grootste hospitaal gehuisves word.

Die IDF (Israel Defense Forces) het ook beeldmateriaal onthul wat toon dat die terreurgroep wat die Gaza-strook regeer die Al-Shifa-hospitaal as ʼn operasionele basis gebruik het tydens die 7 Oktober-slagting.

CCTV-beeldmateriaal wat deur sekuriteitskameras binne die hospitaal vasgevang is, onthul Hamas-terroriste met outomatiese wapens oor die skouers wat twee gyselaars die fasiliteit inbring. Verdere beeldmateriaal wys ook hoe Israeliese weermagvoertuie wat deur Hamas op 7 Oktober gekaap is deur die hoofhek die hospitaal se perseel binnery.

“Hierdie bevindings staaf vorige bewyse wat ons voorgelê het rakende Hamas se gebruik van die hospitaalgebied as infrastruktuur vir hul terreuraktiwiteite op ʼn sistematiese en deurlopende wyse,” het die weermag in ʼn verklaring gesê.

Die Shifa-hospitaal was die brandpunt van Israel se oorlog teen Hamas in die nadraai van die ergste tragedie in die Joodse geskiedenis sedert die Holocaust, waarin terroriste sowat 1 200 mense vermoor en meer as 230 gyselaars geneem het. Die rede vir dié fokus is Israel se oortuiging dat die kloppende hart van die terreur-entiteit onder die 1 400-bed militêre fasiliteit lê. En as die doel van Operasie Swaarde van Yster die vernietiging van Hamas is, is dit vanselfsprekend hoekom Israel hul visier op Hamas se hoofkwartier gestel het.

Nou is daar konkrete bewyse van Israel se bewerings.

Onder draai die duiwel rond?

Vyf dae nadat die eerste Israeliese magte die hospitaal binnegekom het, het die weermag Sondagaand in ʼn verklaring gesê: “IDF-troepe het ʼn 55-meter-lange terreurtonnel 10 meter diep onder die Shifa-hospitaalkompleks ontbloot.”

Volgens die IDF is die ingang van die skag onder ʼn skuur naby die Shifa-gebou gevind. ʼn Hamas-bakkie, soortgelyk aan dié wat die terreurgroep in die 7 Oktober-aanvalle gebruik het en gepak met wapens soos tenkmissiele, plofstof en AK-47-gewere, was langs die ingang geparkeer. In ʼn poging om te verhoed dat Israeliese magte toegang tot die skag verkry het Hamas ook die ingang versterk met, onder andere, ʼn ontploffingvaste deur en ʼn vuurgleuf.

“Ons vertel al weke lank vir die wêreld van Hamas se siniese gebruik van die inwoners van die Gaza-strook en pasiënte van die Shifa-hospitaal as menslike skilde. Hier is nog bewyse,” het die IDF-verklaring gesê.

Kort daarna het die weermag ook beeldmateriaal vrygestel van die internasionale woordvoerder, luitenant-kolonel Richard Hecht, wat digby die rand van die skag staan – met die verligte en operasionele Qatari-vleuel van die Shifa-hospitaal as agtergrond.

“Vanaand het ons die eerste hoogs gesofistikeerde skag gevind,” verduidelik hy, terwyl die kamera beweeg na rye ammunisie wat in die hospitaal ontdek is. “Dit is belangrik om te wys dat ons die eerste skag hier binne die omtrek van die hospitaal gevind het,” sluit hy af.

The Ties that Bind

In ʼn aparte verklaring het die IDF ook Sondagaand onthul dat Hamas minstens drie van die geraamde 240 gyselaars by die Shifa-fasiliteit aangehou het. As bewys het die weermag video-beeldmateriaal van die hospitaal aan die publiek voorgelê wat wys hoe gewapende Hamas-terroriste ʼn Nepalese en Thaise burger wat in Israel ontvoer is, die hospitaal inbring.

Die beeldmateriaal – met ʼn datumstempel 7 Oktober, tussen 10:42 en 11:01 – wys hoe een gewonde gyselaar op ʼn hospitaalbed ingebring word, terwyl die tweede gesien word met sy ligblou T-hemp oor sy oë getrek waar hy die hospitaal ingesleep word onder dwang.

Bykomende beeldmateriaal wat van Shifa se sekuriteitskameras geneem is, wys duidelik dat Hamas-terroriste – van hulle ten volle gewapen – tuis is op die perseel en in die sale rondloop of die gyselaars se kamers bewaak, asook geplunderde IDF-voertuie wat die hospitaalkompleks binnery.

Die weermag beweer ook dat Hamas ʼn derde gyselaar, die 19-jarige kpl. Noa Marciano, by Shifa-hospitaal vermoor het. Marciano is glo beseer tydens ʼn Israeliese lugaanval op 9 Oktober, twee dae nadat sy op 7 Oktober vanaf die Nachal Oz-militêre basis deur Hamas ontvoer is.

ʼn Onafhanklike voorlopige patologiese verslag het getoon dat Marciano se beserings in die lugaanval nie lewensgevaarlik was nie, het IDF-woordvoerder skout-admiraal Daniel Hagari onthul.

Volgens Israeliese intelligensie is Marciano egter na die Shifa-hospitaal geneem, waar “sy vinnig vermoor is,” het Hagari gesê.

“Hamas het Noa in die Shifa-hospitaal vermoor,” het ʼn sigbaar ontstelde Hagari beklemtoon. “Ons kon Noa nie betyds bereik nie. Dit maak die IDF net meer vasbeslote om alles in ons vermoë te doen om al ons gyselaars huis toe te bring.”

Marciano se liggaam is verlede week deur IDF-troepe langs die Shifa-hospitaal gevind.

“Hierdie inligting bewys dat die Hamas-terreurorganisasie die Shifa-hospitaalkompleks op die dag van die slagting as terroriste-infrastruktuur gebruik het,” het die militêre verklaring gesê.

Miskien het COGAT, die eenheid verantwoordelik vir die implementering van Israel se burgerlike beleid teenoor die Gaza-strook, die situasie die beste opgesom in ʼn videogreep kort na die IDF se onthulling:

“Die storie van Shifa-hospitaal is ʼn bietjie soos die groter storie van Gaza. ʼn Plek wat veronderstel is om vir mense te sorg, om aan hulle gesondheid en veiligheid te voorsien en hulle met waardigheid te behandel. In plaas daarvan ondermyn Hamas alles deur burgerlike fasiliteite te militariseer met tonnels, wapens en terreur.”

Nog meer tot die punt. Die bekroonde Israeliese Arabiese joernalis, Khaled Abu Toameh, beklemtoon een faktor wat die Palestynse volk gevange hou. “Mislukte leierskap was nog altyd die grootste tragedie van die Palestyne.”

  • Ilse woon saam met haar man, dogtertjie en drie worshonde in Jerusalem. Sy dien as ‘n vrywilliger by Bridges for Peace, ‘n Christenorganisasie wat verhoudinge bou tussen Christene en Jode.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

vuurvliegie ·

Al opsie wat oorbly is om die hele hospitaal te ontruim en die gebou en tonnels plat te skiet. Die hopsitaal bestuur is bewys van die tereur aanvalle teen Israel en is dus medepligtig deel daarvan.

Manie ·

Net jammer die liberale pro Hamas media rep geen woord oor die bewyse wat gevind is nie, hulle probeer nog heeltyd Hamas verontskuldig.

kaplyn ·

Die Hamas- terreurorganiesaie en nie Israel moet dus van volksmoord aangekla word, of hoe ramaposa? En die anc behoort van volksmoord in die vorm van plaasmoorde in SA aangekla te word, of hoe ramaposa?

Marthinus W ·

Die BBC se hoofredakteur het Israel se sogenaamde bewyse bevraagteken. Joernaliste mag nie op hul eie werk nie; hulle moet saam met Israeliese soldate beweeg, en hulle mag nie rapporteer wat hulle wil nie. Aldus die BBC. Soveel vir die sogenaamde “bewyse”.

Treurwilger ·

Alles wat die BBC publiseer, moet óók bevraagteken word.
Net soos alles wat in hierdie ou wêreld van vandag kwytgeraak word.

Watsenaam ·

Jammer om julle “bubble”te bars. Ons het n klomp twee gesig jakkals eas regering. Hulle ondersteun terroriste en neem ondeurdenkte emosionele besluite. (Iets wat enege regering nooit mag doen nie.) Volgens die berig, is die bewyse is mos daar dat Hamas terroriste is.
Ek is jammer, maar hierdie klomp rampokkers in die regering, laat hulle deur die slegste van die slegste denkbare politieke party voorsê wat om te doen, en soos lammetjies en met skaapagtige bravade doen hulle wat hulle gesê word om te doen. (Jammer julle rooie’s, ons doen wat julle sê want ons is bang vir julle.). Maar dieselfde spul stuur ons “soldate” om teen ISIS in Mozambiek te gaan veg. Hoe verstaan mens dit?

Autobahn ·

Die Koran was nog altyd die grootste tragedie van die „Palestyne“.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.