KFC se rashoender laat my stik

Dirk Hermann.

Liewe KFC

Die Kolonel se geheime hoenderresep is ’n treffer dwarsoor die wêreld en oral in Suid-Afrika.

Die vingerleklekker van ’n stukkie gekrummelde hoender is iets wat mense saambind. In Brussel, Amsterdam, New York en Pretoria eet ons almal saam aan dieselfde hoender.

In Pretoria, Pietersburg, Kaapstad, Krugersdorp, Durban, Durbanville, Johannesburg en Jeffreysbaai word ons deur ’n Kolonelburger gebind.

My kinders, jou kinders, swart kinders, wit kinders, bruin kinders, Indiër kinders – álmal bestel dieselfde Sprinkle Pops en tjips.

Afrikaans, Zoeloe, Tswana, Engels of Pedi. Almal het een woord in gemeen: KFC.

Toe kom julle en sê dat almal hier mag eet, maar net swart mag hier werk.

Die hoender wat ons saambind word toe volgens ras geklassifiseer.

Julle adverteer ’n pos, maar wit mag nie aansoek doen nie. Nou bind die hoender ons nie meer saam nie; nou verdeel dit ons.

Terloops, julle aanname dat “African” swart is, ont-Afrika wit, bruin en Indiër. Julle maak van ons gaste in Afrika. Dis ’n ander debat, maar dis twak.

Ek wonder of ek al een wit gesig by KFC gesien het. Dit het my nog nooit baie gepla nie, want die mense is meestal vriendelik. Dit was totdat ek besef het jy moenie net vriendelik wees om daar te werk nie, jy moet swart ook wees. Nóú pla dit my.

Ek sien in julle advertensie julle soek ’n energieke, selfgemotiveerde individu, solank hy of sy swart is. Ek sien ook hy of sy moet graad 12 hê, basiese kennis van Engels, ’n skoon kriminele rekord en sy of haar vel moet swart wees.

Hoe jy lyk, diskwalifiseer jou. Die hoender bind nie meer nie; die hoender verdeel.

’n Wit energieke, selfgemotiveerde matrikulant van Standerton, eMbalenhle, Secunda of Hendrina wat sukkel om werk te kry mag nie aansoek doen nie, bloot omdat hy of sy wit is.

Maar wit, swart, my kinders, jou kinders, Zoeloe, Tswana, Afrikaans en Engels moet die hoender koop.

Dis mos verkeerd? Dis báie verkeerd en in Suid-Afrika het ons met dié verkeerd gemaklik geraak. Ek is nie gemaklik met verkeerd nie.

In die wêreld bind die hoender saam, maar in Suid-Afrika verdeel dit. Suid-Afrika is die enigste land in die wêreld waar dié hoender ’n velkleur gekry het.

As julle wil hê almal moet daar eet, moet almal daar kan werk.

Deur julle personeel op grond van ras te werf, het julle julle hoender ’n raskleur gegee.

Julle rashoender laat my stik.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Dirk Hermann

Dirk Hermann is die bestuurshoof by Solidariteit.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Ivana ·

Nee wat KFC, dan is jy nou maar die vlg op die lys van maatskappye wat hul gat gaan sien as gevolg van jul voorkeure met werknemers. Dis hoekom dit gaan soos dit gaan in ons land, omdat als vir hulle gegee word en hulle vir niks werk nie, dis hoekom hulle toi-toi want hulle moet mos als kry sonder harde werk. Ek erken daar is individue wat werk vir wat hulle het of wil he, maar die oorgrote meerderheid sit bakhande en wag. Vroeer jare (noem dit dan apartheidsjare) is jy aangestel op jou kwalifikasies en ondervinding en nou stap jy in, al weet jy dalk nie eers die verskil tussen die voor en agterkant van n hoender nie. Nee wat, kom ons Suid Afrikaners wys hulle wat hulle met hul hoendertjies kan doen

Lourens CFG ·

Ons het hul al lankal gestuur waar die son nie skyn nie a.g.v. swak diens, en uiters swak higiëne (self by vele takke gesien).
Sal miskien, as ek ooit daar kom, by oorsese KFC aandoen, SA nooit weer.

absoluut ·

laat my dink aan die leon schuster fliek waar hulle moes luister waarnatoe gaan daai hoendertjies, my vrekgelag maar dit is nou waarheid

Baardman ·

As wittes net kon saamstaan en hulle vir een maand voluit boikot, sal hulle ‘n baie duur les leer.

Johan ·

Stem saam, koop jarrre nie meer by maatskappye wat teen wittes diskriminieer nie. Maar wie moet saam staan met wie?

Andries ·

Spur het ons gemis, maar ek twyfel of KFC gaan. Dit is egter goed om te weet – sal maar my lus dienooreenkomstig verander.

Wielspore ·

My lus vir KFC het al uitgeloop nadat die tak by Grove Nelspruit elke keer vuil is as ons dit besoek, die skoonmaak register is sommer vooruit ingevul, dit ruik na uriene menslike afval in die toilette. Het dit elke keer gerapporteer en twee keer terugvoering ontvang met ‘n oomkoop ete wat ek nie geneem het. Nou dat ras ‘n rol speel sal ek eerder my swaar verdiende geld by ‘n nie rassige instansie gebruik. Ondersteun eerder eienaar wegneem plekke.

Kattebol ·

Daar is soveel eetplekke met wit eienaars wat ondersteuning nodig het.

Dries ·

Stem volkome saam die vrot hoender tak by The Grove in Nelspruit vrot uit sy nate uit. Sal in my lewe nooit ooit weer n kentucky vrot hoender koop nie. Die plek is vrot vuil. Moet sê hulle het geen skaamte nie. Skoonmaak en higiene is nie op die dag taak lys nie. Soo vrot alles waaraan hulle raak. Feite. Proof me wrong.

Snowball ·

Ek het om die waarheid te sê, lanklaas wit werkers in enige kitskos restaurant gesien, die werkers is deur die bank swart – of dit nou pizza, burger, vis of hoender wegneem eetplekke is. Hulle adverteer dit dalk nie so openlik nie, maar hulle volg dieselfde beleid. Dis die nuwe SA – wit werkers word skaarser by die dag. Jy kan maar sê hulle het hulle tjips gehad.

Pieter ·

Dirk, hier stem ek saam. Ons kan alles doen en reg kry, mits daar geen ras speel nie. “Nou vra ek jou: “Wie is die rasiste in Suid Afrika werklik, want dit is nie ons gewone mense nie, maar wel politiek en mense met invloed ons almal anders wil net leef en bou.”

Antoinette ·

Eet al lankal nie meer KFC nie agv rassisme. Dame by KFC in Vanderbijlpark, CBD het my geweier om die badkamer te gebruik omdat ek slegs n roomys gekoop het.

Cherokee ·

Of koop-boikot die SPUR werklik so hard geslaan het as wat voorgegee is, is ek nie seker nie, maar ons het wel die koopkrag, en as jy aandring op hoender vir die spyskaart, daar is hope meer plekke as KFC wat hoender verkoop.

Cy ·

Jeffreysbaai se KFC is in elk geval nie aantebeveel nie .Swak diens so word lankal vermy !!!

Carl ·

Ons eet bitter min KFC want dis dis ongesond (so nou en dan – sê 2 maal per jaar – want ongesond is ook vrek lekker!) Maar nou is dit verby – nooit weer nie!

piper ·

ek was seker 20 jaar laas by n kfc en het niks gemis nie. ons blankes moet private blanke ondernemings waar ook blankes werk ondersteun. dit sal ook die gevolg he dat die meerderheid kliente blankes sal wees wat die plekke meer aangenaam sal maak.

annie ·

Dit is nie al wat ons hoendervleis gee nie. Hoeveel groot negosiewinkels is nie vreeslik lief vir wit beursies nie, maar g’n wit gesig by betaalpunte of elders nie. Ook nie by petrolpompe nie. Kyk bietjie rond. Daar is meer sulke mishaps wat beteken dat wittes se beursies platter en leër word. Mnr die Inkomste-Rentmeester take note… joue ook.

Lourens CFG ·

Ek het al wit petrol joggies in Brackenfell (3 plekke), en Vredenburg gekry.

groenboer ·

Die ooglopende oplossing is ‘n eenvoudige, maklike hoenderresep:

Neem jou stukkies hoender, bv. dye en boudjies, en plaas op ‘n rooster bo-op ‘n druppan. Smeer met olie en sprinkel met jou gunsteling speserye en sout na smaak. Bak in die oond vir so ‘n uur op 180 C.

Lekkerder en gesonder as enigiets waarmee KFC al vorendag gekom het, en minder moeite as om in die motor te klim en in toue te gaan staan.

Siedaar? Nou het ons hulle nie meer nodig nie en hoef dus nie in hul hoender te stik nie.

Harley Davidson ·

Ek stem ,en glo om dit self te maak is ook gesonder en skoner.

marius ·

Ook nie te gril oor wat moontlik in jou bestelling beland het nie . Jare terug al klaar met kitskots

Kerneels ·

Ek sal BETAAL om nie KFC te eet nie. Het nog nooit daarvan gehou nie.

Harley Davidson ·

Die feit dat net swart mense ‘n kfc franchise mag koop is diskriminasie teen die minderhede en nie alleen aanvaar ons dit nie ons ondersteun dit.

Belinda ·

Ekt gister die een promosie pakket gekies waar jy hoender, slaai 2 burgers en chips kry vir R200. Wat n rip off!
Daai plek gaan my vir n baaaaaie lang tyd nie sien nie, en nou met die werksposisies wat net vir BBEE bedoel is sal ek NOG minder hulle support.
Sal maar aan KFC behandel soos Spur destyds.

Hardekwas ·

Dirk, identifiseer asb ál hierdie winkels, sodat, waar moontlik, ons hulle soos die pes sal vermy. Die ooglopendes is kfc, burger king, mcdonalds, pick n pay, checkers, spar, clicks, spur, wimpy, mugg & bean, ocean basket. Identifiseer vir ons een vir elke kwartaal van die jaar, en ons sal dan geen ondersteuning aan dié winkels bied nie, vir dié wat nog daar koop.

Marthina79 ·

Pffft! Gelukkig koop ek lankal nie meer KFC nie. Dis een bol olie of rou in elkgeval. Geen wonder hulle gehalte het so gedaal nie.

Kattebol ·

KFC en Coca-Cola het my van twee “verslawings” genees. Nou wag ek vir al die tjoklits vervaardigers om swart te raak sodat ek verder gesond kan word!!

Kattebol ·

Terwyl ek daaraan dink….. Gebeur dieselfde nie maar by al die winkels in die land nie? Ek sien nooit ‘n witte by ‘n kasregister nie….omtrent geen wittes in ‘n winkel behalwe klante nie.

Wonder ·

Nee wat ek ry verby KFC na ek n gekoude chappie in my mash gekry het…

Barney ·

As jy nie wil koop nie weens rassisme, moet jy by die huis eet. By enige kitskos plek is swart al wat jy sien

Belinda ·

Ek het ook nog geen wit persoon sien werk by McDonalds nie. Asook Burger King, Nando’s of Chicken Licken nie. Of gaan ek net na die verkeerde winkels.
Dis onder ons neuse maar ons kom dit nie altyd agter nie. Dankie dat mense soos diegene wat die brief geskryf het ons oe laat oopgaan.

Klein Karoo Loper ·

Dankie Dirk vir die waarheid. Maar toemaar ons Boere Afrikaners wil nie vir hulle werk nie. Meeste van die kitskos restaurante is maar smerige plekke. Jy weet nie watse verrassing vir jou onder daai PVC vleis porsie wag nie. Nou die dag gesien hoe een van die sogenaamde restaurante se werkers met sy kamtige sakkies op sy hande uitloop, sy draaie buite loop met selfoon en later weer terugloop met sakkies mooi op sy hande. Die mense met die sterk mae moet dit maar geniet.

Johan ·

Ek is klaar met KFC. Die goed het my klaar spuit gegee. Seker al daai olie. Dankie Dirk dat jy dit onder ons aandag gebring het. Ek hou daarvan om mense te ondersteun wat nie rassisties is nie.

Dries ·

Soos gewoonlik n uitstekende artikel van ons man Dr. Dirk Hermann. Wens meer mense kan na hom luister. Wat n nugtere man aan ons kant !!!!

BARNEY ·

Ons kla en ons kla maar doen niks daaromtrent. Moenie die rassistiese instansies ondersteun nie punt!! Maar nee KFC sal ons eet! Dit is die probleem onder die wit volk, ons staan nie saam nie en het gemaklik geraak met die stand van sake. Ons moet dalk leer toi toi en postman vir ons regte. Ons moet ook n bietjie ongemak verduur en massa opmarse na die burgermeester en parliament doen. Maar ongerief is n probleem vir ons. Die swart mense het nie omgegee vir toi toi en ongerief nie, hulle is raak geaien en ons blankes het bea gegee. Nou kla ons. Staan op mede mense en maak n verskil.

Andrinette ·

Janee ek voel ook ons moet KFC boikot. Ons mag nie ‘n pos adverteer en spesifiseer dat slegs blankes mag aansoek doen nie, maar hulle mag spesifiseer dat slegs swart mense mag aansoek doen. Dis nie reg nie en ek dink ons moet begin terug baklei.

Gerrit ·

So ver ek weet werk daar by elke liewe kfc darm n wit man.Julle moet net mooi kyk.Colonel Sanders het jul nog nooit in die steek gelaat nie,weet nie van sy werkers nie……

Antjiepat ·

Gerrit, of jy kom net op die platteland, of ek weet nie… hier by ons is altwee KFC winkels net swart, geen witte in sig

'n Leser ·

Wit Suid- Afrikaners kan saam staan as hulle wil, maar ai soms weet ek nie of die wil nie daar is nie en of hulle net nie wil probeer nie. Ons sal moet mense indien ons iets wil bereik. Die tyd het lankal aangebreek.

Sonneblomkind ·

Ja nee nou is KFC nie meer so lekker vir my ook nie. Ons moet maar net nie weer koop nie en kyk wat gaan gebeur

Moedeloos ·

Al waar jy kan uiteet om nie deel te hê aan raskwessies nie, is privaat besighede. Dit is gewoonlik n familie besigheid waar almal insette gee. In al die ander winkels is blankes nie sigbaar nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.