Kortliks: Welvaartsbelasting sinneloos

Kommentaar op die “welvaartsbelasting”:

In die eerste plek: om welvaartsbelasting oor die boeg van ras te gooi is totaal sinneloos. Ons is een land met verbruikers wat almal dieselfde basiese behoeftes en ideale het.

Nog?

Hierdie “versoeningsidée” is, om die minste te sê, totaal onaanvaarbaar in ‘n land waar diegene wat wél belasting betaal reeds 81% van die land se belasting betaal. Dalk het dit net weer tyd geword dat diegene wat hierdie uitsprake maak hulself net vergewis van hoeveel van hierdie belastinggeld reeds gebruik word om maatskaplike besteding te finansier. Die staat kry reeds meer as genoeg – om die waarheid te sê: ons is van die hoogsbetalende belastingpligtiges ter wêreld. Daar moet eerder indringend  kontrolemaatreëls ingestel word ten einde te verseker dat bedrog, onetiese gedrag en wanaanwending van fondse gekortwiek word en end kry.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Ina Wilken

Meer oor die skrywer: Ina Wilken

Ina Wilken is ondervoorsitter van die Nasionale Verbruikersforum.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Louis du Plessis

Ina ~ 1  In Suid-Afrika is die term “welvaartsbelasting” in ‘n sekere sin toutologie, met ander woorde, ons herhaal dieselfde begrip.  Hoekom kan ‘n mens so sê?  Omdat diegene wat tans belasting betaal rééds diegene is wat meer welvarend as die res van die bevolking is, wat nie belasting betaal nie. Trouens, meeste betaal nie eers vir water of krag nie.  2   Tans betaal sowat 5 miljoen Suid-Afrikaners, waarvan ons Afrikanergemeenskap ‘n groot deel vorm, die belasting wat ‘n samelewing van 47 miljoen laat funksioneer.  Elkeen van ons subsideer rééds elf ander.  Ons belasting subsideer onder andere 15 miljoen werkloses… Lees meer »

Anoniem

Net so paar syfertjies in die armbeurs: Die amptelike bevolkingskatting is nou sowat 50,5 miljoen. Sommige onafhanklike instellings skat dit hoër, engiets van 51 miljoen tot 60 miljoen. Daar was in die 2009/10 belastingjaar sowat 5,2 miljoen inkomstebelastingpligtiges. Van hierdie 5,2 miljoen, het die 1,6 miljoen met ‘n belasbare inkomste van R200 000 of meer, sowat 81% van al die persoonlike inkomstebelasting betaal. Daar moet wel in gedagte gehou word dat persoonlike inkomstebelasting nie die staat se enigste bron van geld is nie, maar dat maatskappybelasting en BTW en ander heffings en tariewe ook bygevoeg moet word. Inderdaad het persoonlike… Lees meer »

Anoniem

Net so paar syfertjies in die armbeurs: Die amptelike bevolkingskatting is nou sowat 50,5 miljoen. Sommige onafhanklike instellings skat dit hoër, engiets van 51 miljoen tot 60 miljoen. Daar was in die 2009/10 belastingjaar sowat 5,2 miljoen inkomstebelastingpligtiges. Van hierdie 5,2 miljoen, het die 1,6 miljoen met ‘n belasbare inkomste van R200 000 of meer, sowat 81% van al die persoonlike inkomstebelasting betaal. Daar moet wel in gedagte gehou word dat persoonlike inkomstebelasting nie die staat se enigste bron van geld is nie, maar dat maatskappybelasting en BTW en ander heffings en tariewe ook bygevoeg moet word. Inderdaad het persoonlike… Lees meer »

Louis du Plessis

paulsolidariteit~ 1  Dankie vir ‘n noukeurige uiteensetting van belangrike indiensnemingsfaktore.  Jy kontrasteer tereg die sowat 13.1 miljoen werkendes (15-64 jaar) met 7.7 miljoen werkloses (volgens die breë definisie), soos in amptelike syfers.  Van die werkendes betaal slegs 1.6 miljoen saam 81 persent van alle persoonlike inkomstebelasting. Ek het hieronder verkeerdelik die woord “werkloses” gebruik pleks van “afhanklikes” en sê dankie vir die regstelling asook vir die beskrywing van die staatstoelaes.  2  Jy vat die uitdaging van die 7.7 of meer miljoen jonk en gesonde werkloses skerpsinnig saam:  “Sommige van hulle leef definitief in geheel of gedeeltelik van hulle kinders, grootouers of gestremde gesinslede… Lees meer »