Liberale demokrasie is op die agtervoet

einde-padwerke

Foto: Frederick Tubiermont/Unsplash.com

Die bekende Amerikaanse skrywer en akademikus, Francis Fukuyama het in 1992 in sy boek The End of History and the Last Man die argument gemaak dat met die einde van die Koue Oorlog ’n soort einde in die ideologiese ontwikkeling van die mens plaasgevind het en dat Westerse liberale demokrasie die finale vorm van regering in die wêreld begin aanneem het. Vandag, byna drie dekades later, erken selfs Fukuyama dat wat in 1992 so logies gelyk het, nie meer die geval is nie. Liberale Westerse demokrasie is vandag op die agtervoet.

’n Mens moet heelwat begrip hê vir die politieke kommentators en akademici wat in die vroeë 1990’s geglo het dat liberale demokrasie vanuit die Weste oor die res van die wêreld sou spoel. Dit was duidelik dat die politieke, ekonomiese en sosiale konstrukte van Westerse demokrasie tot groot voordele, in veral Amerika en Europa, gelei het en dat talle lande uit ander wêrelddele daarna gesmag het om dieselfde voordele te geniet. Die liberalisering van ekonomieë in Oos-Europa en selfs Rusland, maar ook in Afrika en die Verre-Ooste, was voorbeelde hiervan.

Terwyl die einde van die Sowjetunie tot grootskaalse demokratisering in Oos-Europa aanleiding gegee het, was daar ook talle demokratiese suksesstories in Afrika in die 1990’s. Lande soos Benin, Zambië, Ghana, Kenia en Malawi het almal in die 1990’s veelpartyverkiesings gehou en grootliks gedemokratiseer. Vandag gebeur die teenoorgestelde in talle Afrikalande.

Verskeie studies toon tans dat die opkoms van Westerse liberale demokrasie wat die wêreld in die 1990’s beleef het, tot ’n groot mate tot stilstand geruk is en in baie wêrelddele selfs agteruit boer. Die beste bron oor die stand van demokrasie wêreldwyd, is sekerlik die Amerikaanse waghondorganisasie Freedom House wat jaarliks navorsing oor die stand van demokrasie in elke land in die wêreld doen.

Volgens Michael Abramowitz, die president van Freedom House, is daar reeds die afgelope dertien jaar ’n agteruitgang in demokrasie in die wêreld. Abramowitz het in die verlede senior regeringsposisies in die Reagan- en George H.W. Bush-administasies beklee.

Abramowitz is nie alleen in sy denke nie. Aan beide die linker- en regterkant van die politieke spektrum, skakel skrywers en kommentators die rooi ligte aan. Die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake, Madeleine Albright gee in haar boek Fascism: A Warning die opkoms van regse populisme die skuld vir die agteruitgang van demokrasie. Ook Johan Goldberg in Suicide of the West is oortuig daarvan dat demokrasie tans op die agtervoet is.

Hierdie kommentators is waarskynlik almal reg in hul denke dat liberale Westerse demokrasie tans krake in sy onaantasbaarheid toon. Die realiteit is egter dat politieke stelsels nog altyd verander het. Dit wys die wêreld se geskiedenis vir ons. Die huidige opkoms van identiteitspolitiek in Amerika en Europa, maar selfs in Turkye, Brasilië en talle Midde-Oosterse lande, is ’n natuurlike reaksie op die onsekerheid wat liberale demokrasie en toenemend diverse samelewings opgelewer het.

Liberale demokrasie sal waarskynlik oor die volgende paar dekades deur alternatiewe stelsels in verskillende lande vervang word. Minderheidsvolkere moet dit as ’n geleentheid sien en aangryp, terwyl gesonde demokrasiebeginsels steeds in stand gehou moet word.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Gert ·

Vir my is dit vanselfsprekend dat “een man een stem” nooit kan werk in ‘n diverse land nie. Duidelik was dit nie vir die Kodesa-manne so ooglopend nie. Een man een stem lei onvermydelik tot meerderheidsoorheersing, dus onderdrukking van minderhede. Nou raak al hoe meer lande divers en land dan in hierdie dilemma.

Charles ·

Dankie Gert, die spyker is sopas op sy kop geslaan!

En Socrates HET ons gewaarsku…

Daardie spulletjie was darem; vir gebrek aan ‘n beter beskrywende en sterker woord; ONGELOOFLIK kortsigtig en liggelowig!!

Dries ·

Die kodesa knapies (ek kan hulle nie manne noem nie) was waarskynlik nie die helderste liggies in die hawe nie. Met kwalifikasies soos LLB, BA Regte en dies meer…….hoe dan anders?

Charles ·

Demokrasie is niks meer as ‘n “mob”-regering nie, waar 51% van die mense die regte van die ander 49% kan wegneem. Demokrasie is twee wolwe en ‘n lam wat aansit by die tafel; en vra wat vir aandete is.

John ·

Demokrasie impliseer basies menseregte en meerderheidsregering, soos in SA, waar die ANC telkens op beide die klem plaas. Wat is liberalisme nou eintlik? Die term is so wyd en diep soos die grote see vol haaie en gevare. Enige hoop dat minderhede ooit erens erkenning sal kry is ‘n dwarrel in die verte.

Charles ·

Mevrou Albright,soos alle ontnugterde elitistiese politieseheersersklas globaliste (marxistiese onrussaaiers,meester manipuleerders van Mense,geldwolwe en”die Neerbuigendes”);wat nie kan glo dat hulle tyd aan’t uitloop is nie;sit die pot ver mis!

Neem nou maar as vb.die Britse Parlement en die”remoaners”daarin wat TEEN die direkte soewereintiteit v/d nasie-politiese begrip-nie die VOLK nie-Brexit wil laat inplof-hulle kan nie glo dat nasionalisme hulle van hulle ONVERDIENDE en knus sofas afgeskop het nie!So ge-olie is hulle as manipuleerders dat hulle die mense wil laat glo hulle het slegs ‘n keuse tussen ‘n “sagte brexit” of geen brexit-so bang is die vermetele politikuste vir ‘n “no deal”.

Mens kan jouself vereenselwig met sommige skrywers se boeke,en hul oorwoe menings wat dikwels deurskemer hetsy onbewus of nie.

So ‘n boek is bv. Ken Follet se roman “Winter of the World” waar gemerk kan word dat sy karakters ‘n bose,distopiese, onverdraagsaam-gelaaide en gruwelike voorpeling gee op die nou ge-openbaarmaakte fascistiese karakter van die moderne liberalis. WAT SIEN ONS VANDAG, PRESIES DIT!

Waar fascisme as reel verbind sou kon word aan “Die Regs”- is die bordjies nou verhang,en is die liberalis die onderdrukker- hulle probeer dit net verrig op ‘n baie meer subtiele en verbloemde wyse en met moderne instrumente soos die hsm en sosiale (ek noem dit duiwelsmedia want die hemel weet dit het na my meningnog net ellende op hierdie aarde veroorsaak-Schweizer-Reneke-“case in point”) media.

Thys ·

Demokrasie is waar jy elke 5 jaar vir n nuwe diktator kan stem. Ons almal weet tog na n verkiesing vee die regering sy *** aan die bevolking af. Nie net hier nie, maar heel waarskynlik in baie ander lande ook.

Ronnie ·

Jaco, help asseblief. Wat presies is “liberale” demokrasie. Sou dit “konserwatiewe” demokrasie wees? Of as ek nou die kat aan die stert beet het, wat is die alternatief vir “liberale” demokrasie”. Dit sal ook help om te weet wat is die kenmerke van “liberale” demokrasie. Beter nog, is daar spesifieke lande wat “liberaal” demokraties is?

Ek weet werklik nie. Ek sal waardeer as jy kortliks kan verduidelik of dalk meer breedvoerig in ‘n volgende artikel.

Jaco Kleynhans ·

Ronnie. Ja dit verg omtrent ‘n volgende artikel. Maar ja in kort beskou ek liberale demokrasie as dié politieke stelsel wat stemreg (een persoon een stem) redelik onlangs gebring het en wat uiteindelik die rol van byvoorbeeld die kerk vervang het met menseregte / individuele regte. Nederland, Kanada en Duitsland is voorbeelde hiervan. Ek kan heelwat meer uitbrei maar sal later. Konserwatiewe demokrasie is minder op individuele regte toegespits en meer op die ‘common good’ – behoud van die gemeenskaplike goeie al is dit soms ten koste van individuele regte (soos gayregte) – voorbeelde is Hongarye en Pole.

Judge Dredd ·

Liberale demokrasie is wanneer die liberale/linkses/elites/media net tevrede is as hul gekose liberale/linkses/elites/media kandidaat aan bewind kom.
En onmiddelik vyandig optree as ‘n konserwatiewe/regse aan bewind kom – so asof daardie regse nie ook demokraties verkies is – dit nie demokrasie is.

In ‘n liberale demokrasie word verwag dat almal gewillig en vreedsaam na die pype van die links/liberales/elites moet dans – maar as ‘n konserwatiewe/regse verkies word dan is dit reg vir liberales/linkses om geweldadig/uit-tartend op te tree, om nie te noem die fals aantuigings van fascisme/rasisme wat gereeld teenoor konserwatiewes gemaak word.

Ronnie ·

Dankie Jaco. Nou kan jy of iemand anders dink aan ‘n Afrikaanse woord vir Kleptocracy. Soos ons Demokrasie hier en Putin se Rusland. Tyd sal leer hoe groot die kluis is wat Trump en sy Biljoener vriende weggedra het terwyl almal aandag gee aan “breaking news” driemaal per dag.

My hoop is dat Liberale Demokrasie sal seëvier en dat die Millenials gou ‘n einde sal maak aan groot korporatiewe geldelike bydraes op ‘n bandjies vir boeties basis en ander korrupte praktyke.

Danie ·

Om die Millennialis in die eerste plek selfstandig te kry moet jy hulle eers uit hulle ouer huis uit gooi. In party lande trek hulle blykbaar in die kelder in. In die twee plek sal julle hulle van hulle playstation/sakfoon/X Box moet los sny sodat hulle die werklikheid in die oë kan kyk. Daarna sal jy enige toelae (sakgeld) wat hulle hard werkende nog hulle mee ondersteun summier moet stop.

Dan kom die volkome ontnugtering vir die Millennialis: EK moet werk om geld te kry. FaceBook, Twitter, Snapchat, ensovoorts is vir alle praktiese doeleindes net ‘n wêreldwye netwerk van skinderbekke. Soms op feite gebaseer, maar ongelukkig meestal nie. En werk beteken dat jy jou meestal eelte op jou hande en lyf gaan kry. Dat jy gaan moet sweet en vir ‘n salaris moet werk. Daar is net soveel kantoor spasie en dit is klaar beset. ‘n Hark, graaf en besem is baie nuttige instrumente om vereers mee geld bymekaar te maak. Boeke geleerdheid (papier of elektroniese) is onmisbaar om kennis in te samel. Dit bring ook mee dat jy beter werk sal kan kry. En dalk iemand uitstof uit ‘n kantoor.

Niks is verniet nie jy moet daarvoor werk. “Gratis” het altyd ‘n voorwaarde. Moenie te gou daarvoor ja sê nie. Ek is blykbaar net-net ‘n millennialis (aan die einde van die tydperk) maar moes gelukkig lank terug die werklikheid in die oë kyk. Baie goeie ondervinding.

John ·

So is Hillary en Soros & kie dan ‘n voorbeeld van die ware demokrasie en Trump en Putin die evil sluipers? Ons moet seker maak ons weet waarvoor ons staan. In SA glo die ondersteuners van die ANC hulle stem vir bevryding en menseregte en en, en sien Kuba as die voorbeeld van human rights. Venezuele is nog een. Dit wil voorkom of mense nie meer ruik wanneer hulle in ‘n slagyster getrap het nie…

Charles ·

Ronnie, ou ronnie, jou haat teenoor President Trump skemer darem verskriklik deur, moenie dit so gangbaar maak nie man!

Zirk ·

Ek dink tog dat daar huidig ‘n teruggryp na meer konserwatisme by Amerika, Duitsland en Frankryk is deurdat daardie bevolkings siek en sat geword het vir ruggraatlose, magsugtige, liberale kwasi- demokrate.
Miskien is hulle nog beter af as ons kriminele oligarge wat lustig opereer in ‘n volmaakte ineptokrasie.

Charles ·

Ronnie, ou ronnie, jou haat teenoor President Trump skemer darem verskriklik deur, moenie dit so gangbaar maak nie man!

Frans C ·

Wat ons in Suid Afrika ervaar is ‘n reaksie op die verlede met ‘n mislukte afsonderlike’ontwikkellingsbeleid.’n Beleid wat wêreldwyd misverstaan is, weens die
weste se skielike gewete,wat tot die 2de wêreldoorlog redelik toegeskroei was.

Toe die gruweldade van die Nazi-regime aan die lig kom en die dooies van die 2de
wêreldoorlog in hul miljoene begin spook,is daar met ander oë na die voormalige kolonies gekyk.

Suid Afrika se blankes was weens hul klein getalle ‘n maklike teiken, Met 30
miljoen blankes en nie 3.3 miljoen destyds,wat dit ‘n ander storie.

Skielik is alle koloniale afstammelinge veral in Afrika die ‘booswigte’ in die verhaal en swart ,saam met die opstande in Amerika, die verdruktes,wat dringend uit hul ‘hel’ verlos moes word.

Onderleiding van die verligte liberales het Suid Afrika in ‘n storm van sankies ens beland,wat sy leiers nie kon hanteer en oorleef nie.Veral toe die koue oorlog begin ontdooi en die Berlynse muur val het die ANC ondersteun deur globalisme,die oorhand begin kry.

Suid Afrika moes deel van die globale wêreld word en in so ‘n gekkeparadys het jy globale mense nodig.Mense wat hul oral tuis voel en waar alle grense,veral die van ras
uitgwis en verband word.

Dit is die ellende van Suid Afrika ,waar niemand Pa staan, maar agter die ‘Kollektief’
skuil en van die een ‘kollekteif’ na die ander spring.’n Gekke paradys ondersteun deur
die meerderheid breingespoelde mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.