Kan die hofbevel wat uit die Julius Malema-haatspraaksaak spruit doeltreffend afgedwing word? Het die saak nie net olie op Malema se vuur gegooi nie? Is die ANC nie dalk as gevolg hiervan die harnas ingejaag teen Afrikaners nie? Het die saak Suid-Afrika nie net verder gepolariseer nie? Dít is die vrae wat verskeie bekende Afrikaanse sprekers geantwoord het tydens die Federasie van Afrikaanse kultuurvereniginge (FAK) se eerste openbare simposium oor die Malema-uitspraak.
Die debat word ná die simposium op Maroela Media se “Die Groot Debat” voortgesit. Lees in die loop van die volgende paar dae hier wat sê Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, Adv. Roelof du Plessis SC, senior advokaat van TLU en Prof Koos Malan, advokaat vir die Vereniging van Regslui vir Afrikaans en verskeie replieke.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.