Minderheidsverslag oor entstowwe

Deur prof Alwyn Swanepoel

(Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS)

Kerkvergaderings het my van ’n meerderheidsverslag en ’n minderheidsverslag, wat soms ook nodig is, geleer. Dit help om die kommissie se bevindinge so eerlik en deursigtig moontlik weer te gee. Die geskiedenis, ervaring en films soos Minority Report het al dikwels geleer om minderheidsverslae nie gering te skat nie, al is dit ook net om die meerderheidsverslag te slyp.

Dit is nogal insiggewend dat ’n minderheidsverslag by die inentingsdebat dikwels implisiet, maar byna nooit eksplisiet in die hoofstroommedia aan die orde gestel word nie. Ons kry wel met strooipoppe te doen, maar die staalman-argumente kom nie werklik aan die bod nie. Vergun my daarom die geleentheid om ’n geldige minderheidsverslag te probeer verteenwoordig, terwyl ek ook iets anders wil doen. Dit is om te poog om moontlikhede vir vrede te bedien in ’n debat waar die spanning skynbaar al hoe meer oplaai. Dit lyk soms of die saak gaan ontplof, maak nie saak hoeveel pogings tot bedaring daar is nie. Tog is daar wel ’n uitweg, maar dan moet ons eers die verskille duidelik voor oë kry.

Die basiese standpunt van hierdie minderheidsverslag is die volgende: Ek wil aanvoer dat ’n glyskaal van individuele risiko en oortuiging duideliker op die voorgrond behoort te wees in die neem van ’n entstof. Op grond van die risikoprofiel behoort mense minder of sterker oorweging daaraan te skenk om die entstof te neem. Dit beteken dat almal nie aangemoedig moet word om dieselfde weg te volg nie. Dit beteken veral dat kinders en jongmense vanweë hul heelwat kleiner risiko, nie in die inentingsveldtog betrek moet word nie.[i]

(Met erkenning aan PANDA)

Wanneer dit so geformuleer word, is dit duidelik dat die hele begrip van kudde-immuniteit ter sprake kom en dat dit ’n sentrale punt vorm om oor te debatteer. Dit is juis belangrik terwyl ons rustiger is. Selfs die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) het dit nog nie vir kinders onder 12 aanbeveel nie. Hulle het die ouderdom egter reeds vanaf die vorige perk van 16 jaar laat sak en die tekens is daar dat dit verder kan sak.

Die bedoeling hier is nie om die waarde van kudde-immuniteit te ontken nie, maar wel om mense aan te spoor om ruimer oor kudde-immuniteit te besin. Dit is belangrik omdat ons kinders die debat oor kudde-immuniteit nog warmer kan maak. ’n Mens kan ook begryp waarom dit so warm kan raak. Diegene wat heelwat geliefdes naby hulle aan die dood afgestaan het kyk dikwels net anders na die uitdaging as diegene wat klink of hulle net in terme van data praat. Aan die ander kant kan ’n instelling soos PANDA selfs sover gaan as om tien redes aan te dui waarom kinders en jongmense nie ingeent behoort te word nie.[ii] Daarom is dit belangrik om reeds nou mooi na te dink of kinders noodwendig hierby betrek moet word, veral wanneer die lyn tussen aanmoedig en verpligting al hoe dunner raak.

Kudde-immuniteit word nie net deur inentings bewerkstellig nie. Hierdie sprong word maklik gemaak tot op die vlak dat dit nou deur sommige as die norm aanvaar word. Die WGO het byvoorbeeld iewers rondom September 2020 hul definisie van kudde-immuniteit verander deur dit te stel dat kudde-immuniteit slegs deur massa-inenting kan plaasvind. Toe daar toe nou geen klein opskudding hieroor ontstaan het nie, het hulle in Januarie 2021 die ou definisie van kudde-immuniteit herstel deur dit te verduidelik as “’n kombinasie van natuurlike en ingeënte immuniteit”. Die konteks van die definisie veroorsaak egter nog steeds dat die ruimer visie nie genoegsaam aan die orde kom nie.[iii] Die data oor die immuniteit van hulle wat reeds die siekte gehad het, is byvoorbeeld iets wat definitief verder gedebatteer behoort te word.[iv] Die patrone van lande wat minder ingeënt is en op Our World in Data se webwerf ondersoek kan word, moet ook nie uit die oog verloor word nie.[v]

Afgesien van die voorspraak vir ’n ruimer definisie, moet daar ook nugter besin word oor die gewig wat hierdie saak in die debat dra. Christie Aschwanden, wetenskapjoernalis, het al in Maart 2021 in die internasionale joernaal Nature aan die hand van mense soos Stefan Flasche, ’n entstofepidemioloog by die Londen School of Hygiene & Tropical Medicine, daarop gewys dat kudde-immuniteit moeilik haalbaar lyk. Aschwanden bespreek vyf redes waarom dit nie moontlik lyk nie: (1) Dit is onduidelik dat entstowwe oordrag keer; (2) die uitrol van entstowwe geskied oneweredig in die wêreld; (3) nuwe variante verander die kudde-immuniteit matriks; (4) immuniteit mag dalk nie lank aanhou nie, en (5) entstowwe mag ou gewoontes van sosialisering aanmoedig. Aschwanden reken nie dat die toekoms daarom donker lyk nie, maar vra wel vir realisme. Aan die hand van Flasche wys sy daarop dat die entstof ’n verstommende ontwikkeling is, maar onwaarskynlik om die verspreiding heeltemal stop te sit.[vi]

Hierdie oorwegings bevestig reeds dat dit belangrik is om grondig oor alternatiewe denkwyses rakende die uitdagings wat ons beleef na te dink. Dit is veral belangrik omdat eng denke oor kudde-immuniteit – aangejaag deur die pandemie-koors – maklik die rede is vir dwang vanaf die staat, opstande en onnodige rusies in families. Aschwanden skryf nie oor hierdie redes nie, maar haar bydrae is belangrik, omdat sy op woorde en sinne wys wat kan help om anderkant nougesette opvattings oor kudde-immuniteit te tree. Vrylik vertaal kom dit neer op woordkeuses soos “veiliger” in plaas van “heeltemal veilig” en “tevrede om met uitdagings na ’n normale leefstyl terug te keer”, “endemie” in plaas van “pandemie” (in dieselfde sin as griep-endemie), “vroegtydige en veilige behandeling” in plaas van “voorkoming van oordrag”. Ek wil hierdie alternatiewe wyses van praat om ander redes as Aschwanden ondersteun, maar dit dankbaar gebruik in die voorspraak vir ’n ruimer hantering van die begrip kudde-immuniteit.

Die argumente wat hiervoor aangevoer word, ondersteun dit nie in die eerste plek deur die mediese vakwetenskap nie, maar wel aan die hand van sake waarby selfs die mediese vakwetenskap nie verby kan kom nie. Eintlik bied dit ’n gulde geleentheid om  weer die ou bespreking oor die verwantskap tussen die natuurwetenskappe en die geesteswetenskappe onder oë te kry. Die standpunt hier is dat die een nie sonder die ander kan nie en dat ons die saamspan ook gaan nodig kry as ons omvattend wil nadink en optree in die Covid-uitdaging.

Die argumente wat hier gevoer word bestaan basies uit die volgende oorwegings:

Prof Alwyn Swanepoel is as professor verbonde aan die Fakulteit Teologie van die Afrikaanse Protestantse Akademie (APA). Hy dien tans ook as dekaan van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan dieselfde instelling.

[i] Die WGO stel tans die volgende: “There are currently no efficacy or safety data for children below the age of 12 years. Until such data are available, individuals below 12 years of age should not be routinely vaccinated.” https://www.who.int/news-room/feature-stories/detail/who-can-take-the-pfizer-biontech-COVID-19–vaccine?adgroupsurvey={adgroupsurvey}&gclid=Cj0KCQjw0emHBhC1ARIsAL1QGNeHdJbjC9_QbXkUatphpp0Wbn6V5vtrLXJJuBSA_OrNusGNpinybIQaAtoPEALw_wcB. Dit is verder insiggewend en ’n pluimpie vir die Verenigde Koninkryk, dat hulle tans ook nog diegene van 12-17 uitlaat, met uitsondering van diegene met hoë risiko.

[ii] Aanlyn: https://www.pandata.org/allrisk-zerobenefit/

[iii] VERIFY: Changes to WHO’s definition of herd immunity haven’t been “secret”. Aanlyn: https://www.abc10.com/article/news/verify/verify-changes-who-definition-herd-immunity-not-secret/507-f90c0199-c88e-4c66-8313-b4ae6e2a72ad. Tog reken die WGO steeds net dat dit oneties is om iemand aan ʼn virus bloot te stel. Hierdie stelling kan net verdedig word wanneer die risiko deeglik bepaal is. Vergelyk die konteks by https://www.who.int/news-room/feature-stories/detail/who-can-take-the-pfizer-biontech-covid-19–vaccine?adgroupsurvey={adgroupsurvey}&gclid=Cj0KCQjw0emHBhC1ARIsAL1QGNeHdJbjC9_QbXkUatphpp0Wbn6V5vtrLXJJuBSA_OrNusGNpinybIQaAtoPEALw_wcB

[iv] Vgl.  F. Krammer, The Lancet, Volume 397, uitgawe 10283, P1421-1423, APRIL 17, 2021. Aanlyn: https://www.thelancet.com/journals/lancet/article/PIIS0140-6736(21)00782-0/fulltext?fbclid=IwAR12O9Nl8y8_FEtP6Fra-b8bYmcMNpUZAEjXCsqveWB6PxDeTjBR5gfiDqk

Peter Leithart, 28 Junie 2021. From Sword to Syringe. Aanlyn: https://theopolisinstitute.com/leithart_post/80127/; Vgl. Ook Horowitz: Israeli government data shows natural immunity from infection much stronger than vaccine-induced immunity. Aanlyn: https://www.theblaze.com/op-ed/horowitz-israeli-government-data-shows-natural-immunity-from-infection-much-stronger-than-vaccine-induced-immunity. Marc Girardot, 12 Julie 2021. Aanlyn: Should People Who Have Recovered from COVID Take a Vaccine? Aanlyn: https://thevaccinereaction.org/2021/07/should-people-who-have-recovered-from-covid-take-a-vaccine/

[v] Aanlyn: https://ourworldindata.org/coronavirus-data-explorer

[vi] Christie Aschwanden, 18 Maart 2021: Five reasons why COVID immunity is probably impossible. Aanlyn: https://www.nature.com/articles/d41586-021-00728-2.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

wessel ·

‘n onsamehangde gebrabbel van los sinne en besonder hardlywig.

Deon Johannes ·

Prof, ek vind hierdie sg verslag maar baie lig innie broek. ‘n Verslag moet tog geballanseerd wees en moet berus op betroubare bronne. Enige iemand wat PANDA as ‘n bron gebruik is so goed as ‘n student wat Wikipaedia in ‘n proefskrif as bron gebruik. Dis so ideologies verwronge, ongeballanseerd en subjektief as kan kom. Jy praat van kudde-immuniteit. Daar is egter soveel perspektiewe wat jou sg verslag nie eers vermeld nie. Die grootste hiervan is die mutasie perspektief – die feit dat die virus op mikroskaal muteer met elke oordrag daarvan en dat dit lei tot dominante mutasies en nuwe variante. Hipoteties gesproke: indien dit moontlik sou wees om die hele wereld binne een week na die uitbreek van die virus in te ent, sou geen verdere mutasies kon plaasvind nie en sou die entstof kon slaag om die oorspronklike variant te kon teeweer.
Dit is kwasi-intellektuele oningeligte verslaggies soos hierdie wat die reeds oningeligtes lei om nog meer oningeligte besluite te neem. (vervolg)

Deon Johannes ·

As teoloog sou ek eerder verwag om iets te hoor van naasteliefde en die “doen aan ‘n ander soos jy aan jouself gedoen wil he” perspektief. Maar om mense aan te moedig om nie die entstof so gou as moontlik te neem nie, is om aandadig te wees aan die verspreiding, mutasie en nuwe variante van die virus wat tot die sterfte van talle geliefdes sal lei, te wees. Mag jy en almal wat soos jy dink julle bekeer!

Gert ·

Ek dink nie jy as teoloog verstaan wat die woord bekeer beteken nie. Dit beteken om terug te draai na God. Terug na sy wette en verorderinge. Nie om jou te laat inspuit omdat jy kwansuis vir ander mense omgee nie.

Boerkind ·

So om die anderkant te stel is nou onbekeerd?? As naasteliefde in spel was, was hierdie virus nie hier nie. Ons leef in die eindtyd, Teoloog… die tyd van die groot desepsie en afval van God en dit is waarop jy jou moet toespits en nie eksperimentele stowwe wat “afgedwing” word deur groepsdruk nie. Blessings!

Alwyn ·

Beste Deon, eerste dinge eerste. Ek herinner my dat jy onlangs jou vrou verloor het. My innige simpatie met jou groot verlies. My eie niggie is tans kritiek op ‘n ventilator. Mag jy ons hemelse Vader se troos innig beleef in hierdie tyd.
Deon, ek het nie aanspraak gemaak om op die mediese veld eerste te speel nie. Indien dit hierdie leemte is wat liggewig vir jou veroorsaak, onthou, ek het uitdruklik nie daarvoor in die eerste plek aangemeld nie. Het eerder probeer om aan te toon aan watter oorwegings uit die geesteswetenskappe hierdie besinning ook nie kan ontkom nie. My indruk is dat dit geen gewig vir jou dra nie; daarom dat jy dit as liggewig en kwasi-wetenskaplik kan afmaak. PANDATA se span en hulle kort CV’s lyk my ook nie so liggewig en verwronge as wat jy dit beskou nie. Oor jou opmerking oor die mutasies: Daar is verskil of dit hewiger, maar bes moontlik minder intens gaan word. Lees ook gerus Auschwanden se verwysde artikel oor die komplikasies met jou veronderstelling.

Nici ·

Mutasies vind plaas elke jaar met Influenza. Covid gaan muteer en altyd met ons wees. Helfde van die mense wat onlangs positief getoets het in Israel was ingeent. Jyt nie ‘n goeie argument ivm die prof, jammer.

Dirk Mostert ·

Israel neem die leiding met ‘n derde ent. Die vorige twee was nie doeltreffend nie. Hoeveel nog?

Nici ·

Goed geskryf, so verfrissend om nie die konstante histeria te hoor nie maar eerder intelligente gesprek. In Aus het ons 4 x meer mense dood aan selfmoord (jonger mense) as Covid (ouer mense) en nie te veel word daaroor gese nie. Niemand in Aus onder 30 jaar is dood nie. Risiko en lewensjare wat verlore gaan tel nie veel vir diegene wat in vrees lewe nie. Minder mense is verlede jaar dood in nursing homes van Covid as normaalweg elke jaar van Influenza. ‘n Generasie of so gelede sou mense eerder hul lewens verloor het as hul vryheid maar hierdie generasie sal eerder hul vryheid en arm mense se lewensbestaan verloor uit vrees vir hul eie lewens. Wil voorkom asof baie mense nog nie vrede gemaak het met die idee dat die dood vir ons almal wag nie, vroeer of later… geen uitsondering nie.

Dirk Mostert ·

Die WGO word besit deur ‘n Engels-Amerikaans-Switserse farmaseutiese kartel. Dis verstaanbaar dat hulle die ouderdomsperk vir entings wil verlaag en alternatiewe kure afkraak. Dis nie net die definisie van kudde-immuniteit wat die WGO eensydig verander het nie. Ook die definisie van ‘n pandemie en die standaard vir isolasie van ‘n nuwe virus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.