Moet boere oor grondonteiening onderhandel?

land-landbou-grond-02-deur-carlo-verso-u

Foto: Carlo Verso/Unsplash.com

“Boere onderhandel met die regering oor grondonteiening” skreeu van die koerantopskrifte die afgelope tyd.

Is dit sinvol om met die regering hieroor te onderhandel?

Onderhandeling, ook met die regering, bly belangrik. As jy egter met net ’n vriendelike glimlag en ’n slim plan in jou tas by die onderhandelingstafel opdaag, is jy in die moeilikheid. Landbou-organisasies wat dít alleen as uitgangspunt het, is naïef.

Bedingingskrag

Jy moet iets spesifiek hê waarmee jy kan beding.

Ek was reeds talle kere met die ANC in gesprek en onderhandeling. Ons is altyd vriendelik ontvang en meestal het die ANC-leiers positief op ons voorstelle gereageer – maar moenie dat dit jou mislei nie. Ons het net werklike sukses gehad die kere wat ons iets gehad het waarmee ons kon beding. Nie net vriendelikheid en slim planne nie – dan gebeur daar niks.

Waarmee gaan landbouleiers beding?

Ek kry verskillende antwoorde as ek hierdie vraag aan hulle stel.

Voedselsekerheid

Sommige sê hulle gaan beding met voedselsekerheid.

Voedselsekerheid is ’n belangrike troefkaart wat beslis gebruik moet word. Daarsonder is hongersnood ons voorland.

Neem net in ag wat in Zimbabwe gebeur het. Teen die tyd dat die kosrakke in die winkels leeg was en die effek van geen voedselsekerheid duidelik geword het, was die meeste boere reeds van hul plase verwyder.

Grondwet

Ander landbouleiers sê hulle gaan beding met die Grondwet. Volgens hulle het hulle reeds goeie regsmenings gekry en die beste advokate aangestel.

Die Grondwet het verskeie bruikbare artikels. Leer net ’n les by die Afrikaanse Universiteite. Hulle het die les geleer dat die ANC se politieke mag en die grondwethof se uitsprake jou bruikbare artikels mag troef. Vra die Vrystaatse Universiteit. As dit gebeur, waarop val jy dan terug?

Parlement

Wat van bedinging in die Parlement, word ek gevra.

Ons het al sukses gehad om wetgewing te wysig en te verbeter – maar ook mislukkings.

Eiendomsreg is lankal reeds op ’n glybaan na groter staatsbeheer deurdat die Nasionale Waterwet in 1998 ’n einde gemaak het aan private waterregte en in 2002 is grondeienaars se minerale- en petroleumhulpbronne ook deur wetgewing ontneem en in staatsbesit geplaas.

In hierdie gevalle het die ANC hul getalle-oorwig gebruik om hierdie maatreëls deur die parlement te stoomroller. Dit kan weer gebeur.

Buiteland

Agri SA is reg as hulle sê dat as jy nie langs die onderhandelingstafel sit nie, is jy in jou afwesigheid op die spyskaart. Hulle is egter verkeerd as hulle die hulp van AfriForum, of van die VF Plus of van druk uit die buiteland, afmaak. (Business Times, 2/9/2018, p.8 en Rapport: Weekliks 2/9/2018, p.3)

Ek was verskeie kere in die buiteland waar ek Suid-Afrikaanse boere se situasie onder die aandag van die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie en ander internasionale organisasies soos die Organisasie van Onverteenwoordigde Nasies en Volkere (Unpo) gebring het.

As hierdie besoeke en byvoorbeeld AfriForum se besoeke aan die VSA ’n bydrae gemaak het tot president Trump se twiet, dan was dit die moeite werd.

Hoekom?

Omdat dit nodig is dat die ANC-regering die volle implikasies van ’n besluit oor die onteiening van grond sonder kompensasie besef voordat hulle ingrypende besluite hieroor neem en die Grondwet wysig. Om agterna te kla en dan as martelaar van die regering te speel, gaan nie die skade aan Suid-Afrika se ekonomie herstel nie.

Agoa-wet

Die Amerikaanse Agoa-wet hou baie uitvoervoordele vir Suid-Afrika in. Tussen 2000 en 2014 het die waarde van Suid-Afrikaanse uitvoer na die VSA verdubbel en byna 40% hiervan is aan Agoa te danke, volgens die departement van handel en nywerheid.

Politieke kommentators is verkeerd as hulle ons, wat in die buiteland was daarvoor, verantwoordelik wil hou as die Amerikaanse president Suid-Afrika se Agoa-ooreenkoms opskort. (Beeld 28/8/2018, p.7).

Die Amerikaanse president gaan nie op grond van ons woord alleen die ooreenkoms opskort nie. Die Agoa-wet gaan dit bepaal. Daar is duidelik meetbare vereistes in die Agoa-wet waaraan ’n land moet voldoen om die voordele van Agoa te kan benut. Een van die vereistes, soos in artikel 104 van die wet, is dat die beskerming van private eiendomsreg ’n voorwaarde is.

Die wet bepaal ook dat die Amerikaanse president verplig is om ondersoek in te stel as daar ’n vermoede is dat ’n land nie meer aan al die vereistes van die Agoa-wet voldoen nie. Dit is wat Trump nou doen.

Zimbabwe is van Agoa uitgesluit vanweë sy beleidsbesluite.

Die regering sal ernstig en betyds hiervan moet kennis neem.

Buitelandse druk en die dreigemente rakende Agoa is daarom ’n belangrike verdere bedingingskaart wat ook in die onderhandeling gebruik moet word naas die ander bedingingsargumente hierbo genoem. Om dit te ignoreer – soos sommige landbouleiers wil maak omdat hulle bang is dat dit die regering mag kwaad maak – sal ’n naïewe fout wees.

Voor 1994 het die ANC op ’n suksesvolle manier die Suid-Afrikaanse vraagstuk onder die wêreld se aandag gebring. Dit het gelei tot groot buitelandse druk op die vorige Suid-Afrikaanse regering. Daarom is enige kritiek van die ANC (as soortgelyke metodes gebruik word om nou buitelandse druk op hulle te plaas) skynheilig en dui op dubbele standaarde.

Waaroor onderhandel?

“We are willing to negotiate for our future, but not for our funeral” is ’n bekende onderhandelingsriglyn.

Eerste voorbeeld: Dit is sinvol om te onderhandel oor hoe daar meer swart kommersiële boere met titelaktes op grond gevestig kan word; oor hoe boere as mentors kan optree om te verseker dat hierdie nuwe boere suksesvol is; en oor hoe groter landbousekerheid vir die toekoms verkry kan word. Sukses in hierdie verband sal tot groter stabiliteit lei en mag slaag om so die grondprobleem van die landbousektor se tafel af te kry.

Tweede voorbeeld: Dit is gevaarlik om te onderhandel oor hoe grondonteiening sonder vergoeding geïmplementeer kan word. Daardeur aanvaar jy reeds dat jou grond sonder vergoeding geneem mag word. Jy onderhandel nou net oor wat daarna volg.

Dit sou dieselfde wees as om met die man wat jou motor gesteel het, te probeer onderhandel oor of hy jou huis toe gaan neem omdat jy nie meer ’n ryding het nie en of jy ’n taxi moet neem!

Waardering vir kommersiële landbouers

Dit is nie die eerste keer dat Suid-Afrikaanse landbou in ’n krisis is nie. Daar was reeds talle kere in die verlede droogtes, siektes en hoë pryse. Landbou het telkens in die verlede met unieke oplossings daardeur gekom.

Waarom dan nou skielik van ’n krisis praat?

Omdat hierdie krisis andersoortig is. Dit is nie die gewone landboukrisis van droogtes, pryse of siektes nie.

Ons het te doen met ’n onstabiele regering. Ons het te doen met bedreigde politieke leiers. Ons het te doen met ’n verkiesing wat voor die deur is en met ’n regerende ANC wat bekommerd is dat hulle nie 50%-steun by die stembus mag kry nie.

In hierdie politieke proses word die landbousektor en grond en veral wit landbouers of boere ingesuig, aan die hare ingesleep en van hulle ’n slaansak gemaak om punte aan te teken in politieke gevegte waaroor hulle dikwels min beheer het.

Daar is minder blamering en meer waardering vir ons kommersiële boere nodig wat 95% van alle kos produseer.

Hulle is tans betrokke in ’n baie ernstige debat oor die toekoms van Suid-Afrika. Dit is ’n debat tussen twee breë denkskole; tussen meer sosialisme aan die een kant of meer vryemarkbeginsels vir die toekoms.

In die beste belang van almal in Suid-Afrika mag hierdie geveg nie verloor word nie.

Onderhandelinge en gesprekke oor wen-wen-oplossing is nodig – maar die geveg gaan slegs gewen word met slim en wyse planne, maar ook met genoeg weerstand en druk van binne en van buite. Vriendelikheid alleen is ongelukkig nie genoeg nie.

Onthou Edmund Burke se standpunt: “Al wat nodig is vir die kwade om te wen, is dat mense wat die goeie voorstaan, niks doen nie.”

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Pieter Mulder

Dr Pieter Mulder is ’n voormalige VF Plus-leier, voormalige parlementslid en professor.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Rasper ·

Vrek goed geskryf. Maar, voedsel sekuriteit kan nie gebruik word nie. Want hoekom sê ons net witmense kan boer? Die argument gaan doodloop by rassisme. Die grondwet kan verander word, en demografie wys dat die parlement nie gaan werk nie, want die meerderheid stem tel. Dus is dit net die buiteland. Ons beste wapen is China/Rusland. Afrika is die nuwe prys en die weste is besig om Afrika te verloor. Hoe vinniger ‘n mens die VSA oorreed dat ten minste ‘n afgestigde Kaap, die laaste vorm van westerse regering hier gaan wees, en dus ‘n vriend in Afrika. Maar net indien hulle help. Die VSA soek nie ‘n sterk teenwoordigheid in SA, ekonomies of millitêr, van die Sjinese or Russiese kant nie. Met ‘n swaargewig vennoot, kan die Kaap onafhanklik word. Daar kan dan begin onderhandel word oor hoe om bates, in verskillende vorms, en waardes oor te dra na die provinsie. Ten minste sal die Boere met iets aan die Kaap kom, terwyl die kans nou bestaan dat hulle in die Transvaal met niks gaan sit nie.

Judge Dredd ·

Maar dis mos die Kaapse Afrikaners wat saam met die engelse saam gewerk het om die onafhanklike boere state omver te werp. As hulle maar net die moed gehad het om saam met die boere te staan dan sou ons nie vandag met al die gemors gesit het.

Gerhard ·

Die mense in die Kaap het lank soustrein gery en eers begin kla toe hulle nie meer op die trein was nie. Dit sal die eerste ding wees wat gebeur in ‘n onafhanklike Kaap.

Jan ·

Nee raspet jys verkeerd amerika bluf jou hulle is aan china se kant en deel van die internasionale geldmag.hulle hey nie en sal ook nie vir blankes opstaan nie.die groot kapitaliste in vsa is nie blankes nie jode…

Aan Judge Dredd ·

Die meerderhied Kaapse Afrikaners was goedgesind teenoor die republiekeinse stryd en baie Kaapse Afrikaners het geveg en gesterf vir die onafhanklikheid van die Oranje Vrystaat en ZAR. Ek is siek en sit vir noordelike Afrikaners wat ons Kaapenaars se Afrikanerskap bevraagteken en as handlangers van die Britte beskou.

Anon ·

Miskien moet hulle onderhandel.

Ek maak net n voorstel:

Alle plaase word geryl vir n stuk grond langs die kus wat aan ons mense behoort in form van n “tuisland”.

Die boere kan vir 5-10 Jaar bly help boer terwyl ons mense geld betaal om die tuisland te ontwikkel. Net sodat hulle die voedsel sekkerheid kan volhou voor meer. of erger anergie plaasvind.

Ek weet baie van ons wil nie trek nie omdat ons huise besighede en ander belange het binne Suid Afrika. Maar tenminste kan dit ons redelike tyd gee om die “tuisland”te onwikkel sodat dit werkbaar word. As ons moet trek dan het ons n plek waar ons die meerderheid sal wees en waar ons kultuur en taal bevorder en beskerm gaan word.

Indien dit geonderhandel word sal ons dit saam net die internasionale magte moed doen sodat daar nooit beslag gele kan word op die grond waarvoor ons onderhandel het nie.

Ek glo dit is moontlik as elkeen van ons maar die extra “belasting” betaal.

Weereens dit is net n voorstel. Waarvan baie nie noodwendig gaan saamstem nie en wat baie meer navorsing kort.

Staak saam ·

Jy kan nie onderhandel oor die onteiening van eiendom wat jy nie besit nie…..punt!
As Agri SA na die onderhandelingstafel van die ANC gaan dan doen hulle dit met die aktes wat in hulle peroonlike name is, hulle hande is nie leeg nie.
Is dit nodig om te onderhandel en moet ons?
Nee, beslis nie want dit gee ligemieteit aan hierdie skelm proses en dit skep die elusie dat boere graag hulle grond wil weggee en eens is met die voorstel.

Daar was vir ons nog nooit n wen by die onderhamdelingstafel nie.
Ek boer my hele lewe lank en nie op erfgrond nie, maar grond wat ek na 94 gekoop het. Ek bou al my hele volwasse lewe lank aan n boerdery en geen man gaan my grond weg onderhandel nie.
As my grond onteien word sonder vergoeding dan het ek geen ander keuse as om n bedelaar te word by n robot nie want ek kan net boer, dit is al wat ek ken.
Julle moet verstaan, daar is nie meer tyd om oor te begin nie, ouderdom is nie meer aan die verdering van ons boere gemeenskap se kant nie. Ons gaan baklei want ons weet wat dan vir ons as boere wag, armoede en hongernoot.
Dis nie n dreigement nie, hierdie is n waarskuwing, kom uit daai AC kantore na die boere in die lande en kom luister vir ons, ons wil nie onderhandel nie, ons soek markverwante pryse, niks meer niks minder nie.

Anoniem ·

Daar kan geen onderhandeling plaasvind nie want die Boere het hard gewerk het om die plaas op te bou na waar dit vandag is. Daar is geen manier dat ‘n mens met ‘n kommunistiese regering kan onderhandel nie want hulle het altyd ‘n dubbel agenda. Net EEN vraag waar gaan die boere heen wie se plase onteien gaan word.?

Nie Onderhandelbaar nie ·

Dit is nie onderhandelbaar nie en klaar. Ons sal ingedoen word indien daar ge-onderhandel word. Ek vertrou die regering niks nie – en hoop alle grondeienaars voel dieselfde.

Pt ·

Nee niks onderhandel nie. Versout en brand af, hulle soek mos net die grond, dan kan hulle maar van daar af self probeer opbou.

Koos ·

Neem kennis – hierdie skrywe van Dr. Pieter Mulder praat uit ondervinding van die politiekery met die ANC ervaar oor die jare.

Die wat dit nie besef nie, gaan by verre as verloorders van die onderhandelingstafel wegstap!

Maak die buiteland jou ten volle ingeligte vennoot in hierdie prosesse, bloot omdat daar nog nugter regerings in beheer is en nie populistiese guns versamelaars, soos ons hier plaaslik reeds baie deeglik kennis van geneem het, wat té veel sê het in alles wat in ons land plaasvind.

Staak saam ·

Koos dit wat jy se is waar maar dan weer sonder om in karakters in te klim. Hoe ver het Mulder se party gekrimp terwyl hy aan die hoof gestaan het. Sy hele begrip met onderhandeling het nie veel gehelp nie aangesien sy kiesers vertroue verloor het en weg gestap het.
Het die probleem by die kiesers gele of sy manier van politiek en onderhandelings??

Pieter Mulder ·

Ek is gewoond aan baie kritiek maar dan moet dit feitelik korrek wees. Vandat ek leier vd VF+ geword het, het die party by elke verkiesing bietjie gegroei. Heeltemal te min na my sin maar darem!

Jan ·

Die anc wil nie onderhandel nie en hulee hoef ook nie en hulle sal ook nie..vsa is aan china se kant die groot kapitaliste daar is nie blankes nie maar jode…en hulle voel vere vir die wit ras…

Paul ·

Koos, die liberale Afrikaanse media het hom nie ‘n kans gegee nie, hulle wou ten alle koste die ANC maak werk. Plaas die blaam daar waar dit hoort.

Eish ·

Uitstekende artikel!
“Bottomline” is eenvoudig dat hy wat niks van waarde na die onderhandelingstafel bring nie, gedoem is.
Juis daarom is buitelandse aktivisme van ontsettende belang synde die waarde van die boere se grond en die beskikking daaroor nie meer in hul hande is nie. Dit laat hul dus met geen mag betreffende eiendom nie en slegs hul bekwaamheid as boere, word die enigste troefkaart.
Ek het tog n idee dat die agenda van die meerderheidsregering op dieselfde modus operandi geskoei gaan wees soos wat ons in die skole en universiteite gesien het betreffende Afrikaans se verval.
Agri SA se betrokkenheid by die onderhandelings is myns insiens dié grootste flater wat georganiseerde landbou kan maak. Dan Kriek, die president van die organisasie se siening is pragtig saamgevat in n onderhoud met hom in die Volksblad van 4 Augustus 2018.
Diè houding van Agri SA maak landbou se rug oop om die regering n stewige houvas op landbou te verseker tydens enige onderhandelings.
Wat gaan volg is insypeling totdat hul n meerderheid is, dan totale oorname. Dit, terwyl die megaboere lustig die nuwelingboere afrig tot finale oorname.
Die vyandigheid op elke vlak van die samelewing wat blankes ervaar, gaan gewaarborg oorspoel na landbou. Plaasaanvalle en die regeerders se houding oor die kwessie, bewys dit. Koöperasies met hul lelieblank direksies, maatskappy bestuur en laer vlak bestuur, gaan sommer vinnig in die transformasiedraaikolk ingetrek word.
Tans, lyk dit of die boere stewig op diè pad is via Agri SA.

Gerhard ·

Die een groot probleem is dat niks die ANC gaan keer om grond te herverdeel nie. Onderhandel gaan dit nie nie keer nie, afpers gaan dit nie nie keer nie en daar gaan geen oorlog wees nie. Hulle beplan maar net hulle volgende stap. Terwyl C. Ramaphosa daar is sal dit meer beskaafd gebeur en jy sal dalk iets kry vir jou grond, maar dit gaan nie weggaan nie. Die ding wat baie nie verstaan nie is die nagevolge. Selfs al kry jy markwaarde vir jou grond is dit ‘n een generasie antwoord. Jou nageslagte sal nie toegelaat word om ‘n werk te kry nie of om besigheid te doen nie. Uiteindelik sal jou kinders/kleinkinders verarm al is jy gelukkig genoeg om iets vir jou grond te kry en nog gerieflik te leef.

Therese van Schalkwyk ·

Puik wenke deur dr. Mulder!

Landbou-organisasies moes dadelik aangedring het op buitelandse bemiddeling in hierdie lewensbelangrike kwessie. Die wyd-gerespekteerde historikus, Hermann Giliomee, betreur die afwesigheid daarvan tydens Kodesa en dieselfde fout word m.i. hier gemaak.

Die besluite wat nóú geneem word, moet finaal wees en nie verander kan word telkens wanneer die ANC onder druk is voor verkiesings nie.

Die kommerwekkend dat die regering slegs met sekere organisasies gesels, terwyl ander verdag gemaak word, selfs uit eie geledere.

Koos ·

Staak Saam, om hierdie vraag van jou “Het die probleem by die kiesers gelê of sy manier van politiek en onderhandelings??” te probeer antwoord, die volgende:

Na my mening by beide die kiesers en sy manier van doen.
Redes: Die kiesers wat, maar ewe meedoen aan alles wat enigsins die volkseie (lees minderheid) probeer beskerm en voorhou, verwerp en eerder aan ‘n wenkant ieweres of waar ookal geskaar wil wees, voordat hulle as verloorders soos ‘n seer vinger moet uitstaan.

Tweedens, sonder om in karakters in te klim, daar is nou ‘n nuwe leier wat myns insiens, baie meer aanvaarbaar vir die kiesers in die breë voorkom.

Nogtans, die man se waarskuwing is ‘n realiteit wat groot organisasies heeltemal mis kyk – lees Eish se uiters raak kommentaar om meer hiervan in te sien.

IC du Preez ·

Daar is kommentators en organisasies wat gereeld verwys na “randfigure” en “randorganisasies”. Ek vermoed hulle verwys na Solidariteit en Afriforum. Ek is van mening dat hierdie sg “randentiteite” ‘n baie groot bydrae lewer en nog kan lewer in alle “onderandelinge” met die ANC regering, vir verskeie redes. Hulle is nie naief oor die ANC se planne en mo’s nie. Hulle het baie ondervinding van”onderhandelinge” met onversetlike mense. Hulle is baie minder arrogant oor hulle vermoëns as die sg “nie-randorganisasies en individue”. Die “nie-randorganisasies” laat by my dieselfde hooghartige houding van die broederbond. Hulle is steeds onder die verwaande indruk dat hulle alleen namens al die boere en veral die Afrikaner mag en kan en sal praat. Ek sal verstom wees as die meerderheid professionele boere hulle attitude aanvaarbaar vind. Hulle maak my net so die joos in as die ANC.
Die “rand-organisasies” speel ‘n baie belangrike rol om ewewigtigheid te bewerkstellig en resultate te lewer ten gunste van die nuwe onderdruktes. Enige persoon wat verwys na “randorganisasies”, is in my opinie oa oningelig en moedswillig.
Die ANC het hulle gesante na die Landbouweekblad grondberaad gestuur, sonder ‘n uitnodiging en sonder toestemming. Dit is hulle houding en hulle dink dit is hulle reg om te kom en te gaan waar en soos hulle wil. Totaal onaanvaarbaar. Ek vermoed hulle sou dit nie met die “randorganisasies” gewaag het nie.

Staak saam ·

Pieter met alle respek teenoor jou, jy was nou ongelukkig die een wat hierdie artiekel geskryf het en daarvoor is jy in die spervuur.

Hoe kan julle van ons verwag om ons lewenswerk weg te gaan dobbel by n onderhandelingstafel as al hierdie voorstaanders met al hulle vertroue nie die voorbeeld wil wees en al hulle bates eerste op die spel wil plaas nie.
My plaas is my lewe, mediesefonds, pensioenfonds en my inkomste.
Daar is nie n tafel groot genoeg om al ons boere op een slag te verteenwoordig nie, so ons moet voormanne he om dit namens ons te doen.
Nog nie een van hierdie voormanne het al ooit die voorbeel gestel en die offer betaal wat hulle van ons vra nie.

Is jy die een wat die voorbeeld gaan stel, glo my Dr Mulder, die boere is in n hoek en moeg, ons gesels elke dag onder mekaar en die algemene gevoel is, oor my dooie liggaam.
Doen jouself n guns en kyk hoe word daar amunisie gekoop, is dit vir onderhandeling of ingrawe?

Ek se weer, kom gesels met die boere en nie die mega boere nie, hulle is in die minderheid, die boer van 100 – 600ha, hulle is moeg.

Gerhard ·

Ek dink ky lees verkeerd. Nerens het Dr Mulder gese jy moet iets weggee of weg dobbel nie. Maar aan die anderkant moet jy seker ook bessef as jy mie vir julle se jy gee niks weg nie en het niks om mee te “dreig” nie dan het jy min om mee te werk.

Charles ·

Baie dankie Dr Mulder – uitstekende advies.

Om die internasionale progaganda (regmatiglike) oorlog te wen, meen ek is die sleutel tot sukses, en daarmee het ons baie te danke aan die wonderlike ouens by Afriforum en die VF Plus, hou so aan alstublieft!

Staan vas, uithou, aanhou!

MTSteyn ·

Beste Pieter,

Hoe onderhandel ek oor iets waarvan ek die alleen eienaar is, wettig besit, en eerlik bekom het?

Ek het vroeer hierdie vraag aan jou gevra, maar kan nie jou antwoord onthou nie. Help asb. ‘n ou man met ‘n ‘swak’ geheue.

O my genade! ·

Waaroor moet ek onderhandel? Ek het niks om oor te onderhandel nie.
Ek aan nie ‘n Codesa op my eie grond’pull’ nie. Ons het mos nou mooi gesien wat daar gebeur het. Once bitten twice shy.
Wat myne is is myne – dit het niks met iemand anders te doen nie.
Gaan julle oor julle huise ook later onderhandel of julle besighede? – Dit gaan kom indien die hele gemors nie nou stop gesit word nie.

Andre ·

Al waarvoor grond vir onderhandeling gebruik moet word is vir selfbeskikking.

John ·

Die grondhervormingsdebat vandag in die parlement was ‘n tragikomedie in sy ergste vorm. Eintlik moet mens dit siek noem.

Wim ·

Ek dink jul negatiewes hier bo en daardie wat nie kan begryp wat Dr Mulder gesê het nie, moet gaan boer, of as julle reeds ‘n plaas het, verander die gewas, maak dit ‘n daggaplaas, dan sal julle kop dalk van die wol uitgerook raak.

Henry ·

Sjoe!!!
Ek hoop van harte dat u steeds deel van onderhandelinge en gesprekke sal wees wanneer dit oor oor die beskerming en/of bevordering van ons minderhede se belange handel. U insigte en ervaring is nou broodnodig, om dit sagkens te stel.

Ek is sooo bly dat u ook soveel gewig verleen aan die beïnvloeding en op-hoogte-hou van buitelandse regerings. Sou graag ook wou sien dat die multi-nasionale maatskappye wat biljoene hier belê en groot werkverskaffers is soos die motor vervaardigers, ook by hierdie aksies ingesluit word.

Daar is weinig twyfel dat u verbintenis/betrokkenheid met Afriforum tot groot voordeel van ons almal kan strek. Hoe harder en hoe meer die teenstanders teem, raas en blaas oor Afriforum se bedrywighede en suksesse, hoe blyer mag ons lede voel dat ons organisasie die kol tref!!!

IC DU PREEZ ·

Die regering en privaat sektor moet saam besin hoe besighede, wat landbou insluit, kan uitbrei om produksie te stimuleer en werk te skep. SA se grootste nood is werkloosheid wat allerlei sosiale probleme veroorsaak. Die ANC regering moet afsien van populistiese uitsprake, die werklike nood raaksien en erken en daadwerklik werk maak daarvan.

CG ·

Dr. Mulder. Dankie dat u steeds u ervaring en insig inspan om ons saak te bevorder. Dit lyk my die kern is “dwang”. Die ander kant moet tydens onderhandelinge gedwing word om jou standpunt te aanvaar, op grond van jou mag. Ek is bevrees ons het nie baie mag nie. Iets wat egter onderskat word en verskriklik versigtig as magshefboom gebruik moet word, is geweld. Anders as in Zimbabwe, gaan daar ‘n paar boere wees wat hulle eiendom met hulle lewe gaan verdedig. (En moontlik die hoogste prys daarvoor betaal). Hierdie bloedvergieting gaan ‘n internasionale kwessie word en saam met die beginsel van privaat eiendomsreg die redes vir internasionale druk wees. Ons moet egter baie vesigtig praat oor geweld, want die EFF en andere wil baie graag geweld en anargie sien. Ons moet die realiteit uitwys, sonder om te dreig.
Ek is baie bly dat Dr. Groenewald al hieroor in die parlement gepraat het. Ons land is op ‘n mespunt. Soos die ou Hollanders gesê het (Afrikaanse weergawe): “Glo in God en hou jou kruit droog”.

Jerry ·

Diegene met bewerkte plase het bedingingskrag en kan onderhandel tot eie voordeel en tot voordeel van opkomende boere. Laat jou lei deur die leef en laat leef, beginsel! Versoenende optrede bring bevryding!

Bertus ·

Betreffende die Wes Kaap, sê Helen Zille nou die dag in Augustus, daar is genoeg grond in die regering se besit, dit is nie nodig om die ekonomie op sy rug om te keer en grond te onteien nie.

Christo Conradie ·

Konsentrasie is ons enigste kans op oorlewing. Ons yl demografiese verspreiding maak dit onmoontlik om fisies of polities n mag te vorm. TREK SAL ONS WEER MOET TREK, HIERDIE KEER NIE UITMEKAAR, MAAR NÁ MEKAAR!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.