Oor verwysings na God as vroulik

Deur prof. Alwyn Swanepoel

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Die onlangse gebeure in Stellenbosch met die legitimasie van studente waar na God Drie-enig verwys is as die Een wat “haar verbond bevestig, … of Hom, hoe jy dit ook al sien”, is tans sterk onder bespreking. Die vraag oor die implikasies van verwysings na God as vroulik, het weer opgevlam. By alle verleentheid, bied dit ook ’n besondere geleentheid om na te gaan waarom soveel mense deesdae telkens in dieselfde soort slaggate beland. Die goeie nuus is dat die Bybel en teologie steeds in ons geslag vernuwend met mense kan werk. Maar dan moet ons leer om nie ons Bybel en tradisie vir ’n pot lensiesop te verruil nie.

Heerlike teologie

My pa het ons altyd vertel van ’n oom wat vir hulle geleer het: “Om mens te wees, is lekker, maar dan moet jy ’n lekker mens wees.” Oorgedra na geloofsvrae kan ons stel: Om teologie te beoefen is heerlik, maar dan moet jy leer om ’n heerlike beoefenaar van die teologie te wees.

Dit is ook nie so moeilik nie. Ons hoef eenvoudig soos kinders te wees wat luister en gehoorsaam wat hul Vader, let wel, in en deur Christus en sy kerk duidelik gemaak het. Daar is ’n sin waarin elke gelowige ’n miniteoloog is, want teologie gaan daaroor om God en sy Woord te ken en met jou lewe in verband te bring. Dikwels gaan nie-amptelike teoloë die amptelike teoloë voor in egte teologie. Die ou krom tannie wie se oë blink en wat vir die dominee met lewende geloofsoë in haar beproewing sê: “Dit gaan goed, dominee, want die Here leef en Satan beef”, is dalk ’n beter teoloog as die dominee wat al referate oor die soewereiniteit van God uitgewerk het.

Bewus van hierdie werklikheid, wil ek tog waag om my mede-miniteoloë te wys op ’n aantal bakens wat help om die saak oor verwysings na God as vroulik te hanteer. En laat my toe om my gelowige leser se goeie gesindheid te verseker: Ons behoort inderdaad ’n hekel te hê aan teoloë wat uit die hoogte vir gelowige mense wil vertel hoe eenvoudig hulle is om nie die kompleksiteit van teologiese sake beter te begryp nie.

Metode en aptytwekkers

Wanneer ons die saak oor verwysings na God as vroulik moet hanteer, is daar ten minste drie sake wat aandag moet kry. (1) Ons sal deur die Skrif moet nagaan hoe daar oor God gepraat word en spesifiek hoe Hy aangeroep word. Ons sal hiermee ook opnuut moet vra wat die gesag van die Skrif beteken en hoe ons dit in breë trekke behoort te hanteer; (2) Ons sal voorts moet nagaan hoe die saak of verwante sake in die geskiedenis van die kerk hanteer is. Die vraag wat natuurlik hiermee saam hanteer moet word, is hoe ons met die geskiedenis van die kerk se worstelinge en interpretasie omgaan; en (3) daarna sal ons moet vra hoe ons vandag op die skouers van hulle wat ons voorgegaan het, getroue kinders van God kan wees wat in ons eie tyd waardig in die roeping kan wandel. Hiermee saam sal die gees van die tyd en die tipiese winde wat vandag waai, in ag geneem moet word. Dit sal ons by ’n gevolgtrekking bring.

Dit kan wel belangrik wees om hier reeds inleidende aptytwekkers te gee en nie soos pure postmoderniste die antwoord oneindig uit te stel nie. Hier kan daarom reeds opgemerk word dat dit een ding is om heel geregverdig vroulike eienskappe ook met God in verband te bring deur vergelykings, aangesien beide man en vrou na die beeld van God geskape is.

Dit is egter ’n ander saak – en dit is waar die weë skei – om na God as vroulik te verwys en veral om Hom, let wel, so aan te spreek. Dit is eintlik ook reeds ’n verlore stryd vir dié wat dit wil teengaan, aangesien dit net te diep by die deursnee-Christen ingegraveer is wat tereg geleer het om die Onse Vader te bid. Al wat eintlik oorbly vir diegene wat daarvan hou om te hoes teen die donderslae van die Woordopenbaring, is om met een of ander vorm van suspisie te werk: Is dit werklik so dat God dit sê, of het ons in die Bybel maar net te doen met woorde oor Hom in ’n patriargale kultuur?

Kortom, is die Bybel Woord van God of net woorde oor God in ’n ander tyd wat ons vir ons tyd moet “herinterpreteer”?

Die hermeneutiek van suspisie hou van laasgenoemde antwoord, maar dit is eintlik nie iets nuuts nie. Die slang in die paradys het reeds suspisie oor God se Woord begin saai en die afgelope eeu het ons meer as genoeg van twyfelkunde in teologiese en filosofiese departemente gehad. Die gevolg is dat te veel mense uit die volk, soos in die tyd van Elia, maar net een antwoord kan gee toe hy hulle vra waarom hulle op twee gedagtes hink (vgl. 1 Kon. 18:21). Die volk het stilgebly, want inderdaad het hulle nie meer geweet nie. Daar is egter wel wonderlike maniere om tot helderheid te kom. Die bekende skrywer en Christelike apologeet C.S. Lewis, het by geleentheid deur een van sy karakters in ’n verhaal daarop gewys dat daar skynbaar ’n dosyn sienings oor enigiets is. Dit is, totdat jy die antwoord ken; dan is daar nooit meer as een nie.[1]

Suspisieus oor suspisie

Daarom moet ons eenvoudig suspisieus wees teenoor die kampioene van suspisie. As hulle daarin uitmunt om te vra wat die storie agter die storie is, ook van die Vadernaam, en twyfel-twyfel alles op losse skroewe stel behalwe hul eie twyfel, wel, dan sal ons die gunsie terugkaats. Ons sal suspisieus wees oor hul suspisie en ook vra wat die storie agter hul storie is. Ons sal die geneesheer met sy of haar eie medisyne hanteer – ons sal die dekonstruksioniste dekonstrueer. En ons sal verder moet gaan en suspisie eerder met dankbaarheid vervang.

Waarom? Omdat ons die openbaring van God, in natuur en skriftuur, werklik as verdiepende misterie ontvang. Dit het skynbaar mode geword om openbaring en misterie teenoor mekaar op te stel. Maar wat gebeur wanneer ons vind dat die openbaring van God nie die misterie wegneem nie, maar tegelykertyd lig bring asook die misterie verder verdiep? Die antwoord: Dan het jy ’n leeftyd van avontuur en ontdekking in verdiepende misterie wat voorlê.

Dit geld ook met betrekking tot openbaring van die Vadernaam. Dit is maar een saak wat die herontdekking van die openbaring van God in die natuur en die skriftuur vir ons inhou. Dit het werklik die potensiaal om ons geslag te vernuwe in die geheimenis van eeue oue woorde wat oopbreek om ons op wonderlike avonture te neem waar die openbaring van God net verdere verwondering bring. Daarvoor het ons klassieke teologie nodig en nie korrelasieteologie wat met byderwets gekleurde brille dink dat dit alreeds die gehalte van die bril waarborg nie.

Hierop sal daar in volgende aflewerings verder ingegaan word met die werkswyse wat hierbo uiteengesit is.

  • Hierdie is ‘n verkorte weergawe van die oorspronklike artikel. Lees gerus die volledige artikel op die AP Kerk se webtuiste. 

[1] C.S. Lewis, That Hideous Strength.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Dries ·

Dit is regtig twak om te beweer dat ons dierbare Vader nou n Moeder is

MakersMark ·

Presies, as ons kan kies om God as manlik of vroulik aan te spreek ten spyte van die duidelikheid in Sy woord kan ons mos ons geslagte “kies” maw man is nie meer man nie en vrou nie meer vrou nie. Gruwelik, en duidelik is die debat ontketen om die LBGTQIA agenda in die kerk te bevorder. Alles onder die dekmantel van “God sal ons lei om dit te ontdek” en ons te verander. Die woord sê duidelik HY is, was, en sal wees. Sy woord en dade is standvastig en bly vir ewig staan. Ten spyte van aanvalle uit die hel.

MakersMark ·

Voor mens te diep in new age teologiese retoriek opvang word vra die vraag of daar enige plek in die Heilige Woord is waar daar na “God die Moeder” verwys word of na God as “Sy”. Word daar gepraat van Jesus die “Dogter van God” ? Toe Jesus in Getsemane gebid het het Hy gesê ” My Vader as dit U wil is laat hierdie beker by My verbygaan” of het Hy na “My Moeder” verwys ? So net so lekker as dit is om teologie te bespreek so irriterend is dit wanneer iemand wat veronderstel is om die Bybel te ken die tipe snert probeer kwytraak. Watse “openbaring van die Vadernaam” is verder nodig ? Of is my oudmodiese bril nie reenboog gekleurd genoeg vir die moderne kerk wat so daarvan hou om die duidelike bybelse leer oor die mens se geslag soos God ons geskape het, man en vrou, maar nou ook oor God se “geslag” soos Hy aangespreek word in die Bybel te probeer verander na wat ons goed dink om ons “moderne” denkwyse te pas nie. Laat my dink die kerk maak meer en meer ruimte vir die LBGTQIA denkwyses.

Blikke ·

En so moet julle dan bid: Onse VADER wat in die Hemel is………

Fluisterwind ·

Baie dankie Prof Alwyn, dat jy erkening gee aan die amp van gelowiges. Ons ou gewone mensies wat Sondag na Sondag die ontmoeting met God as die hoogste gebeurtenis in ons lewens stel. Ons sien uit na die ontrafeling van DIE WAARHEID. Mag ek ook net byvoeg soos wat ek van u mede kollega, Prof Gerrit Smit gister klink klaar gehoor het; “Ek moet deur die Woord van God verander word, nie , die Woord van God deur my verander word nie!” Ek is die sondaar, en God die Heilige, en die hedendaagse wêreldbeskouing wat so graag die ou mens darem net ‘n bietjie wil regverdig met sy skeefgetrekte vaderlose gesinne, moenie dit op God se Woord wil projekteer nie! Dankie vir ‘n uitstekende artikel en wat daarop volg.

Petrus Albertus ·

Inderdaad onsin dat daar vir gelowiges wysgemaak word dat hulle nie sonder die hulp van hooggeleerde teoloë die Bybel kan lees of verstaan nie. Immers sê Christus self in Matteus 11:25 “Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het.” Die teoloë moet ophou om wêreldse ideologieë aan te hang eerder as om die evangelie te verkondig – anders sal hulle nie aan die Meester kan rekenskap gee oor wat hulle gedoen het met wat aan hulle toevertrou was, wanneer Hy weer kom nie.

Andries ·

In plaas daarvan dat leuenbagasie van Rome verwyder word, word daar aan die Bybelse Waarheid getorring.

Kiewiet ·

Hierdie is n tipiese vb van Rene Gerard se teorie oor scape goat wat Hitler gebruik het om die wereld amper te oorwin

. Dit is belangrik dat ons onsself in twyfel trek as ons op hierdie foutiewe aannames vertrou, nie net vanweë die slegte diens wat hulle vir onsself doen nie, maar ook, , vir die skade wat hulle aan ander berokken. Om ander te demoniseer is ‘n opsetlike teen gaan teen Jesus se gebod van Liefde
Dit beteken nie ons kan nie foute uitwys nie maar dit beteken , om mede Christene die voordeel van die twyfel te gee en hulle geloofs beleidenis volledig te lees en dan n ingeligde besluit te neem wat eendag voor God verantwoordbaar is

Kiewiet ·

As ons kyk na klasieke teism : God is Gees Hy is nie gekoppel aan geslag ,ons doen dit om Hom beter te verstaan in die ontoereikbaarheid van taal . .Dit gese femenistiese teologie val effe plat om Hom Haar tenoem want dit maak God die God van pantiism !!
Net n inhaling uit die leen bagasse van Rome ( wat nie eers in die geveg is !!!No234 The mystery of the Most Holy Trinity is the central mystery of Christian faith and life. It is the mystery of God in himself. It is therefore the source of all the other mysteries of faith, the light that enlightens them. It is the most fundamental and essential teaching in the “hierarchy of the truths of faith”.56 The whole history of salvation is identical with the history of the way and the means by which the one true God, Father, Son and Holy Spirit, reveals himself to men “and reconciles and unites with himself those who turn away from sin”.57

Elize ·

Dit is hoekom die Bybel kort-kort verander word. Om by hierdie hoogs heiliges se sienswyses te pas. Hulle skryf die grootste snert elke keer as ‘n “nuwe vertaling” die lig sien. Nou wil hulle kom verkondig dat God ook ‘n vrou is – watter groot verrrassing wag aan die anderkant vir hierdie selfgesentreerde idiotiese klomp! God – my Vader wat in die Hemel is

OW ·

Die Bybel word nie kort- kort verander nie.Nuwe vertalings word gedoen omdat taal groei.Daar is ou woorde wat vervang word met beter beskrywende woorde,bv lankmoedigheid is vervang met geduld.Goedertierenheid is vervang met liefde of trou.So is daar talle voorbeelde.Daar word nie beweer dat God nou ook ‘n vrou is nie.God word meestal manlik voorgestel in die Bybel.Daar word ook egter sterk vroulike beelde van Hom gebruik.Hy word dikwels vergelyk met ‘n ma in haar verhouding met haar kind,en ook met die sorg van ‘n vrou vir haar gesin.(Num11:12;Deut 32:18;Jes 49:15;66:13;Hos11:3).Dit wat God,God maak,soos sy liefde,genade,geregtigheid,heiligheid,oordeel,
kan net sowel deur ‘n vrou openbaar word.

MakersMark ·

Die eienskappe wat jy van praat kan net sowel deur ‘n man ten toon gestel word maar niemand vra of die man dalk ‘n vrou kan wees nie. God dui duidelik in Sy woord aan dat Hy die Vader is, ‘n manlike figuur en dat Hy so aangespreek wil word. Wat gee mense die reg om Hom te bevraagteken oor hoe Hy aangespreek wil word op die basis dat Hy sekere eienskappe ten toon stel wat in elk geval deur albei mans en vrouens op aarde ten toon gestel word ? Dis ongelukkig verskuilde agendas deur mense bedink om weereens die gay onderwerp en aanvaarding van die LGBTQI te promoveer.

OW ·

Die openbaring van God en die aanspreek van God is twee verskillende aangeleenthede.God word aangespreek as ons Vader,wat manlik is.Ek stem 100 % saam.God kan hom aan ons openbaar deur ‘n man en net sowel deur ‘n vrou.

Chris ·

Ek dink die NG Kerk beweeg al hoe meer op dunner eis. Ek is ‘n lidmaat van die kerk sedert oorerwing van ouerskant. Die NGKerk was al die jare in die spervuur oor verskeie redes. Het die bestuur/skrifgeleerdes van die Kerk teen die tyd nie al geleer uit die foute van die verlede nie. Apartheid was geregverdig. Die Kerk word nog steeds daaroor verguis. Ek voorsien dat een van die dae dat God as ‘n gay/lesbiër/transeksuele wese gebrandmerk word. Ek het gelukkig nie die Bybelstryd om te vra wie en wat God is nie. Ek hoef Hom nie te bemark/verkoop aan mense nie. Aan jou dade gaan jy geken word. Ek is bevry. Ek is in die wêreld, maar nie van die wêreld nie.

MakersMark ·

Goed gesê want as ons God se duidelike indikasie oor hoe Hy aangespreek wil word kan verander om ons new world order agenda te pas en Hom te brandmerk as ‘n gay/Lesbiese/transeksuele “Gees” dan kan ons mos soveel makliker ons eie seksualiteit kies ten spyte van die duidelike geslagte wat God man en vrou geskape het. Mens word dan die skepper van sy eie afgod, en van sy eie seksualiteit in 100% teenstandig van wat die Woord oor duidelik is. Gruwelike dwaal leringe deur die dwaalprofete ipv om die reddingsboodskap uit te dra hou die Kerk hom besig met sulke snert. Hoeveel mense hoor die reddings evangelie deur die tipe spekulasie van die kerk en hoeveel word op ‘n dwaalspoor gelei ? As ek die kerk en skrif hoogeleerdes is wat die tipe dwaal leringe verkondig sou ek myself skaam julle is veronderstel om van beter te weet.

Anoniem ·

Dan vra sommiges nog hoekom die kerke leegloop? Ek doen eerder my eie ding en laat die kerk met hulle kettery en politieke speletjies aangaan. Ek is al lankal klaar met die kerk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.