Trump het steeds billike kans om herkies te word

Pres. Donald Trump praat Donderdag by die inligtingsessie in Washington. (Foto: Alex Brandon, AP)

Vier maande gelede was die werkloosheidskoers in die VSA die laagste in dekades met sowat nege jaar se ononderbroke ekonomiese groei en werkskepping. Die VSA se soldate was besig om stelselmatig uit die Midde-Ooste terug te keer en, behalwe vir ’n woordewisseling met Iran, was Amerika nie juis by groot internasionale geskille betrokke nie. Die handelsoorlog wat Donald Trump tussen die VSA en China ontketen het, is deur baie as ’n noodsaaklike krisis wat tot ’n meer gelyke speelveld sou lei, beskou.

Teen die begin van Junie, vier maande ná die uitbreek van die koronapandemie, het tussen 20 en 30 miljoen Amerikaners hul werk verloor. Meer as 100 000 Amerikaners is weens Covid-19 oorlede en meer as 2 miljoen het reeds die siekte opgedoen. Groot opstande het in stede oor die hele VSA uitgebreek – enorme skade is aan sakeondernemings en geboue aangerig, en polisielede, sakelui en gewone omstanders is in betogings wat gewelddadig uitgedraai het, oorlede. Intussen versleg die verhouding tussen die VSA en China verder en het Amerika selfs onlangs uit die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) onttrek.

In Januarie en Februarie vanjaar het president Trump in peilings die steun van tussen 42% en 45% van Amerikaanse kiesers geniet. Vandag, ’n paar maande en heelwat krisisse later, staan Trump steeds op tussen 42% en 45% steun in die meeste peilings. Ten spyte van die hoogste werkloosheidskoers in meer as 80 jaar, ernstige onrus en geweld wat tot die grootste verdeeldheid sedert die burgerregte-opstande in die laat 1960’s gelei het, asook ’n ernstige pandemie wat baie mense siek maak, bly president Trump se steun redelik stabiel.

In ’n peiling wat Sondag deur die grootste koerant in die VSA, The Wall Street Journal, bekendgestel is, sê 80% van Amerikaners dat dit vir hulle voel asof dinge in hul land buite beheer begin raak. ’n Mens sou verwag dat die huidige krisisse en hierdie soort van skokkende peilings ’n doodskoot vir president Trump se kanse om in November tot ’n tweede termyn herkies te word, sal wees. Dit is egter nie so nie.

Meer as drie jaar nadat Trump die mees onkonvensionele Amerikaanse president van alle tye geword het, is die meeste Amerikaners gewoond aan sy tirades op sosiale media soos Twitter, sy chaotiese bestuurstyl en sy vermoë om te sê wat hy dink en te doen wat hy wil doen en nie wat raadgewers hom voorskryf of ander mense wil hê hy moet doen nie.

In dieselfde peiling deur The Wall Street Journal sê 48% van kiesers dat Trump die beste kandidaat is om Amerikaners terug by die werk te kry en dus werkloosheid laer te kry. Slegs 35% dink dat sy opponent, Joe Biden, hiermee beter sal wees.

In dieselfde peiling gee 96% van alle selferkende ondersteuners van die Republikeinse Party hul steun aan Trump. Dit is die beste steun wat enige sittende president sedert daar met peilings begin is, vyf maande voor ’n verkiesing onder ondersteuners van sy eie party gehad het.

Die vraag wat nog beantwoord moet word, is wie gaan in November stem en wat gaan die belangrikste vraagstukke wees? Indien Republikeine in groot getalle op 3 November gaan stem, en soos in 2016 minder Demokrate en ongeaffilieerde kiesers by die stembus opdaag, kan Trump, al is hy agter in die peilings, steeds die verkiesing wen. Indien ’n meerderheid van kiesers ekonomiese groei en werkskepping as die belangrikste kwessie wat hul keuse sal help bepaal, beskou, dan behoort Trump, ten spyte van al sy foute, herkies te word.

  • Hierdie nuuskommentaar is deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

chrismar ·

Ek glo dat die mense regdeur die media sien wat probeer om die publiek se menings te vorm of te manipuleer.In hierdie artikel word net so ‘n klein stekie ingekry om hom byv voor te hou as iemand met ‘n “chaotiese” bestuurstyl.Mense onthou hom juis vir sy bestuurstyl in sy TV program waar hy bekendheid verwerf het met “You are fired!”‘n Besliste en direkte bestuurstyl.Jy is of in of jy is uit!
Omdat hy nie soos die gewone politikus liegstories verkondig nie,maar direk probleme aanspreek
is hy nou kwansuis “chaoties??”

Helgard ·

Op die liewe aarde beweer skrywer dat Trump nie liegstories versprei! Kan jy glo. Dit is juis wat hy versprei, bewese liegstories.

JUAN ·

Dries – Alle politikusse lieg. Die punt het ongelukkig oor jou kop gegaan. Die punt was dat Trump gewoonlik iets reguit aanspreek on soos die gewoonte van politikusse om iets met ‘n ompad te probeer doen.

Human ·

Don Tantrum Trump, Sjina, Rusland en Noord-Korea se “useful idiot,” hulle moet hulself gate uitgeniet, dat die magtigste nasie op aarde, deur so ‘n onbekame liegbek beheer word.

JM ·

Donald Trump is ‘n onverskrokke Christen. Leuens is NIE een van sy kenmerke nie.

Michael 1 ·

Mnr jy moet jou huiswerk gaan doen oor die ware feite van pres Trump, jou verwysing klink of jy verwys na die sa president .

Dewald ·

Jou persoonlike aanvalle teen President Trump sê meer van jou as van hom.

Die waarheid is die Demokratiese party het net eenvoudig niemand in hul geledere wat met Trump kan meeding nie. Hulle het hulle-self ontbloot as ‘n party van konkelaars, leuenaars en kinder-agtige emosionele kinders wat in die politiek is om geld te maak en nie regtig vir die VSA omgee nie. Soos dit nou staan, sou Trump vir 20 jaar president bly as die stelsel dit sou toelaat.

Human ·

Dit klink net soos ‘n opsomming van Don Tantrum Trump. Vanaf wanneer is die waarheid persoonlike aanvalle? Moet jou nie blind staar teen jou afgod se narsistiese onbekwaamheid.

Henk ·

Foeitog Human , kyk bietjie iets anders as CNN , MSNBC , BBC , ABC en die res van die alfabet .

Adriaan ·

Die media probeer hul bes om Pres Trump sleg te laat lyk. Maar instede daarvan dat dit mense teen hom draai, laat dit mense se oë oopgaan. Mense raak toenemend bewus dat die media nie meer nuus onpartydig rapporteer nie maar onwaarhede en kwalik bedekte propeganda opdis as “nuus”.

Helgard ·

Dis reg daar is baie vals nuusberigte. Maar net dit van Trump se kant is die waarheid. Onsin. Ons almal glo maar wat ons wil glo.

PieterP ·

Een van of die enigste politikus wat nie bang is om dit sê soos dit is nie. Hy vat niemand se tjol nie.

Michael 1 ·

Natuurlik gaan hy weer wen want hy is die beste leier in die wêreld soos ons die swakste leier in die wereld het.

Fedup ·

Apart from the fact that muppet look and sound stupid, he isn’t.
The virus is not his fault and neither the unemployment rate.
Anyhoo, i like that he say things straight forward, no diddling.
I actually wish he will be elected again as president for the usa.

Therese ·

“… Trump, die mees onkonvensionele Amerikaanse president van alle tye … ”

Dít is wat Jaco Kleynhans laat uittroon bo die meningsvormers (meningsmanipuleerders) van ander Afrikaanse koerante, asook die wêreldmedia.
Groot waardering hiervoor, want die meerderheid sal nooit die kloutjie by die oor bring nie.

Human ·

Siestog! Nou is Don Tantrum Trump se juig kommando, weer baie hartseer oor hul afgod, se voete van klei.

Henk ·

Ons kry jou jammer , jy hoef jou nie te bekommer oor ons nie !

Bloedhond ·

Geen SA president kan ooit vergelyk word met Trump nie. Die man is bevoeg, uiters geletterd, doelgerig en ‘n ware leier. Hy het my steun 100%

Elize ·

Ek stem ook 100% vir hom. Ek kan nie glo dat SA ‘n president het nie, dog dit is net ‘n meeloper

Michael 1 ·

Dit sou vir my n eer wees om vir so n bevoegde President te kan stem.

Kattebol ·

Trump is die enigste president wat hulle ekonomie kan regkry na corona. Ek hou van sy styl, hy gee om vir wat belangrik is en ignoreer die res.

Adam Adriaan ·

Pres Trump staan loodreg in die pad en pogings van die Global Elite. Die spul wat ‘n vinger in die pie het van alle regerings in die wêreld. Die leuenaars se leiers

JUAN ·

Hy gaan 10 teen 1 wen. Die ver-linkses gaan weer in hul sprokies wêreld leef en glo dat hulle gaan wen met al die ver-linkse propaganda wat hulle kyk. Met die verkiesing gaan die realiteit hulle weer in die gesig slaan en dan gaan hulle weer huil en sukkel om te verstaan hoekom hulle verkeerd was en dan gaan hulle net weer verder in hul sprokies wêreld leef waar hulle net ver-linkse propaganda in neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.