Tyd om te trek of tyd om te bou?

lego-skare-mense-bevolking

Foto: Pixabay.com

Die afgelope paar maande het Afrikaners goeie rede gehad om mismoedig te wees. Veral die voorgestelde wysiging van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak is nie juis rede tot positiewe denke nie.

’n Paar maande gelede terwyl ons in die program Klankkoerant verslag doen oor die betogings by die Hoërskool Overvaal, stuur ’n luisteraar ’n SMS en vra of Afrikaanse skole nog bestaansreg het. Sy wys toe daarop dat haar kinders jare gelede na Australië geëmigreer het en dat haar kleinkinders, wat sy nog net een keer sedertdien gesien het, in elk geval slegs Engels verstaan.

Dit is maklik om daardie persepsie te ontwikkel en negatief en moedeloos te word oor Afrikaners se toekoms. Dit is maklik om die indruk te ontwikkel dat ons ’n weglaatbare klein deel van die bevolking geword het wat geen aanspraak het op skole, universiteite en ander instellings nie. Dit is maklik om te begin glo dat ons eintlik maar kan emigreer aangesien ons toekoms hier aan die suidpunt van Afrika ’n vervaldatum het.

Die bevindinge van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se studie wat die afgelope week bekendgemaak is, skets egter ’n heel ander prentjie. Die SNI reken daar sal oor 13 jaar meer as sewe miljoen Afrikaanssprekendes wees – 270 000 meer as wat daar tydens die 2011-sensus was.

In dié verslag is ook bevind dat die getal Afrikaners wat permanent na die buiteland emigreer, kleiner is as wat vermoed is en dat daar ook ’n terugkeer van Afrikaners uit die buiteland is.

Die hoof van SNI, Connie Mulder, sê hulle het opgemerk dat daar tans meer wit Afrikaanssprekende dertigjariges is as wat daar tien jaar gelede twintigjariges was. Volgens Connie kan dit aan drie redes toegeskryf word:

  1. Meer witmense word Afrikaans;
  2. Meer Afrikaanse mense word wit; of
  3. Afrikaanssprekende mense kom van elders na Suid-Afrika.

Van die drie moontlikhede is opsie drie die een wat die feite die beste verduidelik.

Vir lank is dit as byna as vanselfsprekend aanvaar dat Afrikaanssprekendes se getalle aan die kwyn is. Nie net weens emigrasie nie, maar ook omdat gesinne al kleiner geword het. Alhoewel dit so is dat die getal geboortes van wit Afrikaanssprekendes ná 1994 begin afneem het, was daar voor die 2011-sensus reeds ’n styging in geboortes. En dit blyk dat die tendens (’n babaploffing soos Mulder dit beskryf) steeds voortduur.

Die politieke bedreigings wat Afrikaanssprekendes in die gesig staar, maak nie van ons ’n bedreigde spesie nie. Ons is nie besig om stelselmatig te verminder tot ons almal weggekwyn het nie. Ons is ’n beduidende deel van die Suid-Afrikaanse bevolking en ons sal ’n gerekende rolspeler bly. Ons skuld die kinders wat vandag in die kleuterskool se sandput speel, ’n Afrikaanse skool, ’n Afrikaanse universiteit en ’n Afrikaanse toekoms.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: James Kemp

James is die hoofredakteur van Klankkoerant, ʼn nuus en aktualiteitsprogram wat ook op Pretoria FM uitgesaai word.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Gerhard ·

Daar is natuurlik nog ‘n moontlike rede waarom dit lyk asof Afrikaners meer word. Dit is dat die wat sensus data opneem en verwerk net so bevoeg (onbevoeg) is as die in die res van die regering. Ook is dit die mees waarskynlike rede. Ek kry die indruk mense in Afrikaner organisasies is behep met emigrante en dink hulle kan mense ompraat om nie te emigreer nie, glo my jy kan nie. Al wat sal werk is om ‘n ware alternatief daar te stel. Eie instelling is net nie meer goed genoeg nie, veral as jy weet die Kaders gaan jou grond vat en jy weet hulle gaan Afrikaanse opleiding stop sit. Brawe uitsprake gaan ook niks verander nie.

Gerhard ·

Suid-Afrika het ook in 2008 besluit om nie die vakansie werk visa ooreenkoms met die Britte te hernu nie, hoeveel mense het dit terug besorg in SA?

Verstaan nie ·

Ek verstaan nie punt 2 nie:
Meer Afrikaanse mense word wit……….hoe nou?

Kalahari Kind ·

Dit is wanneer ‘n persoon kies om as wit geklassifiseer te word in die sensus, maar dalk voorheen (miskien oor ouers van verskillende etnisiteit) as swart of indier byvoorbeeld geklassifiseer was.

Charles ·

Baie dankie, wonderlike nuus so aan die begin v/d naweek.

Gerhard Vermeulen ·

2 of 7 miljoen, dis nog steeds ‘n erg geteikende swartskaap deel van die bevolking. Selfs al staar ons nie uitwissing in die gesig nie en dalk doen ons, verander dit nie die realiteit dat daar ‘n meer produktiewe en vreedsame bestaan in die buiteland te maak is nie.

Ek soek ernstig orals vir redes om te bly. Hierdie artikel kon dit ongelukkig ook nie verskaf nie. Het enigiemand anders dalk sulke redes?

Haan ·

As jy moet soek vir redes dan is dit genoegsame rede om te trek. My rede is hierdie is my huis. My tuiste. Dis al rede wat ek kort

Celtis Africana ·

Beste James,
As middeljarige begin ek ernstig beleef in die eerste persoon dat die lyf met sy inhoud drasties besig is om te verander. Die oogarts sê na 45 verander die oog se lens en is nie meer so elasties nie. Nou sit ek al 15 jaar met ” Bifocal ” lense vir die lees. So was dit met die tandarts ook toe ek agterkom tandestokkies is so deel van tafeldek as die mes en vurk. Die tandvleise krimp blykbaar na 45 en allerhande holtes verskyn waarin kos hul tuismaak.
Van die lyf praat ek nie eers nie. Al die jare se kennis daal na benede vanweë die feit die brein sy stoorkapasiteit bereik het. Dit duur dus baie langer om inligting op te roep aangesien daar n magdom leêrs is wat deursoek moet word.
Hierdie berig het my laat besef my breinkrag is ook aan uitermatige stremming onderworpe. Meer spesifiek met Connie Mulder se eerste twee afleidings oor die wit Afrikaansprekende 30 jariges se aanwas:
” Meer witmense word Afrikaans”
Bedoelende byvoorbeeld Engelse, Italianers ensovoorts wat Afrikaans as huistaal aanneem?
Dan die een wat my vir n 6 boul:
” Meer Afrikaanse mense word wit.”
Bedoelende as blank geherklassifiseer? Wie op dese aarde sal sy voordeel as anderskleurige, veral ten opsigte van BEE, opoffer om n tweedeklas burger te word net om Afrikaans te praat as eerste taal?
Ek dink stelling die vorige kommentaar is korrek wat beweer die opname inligting is bollie.

Jerry ·

Wat jy jou kind heel eerste skuld wat in die sandput speel is n liefdevolle, Christelike, stabiele ekonomiese en politieke verdraagsame, misdaadvrye, eerste wereld mediese sorg, onbesoedelde water en voedsel omgewing en tans kry jy dit in meeste lande wereldwyd, maar nie in SA nie! Sonder bogenoemde wag daar swaar en moeilike tye op die Afrikaanssprekende kind in die sandput en word hy of sy onnodiglik aan n groot onreg blootgestel net omrede jy as grootmens selfsugtig bly vasklou aan iets wat dood eenvoudig nie meer n bestaansreg in SA regverdig nie. Indien jy wel maar besluit om te bou moet jy nie net vir die Afrikaanssprekende kinders bou nie maar vir alle kinders in die sandput! Dit en dit alleen kan jou en jou kind se behoud wees, maar selfs dit waarborg niks onder die huidige en toekomstige politieke klimaat vir n Afrikaanssprekende kind in n sandput in SA nie. Daarom en indien dit moontlik is, kies dan n eerste wereld land waar jou kind welkom en veilig is en n blink toekoms wink. Met al die geleenthede wat globalisering teweeg gebring het is die wereld in vandag se tyd ons jong mense se oester en lankal nie meer SA nie. Talle Afrikaanssprekende jongmense wat die onbekende wye wereld ingevaar het is n geruime tyd reeds besig om diep spore in n veranderde wereld te trap omrede hulle welkom en veilig is! Bring jy die hoogste offer vir dit waaraan jy so bly vasklou, net nie jou kind nie!

Stuiwer ·

Hierdie artikel is nie baie geloofwaardig nie. Net in die week is daar ‘n beroep op witmense gedoen om meer kinders te hê en hier sê hulle dat Afrikaners nie besig is om “uit te sterf” nie. Hoe word witmense Afrikaans? Hulle raak mos in ‘n Afrikaanse huis groot? Engelssprekendes bv. gaan mos nie Afikaanssprekend word nie? Hoe word meer Afrikaanse mense wit? Jy word wit of swart gebore en kan nie eweskielik van kleur verander nie? Vreemd…

marco polo ·

Daar is derduisende Afrikaners, soos ek, in die buiteland wat nie geemigreer het nie, maar op langtermyn visums bly en waarskynlik nie gaan terugkeer nie. Ons word nie getel nie. Ek sal so graag na n land wil terugkeer, waar ek welkom voel en n bydrae kan lewer, maar ek dink ek gaan tevergeefs wag. Ek wil ook graag glo in selfbeskikking en n volkstaat, maar wag nou al jare om te hoor waar dit gaan wees. Elke keer wanneer ek verlang na my kinders en kleinkinders in SA, en wens ek kon saam met hulle wees, gebeur daar weer n gekkigheid in SA wat my dankbaar maak dat ek eerder in die buiteland is. My hart huil vir my land en ek dink soms dis maar beter om die goeie te onthou, as om die agteruitgang te sien.

Haan ·

‘Afrikaanssprekendes’ is nie Afrikaners nie. Maar dit daar gelaat.

Lukas ·

Daar is geen manier wat enige een gaan beweeg nie! Ek glo almal wat in die situasie geplaas is voel dieselfde hieroor! Die mense sal moet vergoed word vir hulle swaar en hard verdiende eindomme. As die huidige houding van die regering nie gaan verander nie, dan gaan die vet veseker in die vuur wees!

Asem ·

Daar is geen manier wat enige een gaan beweeg nie! Ek glo almal wat in die situasie geplaas is voel dieselfde hieroor! Die mense sal moet vergoed word vir hulle swaar en hard verdiende eindomme. As die huidige houding van die regering nie gaan verander nie, dan gaan die vet veseker in die vuur wees!

Gerhard ·

Die ouens in Zimbabwe het ook so gedink. Raai wat, hulle was verkeerd.

humor ·

Ja SA het baie probleme, maar die wat die buiteland so blink praat moet besef nerens op aarde kry jy die paradys nie, nie eens in jouself nie. Dan moet die pessimiste ook in die GROOTBOEK lees ons VADER se werk berus nie op getalle nie. Dit is selfs in ons geskiedenis meermale bewys.

Gerhard ·

Dit gaan nie oor die buiteland wat die paradys is nie. Dit gaan oor in ‘n normale land woon teenoor totale chaos.

Frans C ·

Dit is ‘n alom bekende feit dat Blankes in Suid Afrika teen 8% die derde kleinste bevolkingsgroep in Suid Afrika is.wat minder bekend is dat 30.36% van die bevolking in 2017 ouer as 55 was. Dit verteenwoordig 1 364 254 miljoen mense.

Oor 25jaar dws in 2043 sal diegene wat 55 in 2017 was 80 jaar in 2043 wees.Dit beteken dus dat ‘n 30% van die blanke bevolking verdwyn het.Om die getal Blankes in ewig te hou moet daar dus jaarliks 55 000 blanke babas gebore word en om te groei veel
meer as dit.
Is dit ‘n haalbare teiken onder die huidige politieke en ekonomiese klimaat? Wat sê mense?

Captain (Ret.) Paulus N Antonio ·

Solank hulle net verkramptheid daar in SA, los voordat hulle na ander eerste wereldlande wil immigreer.

Peet Schabort ·

Goed om weer van u te hoor Captain. Daar sal altyd diegene wees wat reken hulle is beter as ander gegrond op velkleur, herkoms, kultuur ens. Die ‘verkramptes’ per definisie volgens my is diegene wat selfs vir hulle eie nasie nie ‘n plek gun op aarde en hulle slegs as pionne sal gebruik om hulle eie duistere doelwitte te bereik. Haat en venyn word aangeblaas deur vooraanstaande politici in hierdie land in só ‘n mate dat tot selfs MOORD gepleeg word. Waarom is dit (skynbaar) onmoontlik om in vrede en harmonie saam te leef en net doodeenvoudig verdraagsaam te wees teenoor mekaar?

Gerhard ·

Ek reken die ware verkramptes is die wat gewoonlik die woord geberuik om ander te beskryf, elitisme.

Jerry ·

Afrikaanssprekende organisasies soos Afri-Forum, Afri-Sake, TLU en Solidariteit bou WEERSTAND in die vorm van inisiatiewe teen regeringsbeleid en intensies soos OSV, regeringsstruture, regeringsinisiatiewe, swak regeringsadministrasie, swak dienslewering, korrupsie en onbevoegde wetstoepassing. Hierdie weerstand inisiatiewe het ondermyning van regeringsimplementering ten doel wat lei tot botsings in die parlement, howe, skole, universiteite, werksplekke, plase, SPUR, KFC ens. Weerstand bou wat berus op ondermyning, lei tot botsing en aanhoudende botsings stuur onvermydelik een of ander tyd af op konflik. Die lesse van Afrika dui daarop dat minderheidsgroepe wat in weerstand, botsings en konflik staan met meerderheidsregerings sonder uitsondering op die einde van die dag aan die kortste end trek. Diegene wat weerstand bied word stadig maar seker ingekatrol deur die meerderheidsregering wat die minderheidsgroep se weerstand inisiatiewe blameer vir die botsings, konflik en alles wat verkeerd loop. Dit lei daartoe dat daar regverdiging gesoek en gekry word in die vorm van strenger wetgewing wat die minderheidsgroep op hulle plek sit deur isolasie, intimidasie en vervolging. Die weerstand wat Afri-Forum en hulle mede organisasies bou druis dus loodreg in teen die wil van die meerderheid en die uiteinde, naamlik konflik tussen die meerderheid en minderheid lyk dus onafwendbaar in SA te wees. Die oplossing is om weerstand te bied in n samewerkende hoedanigheid en met die hoed in die hand en wat ondermynende inisiatiewe waarvoor jy geblameer kan word in totaliteit uitsluit, maar omrede hierdie Afrikaanssprekende organisasies nie daarvoor te vinde is nie, stel ek voor dat mense eerder gouer as later emigreer.

Ou Filosoof Wêreldvark ·

Gelukkig leef ek nie vir ewig in hierdie sondige wêreldorde nie. Hoe ouer ek word, hoe ontnugterder raak ek in die mensdom en sy snert. En hoe groter die wêreldbevolking raak, hoe groter die verskeidenheid van lewenssieninge waaraan ons daagliks blootgestel gaan word. Daarom maak ek van geen mens, standbeeld, volk, taal, kultuur, nasie, geboorteland, politikus of ideologie ‘n afgod nie. Ou Filosoof Wêreldvark maak homself tuis waar daar ‘n goeie toekoms vir sy nageslagte is: wet en orde, skoon lug en water, gelyke geleenthede, sonryp kos, sonskyn en maanskyn.

En onthou: “Daar is leuens, verdomde leuens, statistieke en populistiese politieke niksseggende beloftes”. Moet nie ‘n slaaf van enige hiervan wees nie.

Nouja ·

Goeie punt wat u maak. Ek het daardie Rubicon n ruk gelede self oorgesteek, maar moet nog self steeds gereeld koes vir die klippe wat van die agtergeblewenes se kant na my gegooi word.

Dries Kruger ·

Almal wat so wonder oor “meer Afrikaanse mense word wit”,al gehoor van tong in die kies?

Nita ·

So Jerry jy reken ons gaan beter af wees op ons kniee met ons hoed in die hand, voor die swart hordes. Al smekende om genade. Dankie Vader vir organisasies wat opstaan vir ons regte. Ten minste sterf ons dan soos helde en nie soos lafaards nie.

Warren ·

Laat ons aan n eie land bou, gou sal ons sterker wees as die res van vallende SA.

JAN ·

Laankal is dit duidelik dat daar groot fout is met ons aanwassyfers. Hier by ons is
elke naweek 5 begrafnisse. En minder as een per week geboortes Landswyd. Dieselde.
Net soveel aborsies as geboortes en 2% neonatale sterftes. Wat dui op negatiewe groei onder swartes veral.
Vraag: hoeveel buitelandse Wit aanwas word getel?
Antwoord: PLEEG eerder binnelandse emmigrasie / trek op.dieselfde manier as die SAFFERS in Wênkoewir. Dis oneindig goedkoper en dan besit jy iets wat ander begeer. Geborgenheid. (sense of belonging= the basic human need)

Johanna Botha ·

Help bou en wat kry jy .. stank vir dank ! Niks werk nie en ander plunder breek en brand wat opgebou was … neewat vir wat sal mens jou kop aanhou stamp !

Piet ·

Afrikaanses of Afrikaners? Ek verkies laas genoemde. Wat die Mulder broers aangaan. Dankie maar nee dankie

Paul ·

En as ek sê ek is ‘n nasaat van ‘n Huggenote-Voortrekker, wat beteken dit vir julle???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.