Vlag hang halfstok vir spraakvryheid

ou-sa-vlag-nelson-mandela-stigting-en-ernst-roets

Ernst Roets van AfriForum en die Nelson Mandela-stigting lewer kommentaar na die hof se uitspraak oor die ou Suid-Afrikaanse vlag. Foto: Verskaf.

En net so, ná ʼn uitspraak deur adjunkregterpresident Phineas Mojapelo in die gelykheidshof, word die openbare vertoon van die ou landsvlag tot haatspraak verklaar.

Dié uitspraak volg ná ʼn aansoek wat deur die Nelson Mandela-stigting gebring is wat aanvoer dat ʼn deel van die Suid-Afrikaanse bevolking die vlag as kwetsend sou beskou en dat die openbare vertoon van die vlag as “steun vir apartheid” gesien kan word.

Die FAK het vroeër Woensdag gevra of die Nelson Mandela-stigting werklik in die gees van versoening en brugbou van die president, wie se naam hulle dra, optree. Mandela het nie noodwendig altyd ʼn positiewe gesindheid teenoor Afrikaners gehad nie, maar was wys genoeg om te besef dat ʼn verbod op die openbare vertoon van hul simbole ʼn harde reaksie sou uitlok.

Die Nelson Mandela-stigting moet hul afvra presies wat hulle met die aansoek wou bereik. As dit versoening en nasiebou was, het hulle klaaglik misluk. Wat hulle nou gedoen het, is om ʼn simbool uit die geskiedenis van ʼn minderheidsgroep, wat reeds gemarginaliseer voel, te vat en aan die groep te sê: “Ook hierdie mag julle nie meer hê nie – of julle nou in die eerste plek daarin belanggestel het of nie.”

Die minderheidsgroep se taal is reeds in gedrang op skole en universiteite, rasbehepte wetgewing diskwalifiseer hulle vir sekere poste en nou word ʼn simbool, wat hulle bes moontlik nooit regtig van kennis gedra het of gereeld aan gedink het nie, op die verbiedlysie geplaas.

Dan moet die Nelson Mandela-stigting goed daaroor nadink of hulle ten doel gehad het om die vlag uit die openbare oog te laat verdwyn. Kort ná afloop van die hofverrigtinge het verskeie mediaplatforms ʼn foto van die ou landsvlag saam met die tergsinnetjie wat na die berig lei, geplaas.

Meteens was die vlag, wat slegs met uitsondering op sosiale mediaplatforms sigbaar was, oral. Dit is nie onbillik om te vra of die Nelson Mandela-stigting dalk presies die teenoorgestelde met die aansoek gaan bereik as wat hulle ten doel gehad het nie. Die ironie is dat indien jy voorheen vir wit Suid-Afrikaners gevra het of hulle ʼn ou landsvlag besit of in die openbaar sal vertoon, sou die meerderheid “nee” geantwoord het.

Nou het die Nelson Mandela-stigting van die vlag ʼn kultus of mite gemaak en bes moontlik met dié optrede ʼn gees van rebellie ontsluit wat die vlag baie meer prominent gaan maak as wat dit ooit tevore was. Selfs persone uit liberale kringe het onlangs hul profielfoto’s na dié van die ou landsvlag verander – nie omdat hierdie jare lange anti-apartheidstryders skielik besluit het dat “Verwoerd die antwoord was” nie, maar omdat hulle die gevaar van sensuur ken en verstaan.

En van sensuur gepraat – in ʼn post-’94 Suid-Afrika is hierdie die enkele grootste aanslag op vryheid van spraak. Die sogenaamde verligtes verwys gereeld na die beleid van sensuur onder die Nasionale Party en hoe Botha, Vorster en Kie. politieke bewegings en hul simbole verban het.

Die Nelson Mandela-stigting kan gerus by daardie lysie gevoeg word.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: James Kemp

James is die hoofredakteur van Klankkoerant, ʼn nuus en aktualiteitsprogram wat ook op Pretoria FM uitgesaai word.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Swanna ·

Net soos jy daar sê Jamies. Hulle het gaan krap daar waar dit nie gejuk het nie. Hierdie mense is baie verveeld met hul self dit is hoekom altyd met ‘n klomp jol na vore kom oor onbenulige dinge wat nie eintlik saak maak nie en eintlik meer aanhutsing veroorsaak as hulle kamstige “rainbow” weet nie se naam nie en versoening. Versoening kom die heeltyd van die eenkant wat gedwing word tot dit maar van hulle kant geen, net haatspraak en anargie.

Landsverraaier ·

Hierdie is maar net nog ‘n bydrae tot die uiteindelike doelwit wat op uitwissing van die Afrikaner neerkom. Uiteindelik sal Afrikaners besef wat die “nuwe” Suid-Afrika werklik beteken, maar dit sal te laat wees.

XYZ ·

Die meeste van ons het dit reeds in 1992 besef daarom het ons nee gestem!

Petrus ·

Nou hoekom het julle nie wapens opgeneem en geveg nie. Nou sit ons jonges met die gemors. Of was julle bloot te bang.

Boerseun ·

Omdat wapens teen ons eie mense gebruik moes geword het, en op daai stip moontlik die hele westerse wereld daarby. Jy moet onthou meer as die helfde van stemmende mense in RSA het Ja gestem, dit sluit in die broederbond spesiale magte, die polisie, weermag ens. in so die Ja stemmers het gedeeltelik met intimidasie die referendum gewen. Hulle was in totale beheer en het ook nog met die britse en amerikaanse intelegensie saamgewerk. Hoe dink jy is ouens soos Janus so vinnig gevang na Hani se sluipdood? Jy was op vir hoog verraad as jy net aan n wapen gedink het.

Christo ·

Ek wonder of ander simbole en vlae wat vir moord van onskuldiges verantwoordelik was ook verban sal word? Sal graag wil sien of die Nelson Mandela stigting daarmee die leiding sal neem?

Sarie ·

Nee hul vernoem liewers ‘n gebou na Winnie Mandela by Unisa vir wat sy vir al die burgers van ons land gedoen het.

Leon - Centurion ·

Onmiddelik my behoefte, in reaksie…..waar kan ek ‘n pragtige ou landsvlag koop?

marco polo ·

Dis in China op die internet beskikbaar. Dalk moet ek n vlag invoerbesigheid begin…

Jacques ·

Ja, ek wil ook nou ‘n paar koop en laat wapper. Waar kry mens hulle te koop in SA? Onthou die poskantoor lewer niks af nie.

Jimmy ·

Die rol van die Afrikaner in hierdie land is gereduseer tot die van ‘n handlanger en trekarbeider. Aanvaar dit.

Nic ·

Inderdaad James! Sovêr dit my aangaan behoort daar na hierdie uitspraak ñ oranje blanje blou plakker op elke lamppaal in die land te pronk

Franco ·

Hoeveel sal dit nog vat vir die Afrikaners om te besef hulle moet hulle eie ding doen soos Afriforum voorgestel het. Daar kom nog baie maar dit word stadig gedoen, soos die ontneming van erfreg soos in die 1848 kommunistiese manifesto van Marx & Engels.

Trisa Strydom ·

Die nuwe lansvlag moet ook verband word voorbeeld moorde op witmendsense korupsie haatspraak verkragting ens,ens voorts

Se maar net ·

ek kan net my kop skud – dit gaan nie hier eindig nie, ‘n vlag, ons taal, ons geloof, ons kultuur, ons geskiedenis, stukkie vir stukkie maak hulle seker ons “bestaan” word uitgewis

Expat ·

Apartheid was verkeerd. Ons weet dit, hulle weet dit en dis nou payback. Hoe lank gaan julle nog in die ry staan en wag vir wat julle toekom? Skrik wakker en trek!

Makaap ·

Die mense het nie werk om te doen by die Nelson Mandela-stigting nie. Maak dit toe en stuur hulle huis toe. Hy het buitendien niks gestig nie.

Jerry ·

Die motief van die ANC se Nelson Mandela stigting om te krap waar dit nie jeuk nie, is om deur wetgewing te poog om die Afrikaner se vryhede en denke verder in te perk, te onderdruk en te forseer tot onderdanigheid aan die liberale sosialistiese denke en nuwe orde. Die toepassing van die wetgewing sal die Afrikaner straf deur die Afrikaner in die openbaar te verneder met gemeenskapsdiens in die townships. Daar is absoluut niks demokraties, verdraagsaam en versoenends aan die optrede nie, maar eerder n rasgedrewe politieke motief met sy oorsprong uit haat, wraak en vergelding en wat deel uitmaak van n oorhoofse poging om die Afrikaner identiteit en geskiedenis aan die groot klok te hang as noodwendig sleg te wees vir swartmense, en mag daarom witmense nie langer beskore wees nie! Hierdie poging van die Nelson Mandela stigting moet gesien word as deel van die ANC se groter aanslag om deur rassenasionalisering verandering teweeg te bring wat kolonialisme en westerse denke moet vernietig en vervang met liberale sosialistiese denke. Die Afrikaner kan weerstand bied, maar dit sal net meer skietgoed vir die ANC en die se frontorganisasies bied om die aanslag te versterk en te versnel met die regsbank wat toenemend sy onafhanklikheid gaan moet inboet!

John Ferreira ·

Ook maar tragies maar dalk moet ons dit oorweeg om die ANC vlag/embleem as haatspraak teen die wittes te verklaar.
In alle gevalle is die ou SA vlag nie my keuse nie want die Englese “Union Jack” word in die middel vertoon en die Engelse het die Boere se plase afgebrand “Scorched Land” , en ons vroue en kinders in konsentrasiekampe gevangene gehou…en hoeveel is daar nie dood nie. Britanje hoort kompensasie aan die wit bevolking te betaal….
Viva La VIERKLEUR….hulle kan dit as haatspraak verklaar nie

marco polo ·

Die Union Jack in die ou vlag verteenwoordig die voormalige Britse kolonies van die Kaap en Natal.

Breytie ·

Mense moet liewer ophou praat asof die Afrikaners in een of ander greep vasgehou word. Dis eerder andersom: Let mooi op hoedat die ANC regering hulle kanse verspeel het die afgelope 25 jaar. Hierdie proses moet sy volle loop neem totdat die rebellie ten volle uitgewis is. Ons hoef niks meer te doen as om te kyk hoe dit gebeur nie.

Wat ons wel as ‘n saak van dringendheid moet doen, is om onsself geestelik te versterk sodat ons nie afdaal na ‘n vlak waar ons besmeer sal word nie. ‘n Geloof in gelykheid lei noodwendig daartoe dat almal gelyk word aan die swakste element. Ons moet onsself dwing om nie gelok of uitgedaag te word om byvoorbeeld ook teen ‘n rooilig die kruising oor te steek nie of enige van die ander voorbeelde van swak gedrag, ontoereikende toesig of watter wanfunksie ookal, na te volg nie. Hulle aanvaar dat ons bedeel is met “white supremacy”. Laat ons daardie kompliment waardig wees.

Skepper-Vader is bewus van die onregverdigheid, die vergryping en die misdaad. Sy teenplan is besig om stadig maar seker gestalte te kry. Dit is ook ‘n proses wat moet ontplooi, wat nie oornag sal gebeur nie. Maak oop julle geestelike oë.

Stephan de S ·

Piet parys se opmerking het skielik vir my n lig laat opgaan: die ou RSA was gekenmerk deur wit oorheersing, die nuwe RSA deur
swart oorheersing……is die een meer moreel as die ander? Agv die dinamika vd lewe (westerse) het die politiek ontwikkel en die nuwe grondwet vertoon trekke vd ontwikkeling vd politieke denke die afgelope 50-100 jaar. Maar ons bly sit met oorheersing!!!!!!

marco polo ·

Dalk moet ons begin om n nuwe vlag te swaai. Wat van n oranje blanje blou, sonder die klein vlaggies binne. Dit kan mos nie haatspraak wees nie, want dit is nie die ou vlag nie. Of die Vierkleur, of dalk die Vrystaat vlag. Ek hou nogal van lg.

DeVill ·

Maar daar is niks verkeerd met die Hammer en Sikkel nie?
Die land is ‘n grap!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.