Die impak op my koopkrag

Deur Thys van Zyl, hoof van produkontwikkeling by Everest Wealth

Die koopkrag van geld verwys na hoeveel van ʼn produk jou geld op verskillende tye kan koop. Soos pryse styg, kan jou geld minder koop en soos pryse daal, kan jou geld meer koop.

Suid-Afrikaners se koopkrag het die afgelope jaar aansienlik verminder weens hardnekkige inflasie en die gepaardgaande styging in rentekoerse.

Wanneer rentekoerse styg moet verbruikers hul hand nog dieper in die sak steek met kredietkaart- en winkelskuld wat duurder word en persoonlike lenings en motor- en huispaaiemente wat styg. Verbruikers wat die skuld aangegaan het toe die rentekoers heelwat laer was, sal moontlik nou behoorlik swoeg om hul skuld te kan diens of dit bloot net nie meer kan bekostig nie.

Die gemiddelde salaris in die land verhoog egter nie teen dieselfde koers nie en maak dit Suid-Afrikaners al hoe armer en verminder hul koopkrag. Die inflasiekoers het in Maart tot 7,1% gestyg van 7% in Februarie. Kospryse het skerp gestyg met 14% en is dit die skerpste styging in kospryse sedert Maart 2009.

Rentekoerse sal na verwagting ʼn verdere 25 basispunte styg in Mei. Die rentekoers het einde Maart met 50 basispunte verhoog. Dit was die negende agtereenvolgende styging en die rentekoers is sedert November 2021 al met 425 basispunte verhoog. Dit voorspel niks goed vir verbruikers aangesien die stygende lewenskoste beteken verbruikers kan al minder met hul geld doen.

Die impak van inflasie op jou beleggings

Thys van Zyl, hoof van produkontwikkeling by Everest Wealth (Foto verskaf)

Die kwesbare rand is een van die faktore wat inflasie hoog hou, die koste van goedere verhoog en mense se koopkrag verlaag.

Die rand is ʼn baie ondergewaardeerde wisselkoers en is hoogs kwesbaar vir politieke gebeure. Politieke onsekerheid dryf ʼn baie groot wanpersepsie rakende vertroue in die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Koopkrag is ongelooflik belangrik omdat mense bloot naïef is oor die effek van inflasie daarop. ʼn Inflasiekoers van 7% per jaar beteken dat jy letterlik 7% per jaar van jou koopkrag verloor. As jou belegging, ná fooie en belasting, teen 8% per jaar groei, dan kan jy effektief net 1% trek om te vermy dat jou kapitaal nie koopkrag verloor nie. Indien daar meer as die 1% getrek word sal jy jaar-op-jaar die koopkrag van jou kapitaal verlaag en sal die probleem eksponensieel erger word hoe meer jare jy te veel van jou kapitaal trek.

Indien jy nie die langtermyn-koopkrag van jou kapitaal in stand kan hou nie, moet jy jou lewenstandaard afwaarts aanpas of verseker dat jou beleggings met meer as inflasie groei sodat jou kapitaal nie koopkrag oor ‘n tydperk verloor nie.

Die beleggingswêreld verander al hoe vinniger en dit help nie mens klou aan tradisionele beleggings en bateklasse nie want jy gaan bloot net jouself in die voet skiet.

Dit is belangrik om beleggings te kies met opbrengste wat vir inflasie vergoed, en steeds jou geld in reële terme laat groei. ʼn Gediversifiseerde portefeulje kan jou koopkrag oor die langtermyn beskerm deur jou teen inflasie te verskans.

  • Indien jy jou beleggingsdoelwitte op koers wil hou deur jou koopkrag te beskerm en jou portefeulje teen die risiko’s te verskans, stuur gerus die woord “EVEREST” na 45906 of besoek ons webtuiste by co.za. SMS’e kos R2,00. B’s & V’s geld. Everest Wealth is ’n geregistreerde finansiële dienste verskaffer (FSP 795 CAT I & II & IIA).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.