Sakevertroue in siviele konstruksie duik in die hek

konstruksie-bou-boubedryf-siviele-01

Foto: Jacek Dylag/Unsplash.com

Met groot konstruksiemaatskappye, soos Group Five, wat onder geweldige druk verkeer, is moeilike toestande in die boubedryf natuurlik nie nuus nie. Die FNB/BEO-vertrouensindeks vir siviele konstruksie vir die eerste kwartaal (K1) van 2019 (wat in Maart vrygestel is) gee ʼn kommerwekkende blik op die sakevertroue in die boubedryf. Die indeks, wat hieronder vertoon, dui op moeilike toestande vir bou- en siviele kontrakteurs.

Die indeks het in die eerste kwartaal van 2019 tot by 10 gedaal – die laagste meting van dié indeks op rekord. Volgens FNB/BEO se gesamentlike mediaverklaring was sowat 90% van respondente aan die peiling ontevrede met toestande in die bouomgewing in die eerste kwartaal.

Oor die afgelope jare het die boubedryf in Suid-Afrika aansienlik van staatskontrakte en openbare besteding afhanklik geraak. So ʼn afhanklikheid kan natuurlik ʼn groot risiko raak wanneer die fiskale en monetêre gety draai, soos wat gebeur het. Die moontlikheid van stygende rentekoerse, swakker staatsbesteding en kleiner kapitaalbesteding deur die regering, sal vooruitsigte onder druk plaas. Dit maak die kans op ruimer regerings- en openbare besteding op groot bouprojekte kleiner.

Gevolglik sal die boubedryf by nuwe realiteite moet aanpas. Die vraag is egter ook wat in die privaat sektor gebeur. Die kans bestaan dat kleiner regeringsbesteding meer hulpbronne vir privaat bouprojekte kan oorlaat. So ʼn oplewing in die privaat sektor kan goeie gevolge teweegbring, soos dat groter hoeveelhede doeltreffende private kapitaal – die soort uitbreidings wat juis nodig is – deur entrepreneurs onderneem word. Dit is iets om dop te hou, maar nietemin, in geheel gesien, is nou nie ʼn maklike tyd vir die boubedryf nie.

grafiek-sakevertroue-in-siviele-konstruksie-2019-04-17

Grafiek: Sakeliga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Muller Uys ·

Die opskrif lees “siviele konstruksie” maar die artikel gaan oor die boubedryf wat ń ander segment van die konstruksiebedryf is met ander probleme.

B-man ·

Dit gaan seker nog slegter in die siviele-sektor. Ingenieursmaatskappy sukkel om kop bo water te hou en dank ingenieurs en tegnici link en regs af.

Jan Pierewiet ·

Dit gaan oor die siviele industrie….. – die grafiek en alle dele dui daarop

Tino ·

Dit is alles te danke aan BEE, anargie en misbruik van belasting betalers se geld wat nie aan infrastruktuur bestee word nie

Johanna Botha ·

Presies wat mens verwag met al die onsekerheid wat die anc skep ! Wie wil nou in so n gemors bele ons het nie eers krag nie ????

Kilowatt ·

Die grafiek wys duidelik hoe die ANC se comrades die land in sy dinges in bestuur! Die vervaardigingsektor en mynbou lyk dieselfde. Dan word die vierde nywerheidsrewolusie in on s kele afgedruk , terwyl ons landjie by die dag al hoe verder agter raak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.