Hoekom IFX Brokers ʼn gewilde OTC forex-makelaar is onder verhandelaars

IFX Brokers is ʼn gemagtigde plaaslike verskaffer van finansiële dienste (48021) en ʼn gelisensieerde verskaffer van OTC (oor-die-toonbank)-afgeleide instrumente, wat van beproefde en betroubare metodes sowel as die beste handelsinstrumente gebruik maak.

IFX Brokers dien as ʼn omvangryke verhandelingsentrum vir ʼn wye verskeidenheid handelaars deur vir private- en besigheidskliënte toegang te bied tot meer as 200 instrumente wat oor ʼn verskeidenheid bateklasse op die gewilde Meta Trader 4 (MT4)- en Meta Trader 5 (MT5)-platforms strek.

Wat presies is IFX Brokers?

IFX Brokers is ʼn FSCA-gereguleerde OTC-forex-makelaar wat gelei word deur ʼn span met diepgaande ervaring van die forex-markte. Die direksie het gesamentlik 91 jaar ondervinding in die bedryf, met twee direksielede wat kundiges is in afgeleide instrumente.

Hierdie innoverende span het IFX die eerste plaaslike makelaar gemaak om die beursie-konsep bekend te stel. Hierdeur kan kliënte fondse in ʼn kontantbeursie behou vir vinnige en maklike befondsing van hul rekeninge. Ander makelaars het hierdie konsep gou aangeneem, aangesien dit werklike gerief vir forex-handelaars bied.

IFX Brokers word gedryf deur ʼn korporatiewe filosofie van toewyding, deursigtigheid en vertroue, wat in al die makelaars se werksaamhede vasgelê is. Hierdie filosofie is meer as net ʼn maatskappyhandelsmerk – dit lei al sy bedrywighede en verseker dat handelaars ʼn veilige, betroubare en behulpsame plek het om handel te dryf.

IFX Brokers verstaan dat die forex-markte voortdurend verander. As die grootste en wisselvalligste finansiële mark ter wêreld, benodig handelaars vinnige en onmiddellike toegang tot ál die verhandelingsaksies in veilige en mededingende omstandighede.

As deel van IFX Brokers se voortdurende verbintenis tot innovasie en baanbrekerverhandelingsinstrumente, sal hulle binnekort ʼn omvattende app bekendstel tesame met ʼn outomaties-goedgekeurde rekeningopeningstelsel. Dit sal voorsiening maak vir verhandeling om enige plek en tyd plaas te vind en maklike toegang tot nuwe handelsrekeninge verskaf.

Bekostigbare depositovoorwaardes

IFX Brokers is ʼn unieke forex-makelaar, omdat hulle geen minimum deposito-vereiste het op standaardrekeninge nie. Dit beteken dat dit kliënte vry staan om hul verhandelingsreis te begin met die belegging wat die beste by hulle eie verhandelingstrategie pas.

Daar is ook geen toetredeversperrings vir nuwe verhandelaars in die forex-markte wanneer hulle met IFX Brokers handeldryf nie. Dit beteken dat mense wat wil begin verhandel dit op ʼn begroting kan doen terwyl hulle meer leer oor die verskillende aspekte van die forex-markte.

Wye verskeidenheid rekeningopsies

Afgesien van die standaardrekening bied IFX Brokers ʼn fantastiese opsie van bykomende verhandelingsrekeninge om by ʼn wye verskeidenheid verhandelingstrategieë en -style te pas. Hieronder is al die rekeningtipes wat beskikbaar is by IFX Brokers:

  • IFX Standaardrekening: geen minimum deposito benodig nie, met toegang tot ʼn verhandelingsbonus en volle marktoegang op óf MT4 óf MT5.
  • IFX Premium-rekening: minimum deposito van $250, met toegang tot premium-verhandelingstoestande soos stewige verspreidings (spreads) van een pip (percentage in point/price interest point), geen kommissies nie en ʼn maksimum hefboomfinansiering van 1:500.
  • IFX VIP-rekening: minimum deposito van $1 000 gee jou toegang tot rou verspreidings so laag as 0,5 pips en mededingende kommissies, met ʼn maksimum hefboomwerking van 1:500.
  • IFX Islamitiese rekening: minimum deposito van $10 en is Riba-vry, sodat handelaars van die Moslem-geloof met selfvertroue oor alle instrumente kan verhandel, met verspreidings so laag as 1,3 pips.
  • IFX Cent-rekening: dit is ʼn goeie opsie vir beginnerverhandelaars wat handel kan dryf in regstreekse marktoestande met beperkte risiko, hefboomwerking so hoog as 1:1,000 en geen kommissies nie.

Gevorderde verhandelingsplatforms

IFX Brokers bied handelaars toegang tot die volledige verhandelingspakket van MetaQuotes, wat bestaan uit beide Meta Trader 4 en Meta Trader 5. Trouens, IFX Brokers is een van die min makelaars wat beide hierdie hoogs gewilde verhandelingsplatforms bied, aangesien MT4 nie meer beskikbaar is aan nuwe makelaars nie.

MT4 is verreweg die gewildste verhandelingsplatform op die forex-mark, met sy gebruikersvriendelike koppelvlak, breë verenigbaarheid, blitsvinnige uitvoering en wye verskeidenheid instrumente. MT5 is die opgedateerde weergawe, met bykomende handelskenmerke en gevorderde algoritmiese verhandeling.

Beide platforms is bekend vir hul outomatiese verhandelingstelsels. Toegang tot beide MT4 en MT5 beteken egter dat handelaars van verskillende ervaringsvlakke almal ʼn platform kry wat by hul unieke verhandelingsbehoeftes pas.

Finale gedagtes

Dit is maklik om te sien hoekom IFX Brokers die beste keuse onder verhandelaars is. Dié makelaar bied opsies en verskeidenheid met toegang tot uitstekende pryse, ʼn wye verskeidenheid rekeningtipes (MT4 en MT5), en ʼn gereguleerde, kliëntgerigte verhandelingsomgewing.

Om die beste te wees, verstaan IFX Brokers dat hulle kreatief, innoverend, ambisieus en aan die voorpunt van die mark moet wees.

Laasgenoemde is wat IFX Brokers dryf – ʼn feit wat waar is vir die duisende verhandelaars wat hierdie makelaar vandag gebruik.

IFX Brokers het ʼn topgereguleerde ODP-gelisensieerde makelaar geword onder verhandelaars in Suid-Afrika, wat ʼn veilig gereguleerde en mededingende prysomgewing op hierdie makelaar se platform gevind het. SA Shares-verhandelaars meen IFX Brokers is die beste keuse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.