Reserwebank: ‘ANC krap waar dit nie jeuk nie’

Die Reserwebank. Foto: ANA

Dawie Roodt, die hoofekonoom by die Efficient Group, het uitgevaar teen president Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank genasionaliseer gaan word.

’n Ontstoke Roodt sê die afgelope 25 jaar het duidelik bewys dat die ANC geen benul van ekonomiese beleid het nie. Hy sê Eskom, SAL, Prasa en Denel is onder die strukture wat deur die ANC wanbestuur is.

“Kyk hoe sukkel die land op verskeie terreine. Dit is alles die ANC se skuld omdat hy krap waar dit nie jeuk nie,” het hy gesê.

Roodt wys daarop dat die besluit geneem is om ’n faksie binne die ANC tevrede te stel.

Die kwessie van die nasionalisering van die Reserwebank is erg betwis op die party se nasionale konferensie by Nasrec in 2017.

Een van die teenstaanders van die skuif – wat gesien word as ’n terugvegpoging van voormalige president Jacob Zuma – is Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank.

Hy het Woensdag tydens ’n toespraak by die Universiteit van Kaapstad juis beklemtoon dat die Reserwebank onafhanklik moet wees.

Roodt sê dié bank se aandeelhouers het niks uit te waai met sy uitvoerende pligte en daaglikse operasies nie.

“Die kwessie oor nasionalisering het nou lank by die ANC gejeuk en hy het besluit om dit oop te krap. Die besluit sal hom duur te staan kom,” het hy bygevoeg.

Volgens Ramaphosa sal die ANC met sy plan deurdruk en daar is ook glo geen verskuilde agenda nie.

Die aankondig kom kort op die hakke van ’n vergadering tussen Ramaphosa en Kganyago.

Die Reserwebank is een van ’n handvol oor die wêreld wat onafhanklik is.

Die bank het 2 miljoen aandele en ongeveer 770 aandeelhouers. Sy aandeel verhandel nie juis baie nie.

Suid-Afrika se bankstelsel was juis deur die gradseringsagentskappe Moody’s, Standard & Poor’s Global en Fitch as onafhanklik en goed gekapitaliseer beskryf.

Volgens Ramaphosa sal die nasionalisering van die bank Suid-Afrika se soewereiniteit bevestig. Tans besit ’n klein hoeveelheid aandeelhouers die bank se aandele. Hulle woon die bank se jaarvergadering by – wat Roodt as ’n teken van deursigtigheid bestempel.

Een kwessie waaroor aandeelhouers stem, is die vergoeding van ampsdraers. Dit het veral onder die soeklig gekom toe die destydse president van die bank en tans minister van finansies, Tito Mboweni, tydens sy tweede termyn ’n groot verhoging aangebied is. Dit was toe deur die eertydse hoof van BHP Billiton Brian Gilbertson voorgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hennie Theart

Die nationaliseering lyk na ‘n laaste spyker wat die ANC (Jacob Zuma) wil inslaan om Suid Afrika se finansiele platform totaal te ondermyn en alle finansies in die ANC se sak te sit.
Dit is ‘n idee wat uitgedien is, nasionaliseering lyk soos Eskom, Prasa, SAL en nog ander.
Die dinge wat sover uit die kommisie van odersoek gekom het moet onmiddelik opgevolg word deur diegene voor die hof te kry. Sal dit nie gebeur nie is die reserwebank die volgende kaping.

Gemaskerde Sopbeen

Ek is nie ‘n ekonoom nie……….en daarom wil ek vra dat iemand met kundigheid my vraag antwoord: Ek verstaan die situasie as volg….Sodra die Reserwebank genasionaliseer word behoort dit aan die regering, reg? En dan skryf die regering vir die reserwebank voor…..en ek is van mening dat dit gaan tot gevolg hê dat die regering sal voorskryf dat 30% van alle pensioenfonds beleggings in SOE’s gedoen moet word………..met ander woorde 30% van alle pensioenfondse sal MOET belê in Eskom, SABC, ens……………en dit is hoe die regering beoog om enorme klomp geld in bv Eskom in terug te kry….as deel van… Lees meer »

Rasper

Die minderheids aandeelhouers kan nie besluite neem of selfs winste kry nie. Teen die einde is hulle net oë en ore wat die ANC nie wil hê nie. Want niemand moet weet as die papiergeld printer aangesit word nie…… Ja, daar is ‘n verskuilde agenda. Hou ons almal blind. Die Titanic het klaar die ysberg getref. Ons Afrikaners sit nog net in die restaurant van die skip, besig om met die kelner te baklei omdat die kos nie op ons standaard is nie….

JohanL

Maak nie saak wat die tegniese detail is nie – punt is : Alles wat die ANC genasionaliseer het, het misluk – alles. Nou hoekom sal die SARB ‘n ander paadjie loop.

Wat die gevolge van ‘n mislukte SARB is – ek is nie ‘n ekonoom nie, maar ek kan my nie indink die gevolge is iets goed nie.

Kan CR en sy mislukte ANC nie net vir EEN KEER luister na kundiges se advies nie. Net een keer.

Afrikaner

Ja, soos Cyril sê, dit is nog in buitelandse hande, dit kan net sowel in binnelanders se hande gewees het, want wat Cyril eintlik sê, is dat dit nog nie in die ANC se hande is nie, so het hy nog nie uit een van hul talle en magdom mislukkings, wat te veel is om op te noem, geleer nie. Hy stel nie daarin belang nie. En dit lyk my hy het nie raad met Zuma en daardie faksie se slim plannetjies om die wêreld vir hom moeilik te maak nie, nou draf hy maar so teen halfprys saam. Plaas… Lees meer »