Samesmelting van Takatso, SAL nog ’n stap nader

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die Mededingingstribunaal het toestemming gegee dat die Takatso-konsortium ’n meerderheidsbelang in die sukkelende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) mag koop.

Dié transaksie is egter goedgekeur onderworpe aan sekere voorwaardes. Dit sluit in dat Takatso se minderheidsaandeelhouers hul belang in die maatskappy verkoop en daar ’n moratorium op enige afleggings geplaas word.

Maroela Media het vroeër berig ’n minimum aantal werkers moet by SAL behou word vir ʼn tydperk van vyf jaar ná die goedkeuring van die ooreenkoms tussen Takatso en SAL.

Takatso moet ingevolge die voorwaardes ook afstand doen van sy minderheidsvennote Syranix en Global Aviation, aangesien dié maatskappye ook ʼn belang in die plaaslike laekostelugdiens Lift het.

Die Mededingingstribunaal sê hy sal op ’n latere stadium sy redes verskaf oor waarom hy die transaksie goedgekeur het. Dit is wel bekend dat die Mededingingskommissie in Mei aanbeveel het dat die transaksie, onderworpe aan bepaalde voorwaardes, voortgaan.

Takatso Aviation het die tribunaal se goedkeuring van die transaksie verwelkom.

“Die tribunaal se goedkeuring is ’n historiese oomblik vir die transaksie, die bevordering van die mededinging regulerende stadium van die proses na afsluiting, en ʼn duidelike pad na die finalisering van die transaksie.”

Takatso Aviation sal 51% van SAL se belange hou en die departement van openbare ondernemings 49%. Die konsortium het onderneem om kapitaal van R3 miljard na die lugdiens te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rudolf ·

Dit gaan lol. Dit is wyd bekend dat SAL ondoeltreffend was in die verlede as gevolg van te veel werknemers. Met die moratorium op afleggings kan ek nie sien hoe dit skielik beter sal wil gaan nie.

Janice ·

Jammer, ek het so bietjie laat laat opgedaag by die partytjie, maar wie se “cousin brother” is Takatso Aviation?

Gert ·

Elke diensbare vliegtuig betaal sy werkers. So jy vat die tatale werksmag en deel dit tussen die hoeveelheid vliegtuie. Dit is bekend dat n suksesvolle lugredery ongeveer 80 tot somtyds 150 werkers (Indien dit n hoogs suksesvol en baie bedrywige lugredery is) per vliegtuig het wat bemanningslede insluit. Ek praat nou onder korreksie maar ek dink SAL het die 500 bemanning per vliegtuig oorskrei in die verlede waarvan die meeste onbevoegd was maar as nuwe verksverskaffing gepruik het onder die ANC werkskeppings model. Nou is dit omtrend 160 per vliegtuig. So die lugredery is suksessfol in die rol wat hul vertolk maar word leeg getap met politieke inmenging en oorbemanning.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.