Afsonderingsperiode: Maak maklik seker jou testament is geldig

Argieffoto (Foto: Herm/Pixabay)

Die afsonderingsperiode het heelwat Suid-Afrikaners aangespoor om hulle testamente aanlyn of telefonies te laat opstel. Sosiale distansiëring en ʼn geleidelike heropening van ondernemings oor die komende maande mag dit egter moeilik maak om te verseker dat hierdie nuwe of opgedateerde testamente voldoen aan wetgewing.

Wetgewing vereis dat ʼn testament ʼn oorspronklike handtekening bevat van die testateur of testatrise, asook dié van twee onafhanklike getuies. “Vir party mense was dit nie moontlik om hulle testamente uit te druk en te onderteken nie,” sê Alex Simeonides, uitvoerende hoof van die testament- en boedelberedderingsmaatskappy, Capital Legacy. “In ander gevalle was dit nie vir hulle moontlik om twee onafhanklike getuies te bekom om ook te onderteken soos wat deur wetgewing vereis word nie.”

Hy sê een oplossing is om ʼn verdere verklaring te voorsien, wat verklaar dat jy jou testament óf digitaal óf in die oorspronklike formaat onderteken het, maar dat dit onder spesiale omstandighede was wat jou nie toegelaat het om getuies te bekom nie. Sou jy afsterf, laat dit die eksekuteur van jou boedel toe om dit voor te lê aan die hooggeregshof om sodoende die jongste weergawe van jou testament te laat aanvaar, maar dit sal wel regsonkostes meebring.

“Omdat ons die kostes hiervoor namens ons kliënte dra wanneer ons aansoek doen by die hof, beteken dit dat ons ʼn koste van afsterwe dek wat niemand voorsien het nie en die testateur of testatrise se wense kan steeds nagekom word, al sou die testament nie geldig wees in terme van wetgewing nie,” verduidelik Simeonides. Indien jy so ʼn verklaring tydens die afsonderingsperiode onderteken, maak seker dat jy dit by jou nuutste testament aanheg en plaas dit in veilige bewaring.

“Moenie versuim om jou gesin in te lig oor waar jou testament bewaar word nie of nog beter, druk ʼn tweede, ondergetekende weergawe uit en gebruik ʼn koerierdiens om dit aan ʼn derdeparty of jou vertroude finansiële adviseur te stuur vir veilige bewaring. Simeonides sê: “Met die bykomende verklaring het jy gemoedsrus dat, indien jy gedurende die volgende paar maande onverwags sou afsterf, jou geliefdes die hof kan nader om te verseker dat jou testament aanvaar word en jou wense nagekom kan word.”

As jy nie ’n testament in plek het nie, of vir ’n geruime tyd nie wysigings op jou testament aangebring het nie, kan jy deur Capital Legacy, een van Suid-Afrika se grootste testamente- en boedelbeplanningsverskaffers, hulp kry! Stuur jou besonderhede sodat ons kan seker maak dat jy nie verder hierdie belangrike taak uitstel nie!

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.