Belê in Afrikaanse onderrig én geniet uitstekende opbrengste

(Foto verskaf deur Die MOS-Inisiatief)

Die MOS-Inisiatief, oftewel Moedertaalonderrig in Onafhanklike Skole, is sinoniem met innovasie. Gekenmerk deur leermetodes soos vrye leer en die gebruik van tegnologie in klaskamers, spog dié onafhanklike skolenetwerk reeds met meer as 10 skole reg oor Suid-Afrika sowel as ʼn internasionaal toeganklike aanlyn tuisskool. Die MOS, soos hul rekord getuig, maak weer in Maart 2024 geskiedenis deur die uitreik van die eerste slim effek (“smart bond”) in Afrika.

Slim effekte, ʼn beleggingsvoertuig, is dieselfde as tradisionele korporatiewe effekte, met dié verskil dat dit op die blokketting uitgereik word en slegs in digitale vorm verhandel word. Een van die talle voordele van hierdie nuwe soort slim bate is dat dit in kleiner kontrakgroottes as tradisionele effekte uitgereik word, wat dit meer toeganklik en bekostigbaar vir beleggers maak. Die doel van hierdie projek is om Die MOS in staat te stel om hul skolenetwerk verder uit te brei en sodoende gehalte, toeganklike en toekomsgerigte moedertaalonderrig in Afrikaans te verseker. Die oogmerk is om R100 miljoen in te samel. Die minimumbelegging vir individue is R5 000.

Ekonoom Dawie Roodt en lede van Die MOS-Inisiatief-span verduidelik hierdie unieke beleggingsgeleentheid

Wat maak hiervan ʼn goeie belegging?

Met privaatskoolonderrig wat ‘n toenemend belangrike rol in Suid-Afrika speel, bied onderwysgroepe wat leerders in hul moedertaal onderrig, ‘n sterk beleggingsgeleentheid vir beleggers wat hul portefeulje wil diversifiseer en in die toekomstige sukses van Suid-Afrikaanse kinders wil belê.

  • Kompeterende opbrengs: Die effek sal oor ’n 10 jaar-termyn kwartaalliks ’n koepon betaal van prima plus 2%, of 13,75%, soos in Februarie 2024 bereken. Hierdie opbrengskoers is aansienlik hoër as die huidige gemiddeld van dié van die meeste ander bateklasse in die mark. Die effek val ook in die klas van ESG (“environmental, social and governance”)-beleggings. Altesaam 53% van institusionele beleggers stem saam dat ESG-beleggings beter opbrengste lewer.
  • Waarborg: Beleggers se aanvanklike belegging sowel as rente daarop word gewaarborg en onderskryf deur die Trust vir Afrikaanse Kuns, Kultuur en Erfenis (Takke).
  • Betroubare uitreiker: Die MOS-Inisiatief het reeds R40 miljoen in aanvangskapitaal van die Dagbreek Trust ontvang en verteenwoordig ʼn uiters gesogte en gerespekteerde instelling, naamlik privaat onderrig.
  • Maklike en veilige administrasie: Verhandeling word moontlik gemaak deur Mesh.trade, ’n digitale kapitaalmark-ekostelsel vir kapitaal-insameling en die verhandeling van slim finansiële bates. Hierdie platform voldoen aan alle vereistes om veilige en maklike verhandeling te verseker.

“Hierdie instrument is eenvoudig om te gebruik, uiters verhandelbaar – of dan maklik om te koop en verkoop – en bied ʼn kompeterende opbrengs. ʼn Baie goeie belegging!’’ Dawie Roodt, ekonoom

Waarom moedertaalonderrig?

Volgens navorsing deur Unesco verbeter moedertaalonderrig leeruitkomste en akademiese prestasie aansienlik. Om ‘n kind in hul huistaal te onderrig, hou voordele veel verder as onderwys in; dit bevorder ‘n verbintenis met hul wortels, bewaar hul kulturele identiteit en bemagtig hulle om ‘n diverse wêreld met selfvertroue en trots te navigeer.

Net 1 200 van die openbare skole in die land bied nog onderrig in Afrikaans aan, en die regering se voorgestelde wysigings aan die Wet op Basiese Onderwys (Bela) hou die gevaar in dat daardie getal aansienlik verder gaan krimp.

Daar sal ’n beperkte aantal notas aan die publiek beskikbaar wees met hierdie uitreiking. Registreer op www.mesh.trade om op die waglys te kom voor die inskrywingstydperk aanbreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.