Beskerm jou beursie op Swart Vrydag deur dié wenke te volg

beursie-koop-betaal

Foto: JESHOOTScom/Pixabay.com

Voor jy besluit om jou hele jaar se salaris én bonus op Swart Vrydag-winskopies te bestee – wat ʼn goeie dag is om jou Kersfees-inkopies ook sommer op een slag af te handel – is daar heelwat dinge wat verbruikers in gedagte moet hou wanneer hulle hul kredietkaarte afstof.

“Dis uiters belangrik om voorsiening te maak vir die geld wat jy gaan bestee, want jy kan net dalk te veel bestee. Moenie gedruk voel om elke item wat jy sien te koop nie omdat jy dan ook goed gaan koop wat jy dalk nie nodig het nie,” waarsku Susan Steward, woordvoerder van Budget Insurance.

Om te keer dat jy wel oor jou bestedingsdrempel trap, stel Steward die volgende maatreëls voor.

Onthou om ʼn begroting op te stel

As jy ʼn begroting het, sê Steward, word jou besteding in toom gehou. “As jy van plan is om geskenke te koop, stel ʼn begroting vir elke persoon op sodat jy weet wat jy kan bekostig en hoeveel jy aan elke persoon kan bestee.”

Gebruik apps om jou in toom te hou

Deur middel van begrotings-apps en besparings-apps op jou slimfoon af te laai, soos Spending Tracker, 22Seven, MoneySmart en MyFinancialLife, kan jy jou begroting fyner dophou, al jou transaksies aanteken en presies weet waar en wanneer jy geld uitgegee het.

Moenie oorboord gaan met geskenke nie

kinders_kersboom_geskenke_kersfees.jpg

Foto: sheknows.com

Probeer om jou inkopies rasioneel te benader. Praat met jou kinders oor hul verwagtings van Kersgeskenke en oor wat jy werklik kan bekostig. Stel ook vir jouself ʼn plan op oor watter geskenke jy gaan koop en koop met ʼn doel. “As jy net in die winkels gaan rondloop sonder ʼn plan gaan jy dalk jou begroting oorskry.”

Steward sê dat mense ook in gedagte moet hou dat Januarie weer baie ekstra uitgawes bring, veral vir ouers wat geld op skooluitgawes, uniforms en skryfbehoeftes gaan bestee.

“Onthou dat ʼn dag van toegee chaos in jou bankrekening kan saai en dat jy moontlik skuld gaan moet aangaan om te oorleef,” sê sy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MJ ·

Bespaar 50% deur op Black Friday aankope te doen…
Bespaar 100% slegs deur tuis te bly!!

Regs! ·

Verseker! Ek wil ook nie my tande verloor of ‘n arm breek deur te stoei om voor te kom sodat ek R10 op ‘n blik koffie kan spaar nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.