Boedels: Die SAID en kriptogeld

Kenrick Newport (Capital Legacy) (Foto verskaf)

Deur Kenrick Newport, nasionale bestuurder: erfopvolgingsbeplanning by Capital Legacy

Die kriptogeldstelsel is tans ʼn baie belangrike onderwerp en as sulks, het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) hul aandag nou daarop gevestig. Baie mense is gretig om deel van die kriptowêreld te wees en ván hulle word oornag kriptohandelaars. Vir sommiges is dit slegs ekstra sakgeld. Ander verskuif egter tasbare waarde na hierdie platforms, as deel van hulle beleggings- en aftreebeplanning. Vir hierdie persone is dit verstandig om op hoogte te bly met die SAID se beskouing van hierdie beleggings en transaksies.

Alhoewel die kriptogeldeenhede nie as geldeenhede vir Suid-Afrikaanse belastingdoeleindes geag word nie, word dit as ‘n bate beskou en die SAID pas normale belastingsreëls toe. Na aanleiding van hierdie reëls is kapitaalwinsbelasting en boedelbelasting van toepassing.

Kapitaalwinsbelasting

Die onus rus op die belastingbetaler om alle kripto-verwante belasbare inkomste te verklaar, insluitend kapitaalwins, in die jaar waarin dit ontvang word of opgeloop het. Winste mag as kapitaal van aard beskou word ten opsigte van belasting, soos uiteengesit in die Agtste Bylae tot die Inkomstebelastingwet vir belasting onder die paradigma van kapitaalwinsbelasting. Dit geld ook tydens afsterwe omdat jy geag word as iemand wat van al jou bates ontslae geraak het op die datum van afsterwe en sodoende ‘n kapitaalwinsbelasting-gebeurtenis aktiveer het.

Boedelbelasting

(Foto verskaf deur Capital Legacy)

Omdat die SAID nie die kriptogeldstelsel as ʼn geldeenheid soos die rand beskou nie, maar eerder as eiendom, sal dit as ‘n bate vir boedelbelastingdoeleindes in jou boedel hanteer word. Dit is egter net moontlik indien jou eksekuteur bewus is van die kriptogeldeenhede wat jy besit. Neem in ag dat die kriptogeldstelsel, sowel as die manier waarop jy eienaarskap van die kriptogeldeenhede neem, anoniem van aard is. Dit is dus feitlik onmoontlik vir jou eksekuteur om jou kriptogeldeenhede op te spoor en behoorlik daarvan rekenskap te gee indien dit nie onder sy/haar aandag gebring word nie.

Iets om oor na te dink en onderwerpe wat ons volgende artikels sal dek:

  1. Wat is die veiligste manier om die ‘sleutel’ van jou kriptogeldeenheid se beursie te bewaar om die veiligheid daarvan te verseker, maar ook sodat jou beoogde erfgenaam toegang daartoe het indien daar iets met jou gebeur?
  2. Wat is die toekoms van ‘digitale nalatenskap’, en hoe kan jy daarvoor voorberei?
  3. Hoe vergelyk jou digitale boedelbeplanning met jou fisiese bates, soos gelys in jou testament?

As een van die voorste verskaffers van testamente en boedels het Capital Legacy sy vinger op die pols en werk hy tans aan ‘n oplossing met betrekking tot jou kriptobates ten tyde van boedelbereddering, wat gemoedsrus aan jou erfgename sal voorsien. Hou ‘n ogie op Capital Legacy se sosialemediaplasings en webwerf.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.