Dís hoe jy namens jou kinders vir die onvoorsiene beplan

(Foto verskaf deur Eksekuteurs vir Boedels en Testamente)

Jy is in ʼn wonderlike fase van jou lewe. Dit is besig en lonend, en gaan gepaard met meer aanspreeklikheid. Alles gebeur gelyk, jou kinders en hul aktiwiteit hou jou aan die gang, jou loopbaan blom terselfdertyd en jy het oor die algemeen meer verantwoordelikheid as ʼn paar jaar gelede.

Dit is ʼn lekker en bevredigende fase om in te wees, maar dit vereis ook beter beplanning vir die onvoorsiene en ongemaklike moontlikheid dat jy tydens hierdie fase jou geliefdes kan agterlaat.

Ons weet dat dit moeilik en ongerieflik kan wees om ’n testament met ʼn doelgedrewe trust op te stel. Dis hoekom ons na jou toe kom om die proses in Afrikaans so maklik en gerieflik as moontlik te maak.

Hoekom is ʼn testament belangrik as jy minderjarige kinders het?

Jou testament laat jou toe om te sê hoe jy wil hê jou boedel versprei moet word en wie jou begunstigdes sal wees. ‘n Goeie trust-struktuur kan help om die uitvoer van jou finale wense te vergemaklik, veral in die geval waar daar minderjarige kinders betrokke is.

  • Jy weet dat jou kinders aan ʼn voog van jou keuse toevertrou sal word.
  • Jy weet dat jou kinders die erfporsie sal ontvang waarop jy besluit het.
  • Jy weet dat daar voldoende beplanning vir jou kinders se toekoms gedoen is en dat die trust vir die uitvoering daarvan sal sorg.

Wat maak Eksekuteurs vir Boedels en Testamente uniek?

Ons besef dat die gesprekke wat met die opstel van ʼn testament gepaard gaan soms ongemaklik kan wees. Daarom wil ons vir jou ʼn veilige tuiste skep waarbinne jy met gemoedsrus alles in jou moedertaal met ons kan bespreek sodat ons saam aan die beste oplossing en plan kan werk.

  • Afrikaans: Met twee miljoen mense wat Afrikaans as moedertaal aandui, dien Eksekuteurs vir Boedels en Testamente ’n ongelooflike sterk en lojale marksegment met ’n unieke kultuur.
  • Boedelspesialiste: Ons boedeladministrasiespan sluit toegewyde boedelkonsultante in, wat maandeliks professionele en persoonlike dienste aan honderde kliënte se gesinne lewer.
  • LPP™ Legacy Protection PlanTM: Hierdie plan vrywaar kliënte van regskoste soos eksekuteurs-, testamentêre trust- en oordragfooie, asook ander uitgawes wat met die afsterwe van ʼn geliefde ontstaan.

Hoe jy kan beplan

Dit is so eenvoudig soos om jou wense op skrif te stel.

Stap 1:
Stuur vir ons jou besonderhede. Ons sal jou bel vir ’n afspraak op ’n tyd en plek wat vir jou gerieflik is.

Stap 2:
ʼn Persoonlike konsultasie. Ons deskundige konsultante ry na jou toe om jou behoeftes te bepaal en jou deur die opstelproses van die testament te lei, asook die trust en ander oplossings te bespreek.

Stap 3:
Ons stel jou testament op. Ons stuur die eerste konseptestament binne 48 uur na jou toe. In hierdie stadium kan ons enige wysiging aanbring en seker maak dat jy heeltemal tevrede is.

Stap 4:
Sodra jy die testament onderteken het, druk jy net ’n knoppie en ons kom haal jou testament, kosteloos.

Maak vandag ʼn afspraak. Kontak Eksekuteurs vir Boedels en Testament vir jóú spesialis boedelbeplanning.

  • Eksekuteurs vir Boedels en Testamente spesialiseer in die opstel van testamente en boedelbereddering en maak dit maklik om jou nalatenskap te beskerm. Jy kan jou testament gratis laat opstel, bywerk of wysig. Besoek https://www.eksekuteurs.co.za/ of voltooi die vorm hier onder.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.