Familietwis: Hoe ʼn testament dit kan voorkom

Argieffoto (Foto: Michal Jarmoluk/Pixabay)

Die dood is nie ʼn aangename onderwerp nie, maar dit is ʼn werklikheid. Ons kan strewe om ‘n volle lewe te hê, liefdevolle herinneringe en ‘n nalatenskap agter te laat vir ons familie. Ongelukkig kan sulke mooi herinneringe besmet word wanneer familielede oor jou boedel stry omdat hulle rigtingloos gelaat is.

Tydens jou afsterwe sal jou familie ‘n aantal onmiddellike, praktiese take moet hanteer, insluitend begrafnisreëlings, versekeringspolisse, kommunikasie met vriende en familie wat dikwels oorsee bly, aanpassing sonder jou inkomste en soms verhuising. Die moeilikste van hierdie take is om jou boedelberedderingsproses te begin volgens jou laaste wense soos uiteengesit in jou testament.

Jou testament sit jou wense duidelik en ondubbelsinnig uit een – wie wat moet erf, en hoe.

So, as ‘n testament opgestel is om duidelikheid te gee, beteken dit dat die afwesigheid daarvan verwarring sal bring. Die erns van die impak hang af van jou lewensfase – enkellopend, getroud, getroud met kinders, geskei met kinders, of afgetree met kleinkinders. Dit is belangrik dat jou testament jou lewensfase weerspieël en geldig is.

Jare gelede toe my ouma afsterf, was ek verstom om familietwis oor erfstukke te ervaar. My ma was een van vyf kinders, sy het twee susters en twee broers en was familievas soos enige ander familie. My oupa is jare terug oorlede, so my ouma se boedel was verdeel tussen haar kinders. Sy het nie ʼn testament gehad nie en nog voor haar begrafnis het die kinders onder mekaar begin stry oor meubels, juweliersware, skilderye en ‘n paar ou teestelle. Haar begrafnis was ‘n yslike affêre en dit het jare geneem voordat verhoudings herstel is.

Al die woede en hartseer kon voorkom word as my ouma maar net die tyd geneem het om haar testament op te stel. Jare van twis en bitterheid kon vermy gewees het en haar begrafnis kon eerder haar lewe weerspieël het.

‘n Testament verseker dat jou gesin op hul hartseer en genesing kan fokus en nie verwarring of familietwis hoef te ervaar nie.

As jy nie ‘n testament in plek het nie, of vir ‘n geruime tyd nie wysigings op jou testament aangebring het nie, kan jy deur Capital Legacy, een van Suid-Afrika se grootste testamente- en boedelbeplanningverskaffers, hulp kry! Stuur jou besonderhede sodat ons kan seker maak dat jy nie verder hierdie belangrike taak uitstel nie!

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.