Paniekbystand met die druk van ʼn knoppie

OUTsurance se paniekbystand (Skermgreep uit die video)

OUTsurance se innoverende Panic Assistance-funksie op die OUTsurance-app sluit nou ook mediese hulp in. Met dié funksie kan gebruikers mediese hulp of die naaste gewapendereaksie-eenheid ontbied, wanneer hulle dit nodig het, waar hulle ook al is. OUTsurance-polishouers hoef nie ʼn bykomende premie te betaal nie en diegene wat nie by OUTsurance verseker is nie, kan inteken op hierdie diens teen ʼn minimale jaarlikse fooi.

Danie Matthee, hoof- uitvoerende beampte by OUTsurance, sê: “Ons is altyd op soek na geleenthede om te innoveer, veral as dit waarde toevoeg vir ons kliënte – of in hierdie geval, lewens kan red. Met Panic Assistance kan gebruikers gemoedsrus geniet met die wete dat ongeag waar in Suid-Afrika hulle is, hulle onmiddellike hulp kan ontvang in ʼn noodgeval.”

Die Panic Assistance-funksie word gesteun deur tegnologie wat deur Aura ontwikkel is. Aura is ʼn Suid-Afrikaanse maatskappy wat hulself daartoe verbind het om die wêreld ʼn veiliger plek te maak. Hul platform is ten volle geïntegreer met die OUTsurance-app en bewerkstellig ʼn intydse verbinding tussen die gebruiker en ʼn netwerk van geregistreerde gewapendereaksie-eenhede en mediese nooddienste. In ʼn noodgeval sal die naaste reaksie-eenheid so gou moontlik gestuur word na die gebruiker se ligging, soos aangedui op die gebruiker se slimfoon.

Warren Myers, hoof- uitvoerende beampte en medestigter van Aura verduidelik: “Mens kan aan Aura dink as ʼn ‘Uber vir noodgevalle’. Ons is baie trots op hierdie tegnologie en dit is regtig fantasties om te kan kragte saamsnoer met innoverende maatskappye soos OUTsurance wat hulle kliënte se belange bo absoluut enige iets anders stel. Hierdie diens het reeds lewens gered en al waarin ons regtig belangstel, is om nóg lewens te kan red.”

Panic Assistance vorm deel van OUTsurance se reeks digitale funksies, en word ingesluit by hulle Help@OUT-aanbieding. Dit is beskikbaar op die OUTsurance-app asook op die MyOUTsurance kliënte-skakelblad en/of op die MyOUTsurance kliënte-skakelblad op die OUTsurance-webtuiste.

Matthee voeg by: “Alhoewel Help@OUT aanvanklik net verwys het na pad- en tuisbystand, is ons bly dat dit kon groei en ontwikkel in soveel meer. Buiten ons kritieke noodbystanddienste, het ons kliënte ook toegang tot ʼn hele paar digitale funksies wat die lewe so bietjie makliker maak. Ons is verbind tot innovasie – en daar is nog heelwat hiervan om na uit te sien.”

Laai die OUTsurance-app af by die App Store, Google Play of die Huawei App Gallery en volg die stappe om in te teken op Panic Assistance.  Jy kan ook drie vriende of familielede by jou intekening voeg. Klik hier vir meer inligting oor Panic Assistance.

  • OUTsurance is ʼn gelisensieerde versekeraar en FDV. B’s, V’s en limiete geld. Panic Assistance is beskikbaar aan OUTsurance-polishouers wat vir die diens geregistreer het teen geen bykomende koste nie. Diegene wat nie OUTsurance-kliënte is nie, kan inteken op hierdie diens teen ʼn jaarlikse fooi van R199.

Hoe werk Panic Assistance?

Aura en die Panic Assistance-tegnologie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.