SA Doctors App: Baanbreker slimfoontegnologie bied goeie inkomstegeleentheid

Klik hier vir ‘n kort oorsigvideo

Ná 4 jaar se ontwikkeling en bevestigde vennootskappe met groot spelers soos Solidariteit, MediFin en verskeie apteekgroepe insluitend Arrie Nel, Spar, Pick n Pay en Link, kan SA Doctors App met groot afwagting aankondig dat virtuele mediese konsultasies, vanaf die gerief van jou eie slimfoon of woning, hierdie jaar nog van stapel gestuur gaan word. Hierdie baanbrekertegnologie is reeds ontwikkel en verdere inligting word binnekort deur SA Doctors App aangekondig.  Dit verbreed ook die speelveld vir besigheidstransaksies deur dié platform wat die franchise-geleentheid binne SA Doctors App nog meer aantreklik maak.

Navorsing deur ResearchAndMarkets.com het bevind dat die wêreldbevolking teen 2050 op 10 miljard sal staan met die 65+-jarige ouderdomsgroep as die vinnigste groeiende marksegment. Dié marktsegment, tesame met plattelandse inwoners waar daar soms slegs een praktisyn beskikbaar is, maak virtuele mediese konsultasies of telemedisyne die ideale oplossing. Navorsing toon ook dat webgebaseerde toepassings en -dienste 40% vinniger groei as eie-kliënt gebaseerde oplossings. Telemedisyne bespaar nie slegs kostes en tyd nie, dit verhoog ook toegang tot gesondheidsorg en spesialissorg en stimuleer innovasie.

Sedert die SA Doctors App franchise-geleentheid in Julie vanjaar aangekondig is, is verskeie samewerkingsooreenkomste gesluit wat verder fokus op sagteware as ‘n diens, tesame met innoverende veiligheidsprodukte wat bakterie en virusse bekamp, vir al die mediese diensverskaffers en verbruikers van die platform.

Boonop is vyf franchises verkoop wat die vooruitsig vir werkskepping ‘n realiteit maak en die herhalende maandelikse inkomste vir elke franchise-houer groei. Altesaam 30 area-spesifieke franchises is beskikbaar gestel. Die groei-potensiaal in die Suid-Afrikaanse digitale spasie in gesondheidsorg is onbeperk. ʼn Voordeel wat Covid-19 meegebring het, is die vervroeging van ʼn gesamentlike aanlyn stelsel. “Met ons unieke franchise-geleentheid kan ons teen die einde van 2021 minstens 500 000 verbruikers op ons platforms hê,” sê Willie van Zyl, hoof- uitvoerende beampte van SA Doctors App.

SA Doctors App het sedert sy ontstaan meer as 1,2 miljoen pasiënte met ’n mediese praktisyn verbind. Verbruikers van die webtuiste en die app staan tans op meer as 20 000 unieke gebruikers via die webtuiste met meer as 15 000 gebruikers op die toepassing. SA Doctors App is ’n slimfoon-app en webtuiste wat die gebruiker binne oomblikke verbind met sy/haar naaste mediese diensverskaffer deur middel van ’n geografiese plasing. ʼn Afspraak kan vanuit die toepassing gemaak word met ’n padkaart wat die vinnigste roete aandui. Die veelsydigheid van dié toepassing is onbeperk en nuwe tegnologie word elke dag ontwikkel om die waarde-proposisie vir beide diensverskaffer en gebruiker te verhoog.

SA Doctors App se platform-ontwikkeling is gefokus op vennootskappe wat vindingryk en dinamies is. So ‘n voorbeeld is die vennootskap met LocumBase. LocumBase is ’n onafhanklike platform wat mediese praktisyns en praktyke in verskeie velde bymekaar bring. “Ons het sopas nuwe funksies op die bestaande platform van stapel gestuur en ons groeiende gemeenskap stel ons in staat om praktyke en locums te bemagtig en hul besigheid te groei,” sê Zulé Vuuren, stigter en uitvoerende hoof van LocumBase. Meer as 4 000 locums en 700 praktyke is reeds aan boord en gereed vir die locum-revolusie. Met die vrystelling van die nuwe weergawe, en hul deelname in die gesogte GrindstoneXL besigheidsprogram, bring LocumBase innovasie en eenvoud na die komplekse mediese locum-sektor.

Die revolusionêre gesondheidsorgmaatskappy, Novaerus Air, het aan boord gekom met SA Doctors App om hulle produk en dienste deur SA Doctors App se netwerk te bemark en te verkoop. “Hierdie dinamiese groep met sy oorsprong in Ierland is ’n reuse-aanwins en gaan ʼn voorloper wees van lugsuiwering in Suid-Afrika, voeg van Zyl by.

Nog ‘n produkvennoot, Pure Zone Solutions, gaan voortaan as ’n voorkeurverskaffer ook sy produk uitrol in die gesondheidsbedryf deur die SA Doctors App. Nóg ’n unieke produk met verskeie innovasies in oppervlak-applikasies en kleinhandelprodukte is Pure Pad wat help met veilige bakterie- en virusbekamping en -beheer.

’n Voordeel van hierdie unieke franchise-geleentheid lê daarin dat geen swaar kapitale uitleg nodig is soos met meeste franchise-geleenthede wat fisiese spasie opneem en opknap nie. Beleggers het ook nie die kopseer van moue oprol en inspring om die geleentheid te maak werk nie, aangesien die besigheidsplan en aksies deur die franchisegewer en sy span daagliks bestuur en behartig word.

Franchise-geleenthede in gesondheidsorg is seldsaam. Moenie hierdie fantastiese en unieke herhalende inkomstegeleentheid misloop nie. Kontak vandag ons nasionale franchise-bestuurder deur hier te klik (SA Doctors App-franchise-navraag) en laai die app af by https://play.google.com/store/apps/details?id=com.app.p6786HI&hl=en_ZA of besoek die webwerf by www.sadoctorsapp.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.