Sê nou net jy word honderd jaar oud?

Beide Waterkloof Marina en Celebration het verhitte swembaddens en bied onder andere waterterapie aan en nog meer

Elke dekade sedert 1840 het die gemiddelde lewensverwagting van mense met twee tot drie jaar verhoog. Die verwagting is tans dat mense wat in 1987 gebore is, met ’n 50%-waarskynlikheid ʼn gemiddelde ouderdom van 98 tot 100 sal behaal; diegene wat in 1997 gebore is, kan gemiddeld 101 tot 102 jaar oud word, en kinders wat in 2007 gebore is, kan ’n gemiddelde ouderdom van 104 bereik.

Argeologiese bewyse toon dat mense in die verlede ook fisies korter was as nou. So onlangs as ’n eeu gelede was die gemiddelde persoon ongeveer 5 sentimeter korter as vandag.

Volgens geleerdes dra verskeie faktore by tot groter liggaamsbou en hoër lewensverwagting. Die mediese wetenskap het dramaties verbeter. Verskeie siektes wat in die verlede lewensbedreigend was, is vandag glad nie meer ’n faktor nie. Kinders se kanse op oorlewing is ook vandag drasties beter en die kanse dat jy hartsiektes en kanker kan oorleef, is die beste ooit.

’n Langer lewe kan ’n seën of ’n vloek wees. Wat dit in jou geval gaan wees, sal grootliks bepaal word deur hoe jy dit benader. Kundiges beklemtoon dat mense reeds tydens hul aktiewe werksjare bewus moet wees van die moontlikheid dat hulle langer as hulle voorouers gaan leef en daarvoor moet begin beplan.

Nie net is finansiële beplanning nodig sodat jy nie jou beskikbare fondse oorleef nie, maar dit is ook nodig om te beplan in watter lewensruimte jy die grootste gedeelte van jou volwasse lewe ná die ouderdom van 50 of 60 gaan deurbring. Jy gaan waarskynlik méér herfsjare as jou voorouers beleef. Daarom moet jy seker maak dat jy iewers woon waar die beskikbare ondersteuningsdienste jou in staat stel om langer selfstandig te lewe en die uitdagings van langer oud wees met waardigheid die hoof te kan bied.

Volgens Riaan Joubert van Central Developments, markleiers in die ontwikkeling van aftreelandgoedere, is Suid-Afrikaners bevoorreg om toegang te hê tot van die beste aftreefasiliteite ter wêreld. Hiervan is Waterkloof Marina in Waterkloofrif, Pretoria, en Celebration Aftreelandgoed in die noordelike voorstede van Johannesburg, hul mees onlangse aftreeontwikkelings, uitstekende voorbeelde. Anders as ’n dekade gelede is die fokus in beide hierdie aftreelandgoedere meer op ’n aktiewe, gesonde leefstyl as op ’n passiewe aftrede.

Volgens Joubert besef hulle al ’n geruime tyd dat baie afgetredenes vir ’n derde van hulle lewe, of langer, in ’n aftreelandgoed gaan woon. Die grootste gedeelte daarvan sal waarskynlik gesonde en aktiewe jare wees. Dit is daarom belangrik om ’n ruimte te skep waar afgetredenes, met die nodige ondersteuning, steeds voluit kan lewe. Dit is ook ewe belangrik om voldoende infrastruktuur te skep, sodat hulle maklike toegang tot behoorlike mediese ondersteuning en versorging het. Hy sê dat die kwaliteit, toeganklikheid en bekostigbaarheid van mediese versorging in hul latere jare, tot ’n groot mate afgetredenes se lewensgehalte bepaal.

Die fasiliteite wat by beide aftreelandgoedere beskikbaar is, bevestig Central Developments se verbintenis tot ’n kwaliteit leefstyl vir persone wat hulself in dié landgoedere vestig. Leefstylfasiliteite op die perseel soos ’n koffiewinkel, restaurant, verhitte swembad, mini-gimnasium, staproetes in die parke en natuurareas, voëluitkykpunte, ’n biblioteek, haar- en skoonheidsalon, wasserydiens, ontspanningsaal en sentrale kuierareas, bied aan inwoners maklike toegang tot ondersteuning en ander noodsaaklike dienste wat hulle mag benodig. Dit skep ook ’n ideale omgewing vir gesonde sosiale interaksie.

Mini-gymnasium by Waterkloof Marina

Met versorgingsfasiliteite soos ’n 24 uur-verswaktesorgeenheid, demensie-eenheid, mediese spreekkamer en ’n kliniek wat reeds in die eerste fase operasioneel is, het inwoners van hierdie tipe landgoedere die gemoedsrus dat hulle in elke fase van hul aftrede behoorlik versorg sal word.

Kundiges in die aftreebedryf is dit eens dat vroegtydige beplanning die goue sleutel tot ’n gemaklike en sinvolle aftrede is. Inaggenome die toenemende lewensverwagting van afgetredenes, is dit die moeite werd om nou reeds jou planne agtermekaar te kry. Besoek gerus Waterkloof Marina Aftreelandgoed in Pretoria en Celebration Aftreelandgoed in Randburg, Johannesburg, om jou te vergewis van die waarde wat hierdie ontwikkelings tot jou latere lewensjare kan toevoeg.

In beide aftreelandgoedere word die eiendomme met volle eiendomsreg verkoop en nie net lewensreg nie. Dit is die ideale geleentheid vir enigiemand om in ’n eiendom te belê en reeds op ’n vroeë ouderdom ’n voet in die deur te kry. Tans oorskrei die vraag (beide verkope en verhurings) na hierdie nis aftree-eiendomme met behoorlike versorgingsfasiliteite verreweg die aanbod in die mark. Dít lei tot bogemiddelde groei in eiendomswaarde en ‘n goeie huurinkomste wat ‘n uitstekende belegging met ongeëwenaarde opbrengste tot gevolg het.

Alle inwoners het toegang tot mediese ondersteuning en versorging op die terrein

By Waterkloof Marina Aftreelandgoed in Pretoria, die enigste waterfrontaftreelandgoed in Gauteng, word die laaste 15 huise tans verkoop en belangstellendes moet vinnig spring om nie hierdie geleentheid mis te loop nie. By Celebration Aftreelandgoed in Randburg, Johannesburg, is steeds ’n verskeidenheid huise en woonstelle beskikbaar teen pryse van so min as R990 000. Die skouhuise kan daagliks op afspraak besigtig word.

Central Developments stel ook hierdie jaar in Oktober Bergvallei Aftreelandgoed in Montana, Pretoria, bekend waar hulle uit die staanspoor doeltreffende beurtkragoplossings in dié nuwe ontwikkeling se eiendomme insluit. Klik gerus hier vir meer inligting oor Central Developments se aftreelandgoedere.

Maak seker jou beplanning vir aftrede kom van die grond af. Sê nou net jy word honderd jaar oud!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.