September is testamentemaand: Is jou testament reg?

Die afgelope jaar het die wêreld ʼn ongekende spoed van ontwikkeling en verandering gesien, van kunsmatige intelligensie tot ʼn hibriede manier van werk. Hierdie ontwikkeling en die spoed waarteen dit gebeur, moet ook in gedagte gehou word met die beplanning van jou nalatenskap.

September is weer testamentemaand en by Eksekuteurs vir Boedels en Testamente wil ons van hierdie geleentheid gebruik maak om ʼn belangrike gemeenskapsdoelwit te bereik. Ons doelwit is om soveel as moontlik Suid-Afrikaners te help om hul testamente in orde te kry, hetsy met die opstel van ʼn eerste testament of die aanpassing van ʼn bestaande testament met spesialiskennis.

Saam kan ons sekerheid tydens onsekerheid verseker.

Nasionale Testamente-week vind vanaf 11 tot 15 September plaas maar ons ag hierdie doelwit, om mense met hul testamente te help, belangrik genoeg om vir ʼn hele maand slegs hierop te fokus.

Hoekom is dit só belangrik dat jou testament in orde moet wees?

Meer as 70% van Suid-Afrikaners sterf sonder ’n geldige testament. Het jy al gewonder wat sal gebeur as jy nie ʼn geldige testament het nie? Hier is die topses gevolge:

  • Jou erfenis: Die boedel sal volgens Suid-Afrikaanse wetgewing verdeel word en nie volgens jou wens nie.
  • Jou huwelik: Die oorlewende gade kan met niks nie agtergelaat word.
  • Jou kinders: Jou kinders se erfporsie kan oorgedra word na die Staatsvoogdyfonds of aan die aangestelde voog gegee word.
  • Familietwis: Familietwis kom dikwels voor wanneer familielede nie leiding ontvang oor die verdeling van ’n boedel nie.
  • Vertragings: Sonder ’n testament is die regering in beheer van die proses, wat jare kan neem.
  • Voogdyskap: Die geleentheid om ’n voog vir minderjarige kinders te benoem word verbeur.

Ons maak die opstel van testamente maklik

Die meeste Suid-Afrikaners het nie ’n geldige testament in plek nie, bloot omdat hulle nie daarby uitkom nie. Ons werk hard om hierdie belangrike taak vir die kliënt so moeitevry as moontlik te maak.

  • Persoonlike konsultasie: ’n Konsultant ontmoet die kliënt, hetsy by die werk of by die huis, gedurende of ná kantoorure.
  • Ons stel die testament op: Binne 48 uur word die eerste konseptestament aan jou gestuur.
  • Ondertekende testament-invordering: Sodra die testament onderteken is, word dit gratis by jou afgehaal.

Wat maak Eksekuteurs vir Boedels en Testamente uniek?

Ons besef dat die gesprekke wat met die opstel van ʼn testament gepaard gaan soms ongemaklik kan wees. Daarom wil ons vir jou ʼn veilig tuiste skep waarbinne jy met gemoedsrus alles in jou moedertaal kan bespreek sodat ons saam aan die beste oplossing en plan kan werk.

  • Afrikaans: Met twee miljoen mense wat Afrikaans as moedertaal aandui, dien Eksekuteurs vir Boedels en Testamente ’n ongelooflike sterk en lojale marksegment met ’n unieke kultuur.
  • 126 boedelspesialiste: Ons boedeladministrasiespan sluit toegewyde boedelkonsultante in, wat maandeliks professionele en persoonlike dienste aan honderde kliënte se gesinne lewer.
  • LPP™ Legacy Protection PlanTM: Hierdie plan vrywaar kliënte van regskoste soos eksekuteurs-, testamentêre trust- en oordragsfooie, asook ander uitgawes wat ontstaan met afsterwe.

Die koste verbonde aan afsterwe

Die meeste mense beplan nie vir die onverwagte koste verbonde aan afsterwe nie. Dit kan eksekuteurs-, oordrags-, testamentêre trustfooie en ander koste insluit, wat tot kontanttekorte in die boedel kan lei.

Die Legacy Protection PlanTM dek al die fooie verbonde aan boedeladministrasie. Deur gebruik te maak van ons gevorderde metodologie kan ons nie net die testament opstel nie, maar ook – binne minute – bepaal wat die regskoste met afsterwe sal wees.

Kontak vandag nog jou finansiële adviseur.

  • Eksekuteurs vir Boedels en Testamente spesialiseer in die opstel van testamente en boedelbereddering en maak dit maklik om jou nalatenskap te beskerm. Jy kan jou testament gratis laat opstel, bywerk of wysig. Besoek https://www.eksekuteurs.co.za/ of voltooi die vorm hier onder.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.