September is Testamentemaand

(Foto verskaf deur Capital Legacy)

Vir Capital Legacy is elke dag Testamentedag, elke maand is Testamentemaand, en elke jaar is Testamentejaar, omdat laaste wense en testamente in ons DNS is.

Dit is waarom ons van die begin af die Regsvereniging van Suid-Afrika ten volle ondersteun het met Nasionale Testamenteweek. Dit word tradisioneel in September gehou waar deelnemende firmas basiese testamente gratis opstel. Vanjaar is dit van 12 September tot 16 September.

Capital Legacy stel van sy ontstaan 10 jaar gelede testamente gratis op. Ons het reeds 545 000 Suid-Afrikaners gehelp om hulle testamente in orde te kry. Dit maak ons die grootste opsteller van testamente in die land.

Die persentasie Suid-Afrikaners sonder ’n testament is skokkend hoog op meer as 70%. Capital Legacy se missie is om die verlies van ’n geliefde makliker te maak, en dit was dus heel logies vir ons om die volgende stap te neem om Testamenteweek in Testamentemaand te omskep.

Capital Legacy is so missie-gedrewe dat ons selfs op openbare vakansiedae en na-ure werk om ons kliënte tegemoet te kom. Ons beskik ook oor ’n koerierdiens wat die getekende testamente gratis oplaai om seker te maak dat dit in veilige bewaring gehou word.

Daar is so ’n groot behoefte in Suid-Afrika aan testamente dat ons tans ’n gemiddeld van 10 000 kliënte maandeliks bystaan om hulle testamente op te stel.

Ons stel nie net testamente op nie, maar ons het een van die grootste boedelberedderaarspanne in die land, wat meer as 100 nuwe boedels per maand onder die vlerk neem. Deur die jare wat ons bestorwe boedels hanteer, sien ons ongelukkig al te dikwels die daaglikse realiteit van families wat sukkel om die verlies van ’n geliefde te hanteer. Dié worsteling is baie meer intens wanneer die geliefde se sake nie in orde is nie.

Die meeste mense weet dat hulle ’n testament nodig het, maar statistieke toon dat uitstel een van Suid-Afrikaners se groot swakhede is.

Die Regsvereniging het reeds verduidelik dat dit belangrik is om jou testament professioneel te laat opstel omdat “’n testament dikwels ongeldig is omdat die persoon wat dit opstel, nie oor die nodige regskennis beskik om te verseker dat dit aan al die vereistes van die wet voldoen nie. Met die opstel van ’n testament, maak jy seker dat jou bates ná jou afsterwe kragtens jou laaste wens verdeel word”.

Of jy ’n ouer, ’n broodwinner, of ’n huiseienaar is, of sommer net wil seker maak dat jou sake in orde is, is dit belangrik dat jy ’n geldige testament het wat deur ’n professionele persoon opgestel is. ’n Geldige testament laat jou toe om te sê wat jou laaste wense is, wie jou bates en eiendom moet erf, wie jy wil hê as die eksekuteur van jou boedel moet optree en wie jy wil nomineer as die voog/de vir jou minderjarige Kinders (jonger as 18 jaar oud).

’n Geldige testament stel jou in staat om die belange van jou geliefdes te beskerm en help om seker te maak dat daar geen onnodige vertragings is nie in die proses om jou boedel na jou heengaan af te handel.

Nadele om nie ’n geldige testament te hê nie

Sou jy te sterwe kom sonder ’n testament, sterf jy intestaat, en die Meester van die hooggeregshof sal dan ’n eksekuteur aanstel om die administrasie van jou boedel te behartig.

Omdat minderjarige kinders nie bates mag erf nie, sal die bates wat jou minderjarige kinders toekom, in die Voogdyfonds geplaas word. Die staat het die Voogdyfonds gevestig om geld te ontvang en te bestuur namens mense wat regsgeldig nie in staat daartoe is nie of wat nie die vermoë het om hul eie sake te kan bestuur nie. Dit sluit minderjarige kinders en verstandelike gestremde mense in. Die hof sal ook ’n voog vir jou minderjarige kinders aanstel. Die voog mag dan ook eise instel teen die Voogdyfonds vir die kinders se uitgawes.

Die meeste mense sal nie dié roete met hulle boedel wil volg nie. Dit is boonop ’n moeisame proses omdat alle eise vir valse eise gefynkam word, wat verdere vertragings veroorsaak. Sou daar enige bates oorbly teen die tyd wat die minderjarige kinders 18 word, mag hulle by die Voogdyfonds aansoek doen om hulle bates aan hulle uit te keer.

Selfs as jy nie kinders het nie en jy sou met jou heengaan nie ’n testament hê nie, verbeur jy die geleentheid om te besluit wie erf wat. Jou boedel word dan kragtens Suid-Afrikaanse wetgewing verdeel. Dit beteken dat mense wat jy nie wou hê voordeel moes trek uit jou boedel nie, mag dalk jou bates en familie-erfstukke erf.

Die voordele van ’n testament

  1. Die ouer nomineer voogde vir die minderjarige kinders. Voogde is mense wie die ouers en die kinders ken en vertrou. Dit is nie gewaarborg dat die kinderhof jou genomineerde voogde as permanente voogde sal bekragtig nie omdat ’n maatskaplike werker met hulle onderhoude sal voer en hulle en hulle omstandighede noukeurig sal navors. Dit is egter ’n uitstekende rigsnoer vir die maatskaplike werker van waar om te begin en in die meeste gevalle word die genomineerde voogde wel deur die hof bekragtig.
  2. Bates wat vir die kinders geoormerk is, mag in ’n Testamentêre Trust beskerm word en professioneel deur ’n prokureur of ’n vertroude trustmaatskappy soos Capital Legacy bestuur word. Dit sal die kinders se finansiële toekoms beskerm en moeilike sake takel, soos ’n eiendom wat aan minderjarige kinders nagelaat word, wie hulle geldsake sal bestuur en die ouderdom waarop al die geld aan die kinders oorgedra word.
  3. ’n Testament met ’n Testamentêre Trust vir minderjarige kinders maak dit aansienlik makliker en vinniger vir die voogde om toegang te kry tot geld vir die kinders se behoeftes.
  4. ’n Testament help om verwarring en onderonsies tussen familielede uit die weg te ruim wat bates aanbetref, omdat jy duidelik uitstippel wie erf wat en jy kan ’n eksekuteur wat jy vertrou, aanstel om die boedel te administreer.

Oor die afgelope 10 jaar wat ons Suid-Afrikaners help om hulle testamente in orde te kry, het ons gedurig ons prosesse verbeter en verfyn om dit makliker, moeitevry en toeganklik vir almal te maak. Meer as 545 000 kliënte later, werk ons steeds hard om die verlies van ’n geliefde makliker te maak deur seker te maak dat meer Suid-Afrikaners hulle testamente kan opstel.

In hierdie Testamentemaand, moenie uitstel nie, reageer nou, vertel almal wie jy ken en laat ons vandag jou erfenis vir jou bou.

By Capital Legacy kry jy al die kundiges, wat sake vir jou, die kliënt, aansienlik vergemaklik.

Capital Legacy spesialiseer in die opstel van testamente en boedelbereddering en maak dit maklik om jou nalatenskap te beskerm. Jy kan jou testament gratis laat opstel, bywerk of wysig. Besoek www.capitallegacy.co.za of voltooi die vorm hier onder.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.