Testamentweek: My vriend sterf en sy eks erf alles

Argieffoto (Foto: Free-Photos/Pixabay)

Ons weet almal dat ons moet seker maak dat ons testamente opgestel en op datum is. Dit is een van daardie dinge wat ons weet belangrik is, maar ongelukkig nie altyd as dringend beskou nie. Die probleem is dat meeste mense nie besef watter negatiewe impak afsterwe sonder ʼn geldige testament sal hê op jou familie en afhanklikes nie.

Wat is ʼn testament? Eenvoudig gestel, dit is ʼn dokument wat vasstel wie jy wil hê moet voordeel trek uit jou boedel, en hoe jy jou kinders se finansiële welstand wil verseker. Dit maak dan sin dat ons wysigings op ons testamente aanbring in verskillende stadiums in ons lewens, om te verseker dat dit steeds geldig is vir ons omstandighede en volgens ons wense opgestel is. Byvoorbeeld, ná ‘n egskeiding, sal jy heel waarskynlik wil hê dat jou testament moet verander.

ʼn Skoolvriend van my was getroud, vir ʼn hele paar jaar, en hulle het twee kinders. Hul huwelik was onstuimig om die minste te sê, en ʼn paar jaar gelede het hulle geskei en selfs al was dit moeilik, het hy met sy lewe aangegaan en iemand anders ontmoet vir wie hy lief geraak het en hulle het beplan om te trou. Sy verhouding met sy eksvrou was gespanne, maar hulle het in kontak gebly as gevolg van die kinders. Hy het ook regtig gesukkel met sy eksvrou se nuwe kêrel omdat hy nie die soort persoon is wat hy om sy kinders wou hê nie, maar hy het nie veel gesê as gevolg van hul gespanne verhouding nie.

Nie so lank terug nie, het ek en hy gekuier en ek vra hom toe of sy testament bygewerk is sedert sy egskeiding. Hy het met paniek in sy oë na my gekyk toe hy besef dat sy testament nie op datum is nie. Sy laaste testament het alles aan sy eksvrou gelos. Bewus daarvan dat haar nuwe kêrel sou baat, het hy dadelik met dringendheid sy betrokke prokureur gebel om ʼn nuwe testament op te stel. Sy plan was om ʼn testamentêre trust vir sy kinders te stig, sy sportmotor aan sy dogter te laat en dan seker te maak dat sy nuwe verloofde finansiële voorsiening het, selfs al was hulle nog nie getroud nie.

‘n Paar maande later was ek verstom om te hoor dat my vriend in ‘n motorongeluk gesterf het. Dit was so ‘n skok, ons het maar net ‘n paar maande vroeër gesels oor koffie. Ek was nog verder verstom toe ek uitvind dat hy nie sy nuwe testament gefinaliseer het nie – sy verloofde het niks geërf nie en sy kinders ook nie. Hy het nooit sy nuwe testament onderteken nie en so nie bekragtig nie. Sy eksvrou het alles geërf, alles!

My vriend het geweet dat dit belangrik was. Hy het geweet dat hy wysigings moet aanbring op sy testament. Maar spyt kom te laat.

Sy verloofde het niks geërf nie. Sy moes gedurende ʼn emosionele tyd uit hulle huis trek en sy moes haar lewe herbou. Omdat sy eksvrou alles geërf het, het haar kêrel in my vriend se sportmotor, wat hy aan sy dogter wou oorlaat, rondgery. Selfs al is sy kinders goed versorg is dit nie die uitkoms wat hy wou hê nie. Ek is seker hy sou alles gee om nog ‘n dag te hê om dinge reg te stel. Maar dit is nou te laat. Sommige take moet nooit uitgestel word nie – jou testament is beslis een van hulle!

As jy nie ‘n testament in plek het nie, of vir ‘n geruime tyd nie wysigings op jou testament aangebring het nie, kan jy deur Capital Legacy, een van Suid-Afrika se grootste testamente- en boedelbeplanningverskaffers, hulp kry! Stuur jou besonderhede sodat ons kan seker maak dat jy nie verder hierdie belangrike taak uitstel nie!

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.