Video: AVBOB se eenstopdiens vir kliënte

(Foto: Verskaf)

Dood in ʼn gesin is ʼn hartseer gebeurtenis en dit is beslis nie die tyd wanneer familielede van bakboord na stuurboord gestuur wil word om hul geliefde ʼn waardige afskeid te gee nie.

Dit is waarom die begrafnisondernemingsgroep AVBOB ʼn eenstopdiens aan hul kliënte bied wat nie net verseker dat hulle finansieel ʼn begrafnis kan bekostig nie, maar ook die dienste verskaf om geliefdes waardig te begrawe of te veras.

“Aan die een kant bied ons ʼn wye reeks begrafnisversekeringsprodukte wat verskeie familielede kan dek. Sou die nood tref en daar is wel ʼn sterfte in die familie, kan ons ook die begrafnis doen. Dit is een stelsel wat die hele proses van ʼn begrafnis moeitevry vir ons kliënte hanteer,” verduidelik Theo Dönges, AVBOB se hoofbestuurder van verkoopagente.

AVBOB het tans 210 takke landwyd wat begrafnisdienste aanbied, terwyl kliënte finansiële dienste by 140 takke van die groep kan ontvang. AVBOB het ʼn verdere vier kliëntedienskantore, wat ʼn redelike nuwe toevoeging tot die groep se takke is.

“Ons is ʼn onderlinge versekeringsgenootskap, wat beteken ons enigste aandeelhouers is AVBOB se polishouers. Dit is vir ons belangrik om so na as moontlik aan hulle te wees. Met hierdie verspreiding van ons takke gee dit kliënte die versekering dat ons in hul naaste dorp die dienste kan bied wat hulle sou benodig.”

Dönges benadruk verder dat die begrafnisondernemingsgroep soveel as moontlik doen om koste vir hul kliënte te bespaar omdat die bekostigbaarheid van ʼn waardige begrafnis dikwels ʼn uitdaging kan wees, veral in laer inkomstegroepe.

Midde in die COVID-19-pandemie het AVBOB talle pogings aangewend om die beste diens aan kliënte in die moeilike tyd te bly verseker. Die groep het drie van sy kliëntedienskantore gevestig om kliënte by te staan, terwyl die inbelnommer steeds 24 uur beman word om kliënte met begrafnisreëlings by te staan.

AVBOB het verseker kliënte kon hulle premies by meer van die groot kettingwinkels, naamlik Pick n Pay-, Boxer-, Shoprite-, Checkers-, PEP- en Usave-winkels se betaalpunte vereffen.

“Van ons kliënte het in die pandemie hul werk verloor of kon tydelik nie hul premies bekostig nie. AVBOB het dié kliënte te hulp gesnel en ʼn betaalvakansie op sekere premies verskaf, terwyl ons ons kommunikasie met kliënte opgeskerp het in dié tyd,” voeg Dönges by.

AVBOB het ook teen die einde van April 2020 ʼn sprong na digitale verkope van die groep se polisse gemaak. Kliënte kon elektronies en met stemopnamegeriewe aansoek doen vir begrafnisversekering.

“As daar ʼn eis by AVBOB is, moet ʼn mens aanvaar daar was ʼn sterfte in die familie, en dit gaan gepaard met trauma en emosionele kwessies. Met ons inbelnommer, wat 24 uur, sewe dae per week beskikbaar is, staan ons ons kliënte graag met hulp en raad by oor hoe en waar om met die proses van ʼn begrafnis te begin.”

Dönges benadruk dat AVBOB ʼn diens wil bied wat al die reëlings by kliënte kan oorneem. “Dit gaan oor gemoedsrus. Selfs as daar ʼn kontanteis is, wil ons kliënte help om alles maklik en eenvoudig te hou.”

Lesers wat belangstel in meer inligting oor AVBOB se begrafnisdienste en -voordele, kan enige AVBOB-kantoor of AVBOB se webwerf besoek, of die inbelsentrum by 0861 28 26 21 skakel. Lesers kan ook ʼn e-pos stuur na [email protected].

Kyk hier na die video van die onderhoud:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.