Vra vir Ed: Oor testamente en eksekuteurs

Capital Legacy is een van die toonaangewende verskaffers van testamente en boedels in Suid-Afrika met meer as 370 000 kliënte en voorsiening van spesialisdekking vir regsonkostes van bykans R80 miljard.

Eduann Vorster, bemarkingsdirekteur by Capital Legacy, antwoord ʼn paar lesersnavrae. Het jy ook ʼn vraag? Gebruik die vorm onderaan dié artikel om jou vraag vir Ed te stuur.

  • Lesersvraag: Ek en my vrou het vier jaar gelede ʼn gesamentlike testament opgestel. Ek het verlede jaar my eie persoonlike een opgestel. Is die “gesamentlike” een nog geldig vir my vrou?

Ed sê: 

Ja, die gesamentlike testament is steeds geldig vir jou vrou, maar nie vir jou nie, aangesien jou nuwe testament dit sal vervang. Ek sou egter voorstel dat jy ‘n nuwe testament vir jou vrou opstel sodat daar geen verwarring is nie.

  • Lesersvraag: Hoe gaan julle weet as ek dood is?

Ed sê:

Ons stel voor dat jy die inligting oor waar jy polisse uitgeneem het, en watter maatskappy jy gebruik het om jou testament op te stel en aangewys het om jou boedel te likwideer, met jou geliefdes deel. Dit sal verseker dat hulle weet wie om te kontak in die geval dat jy afsterf.

  • Lesersvraag: Ek wil weet of daar meer as een mede-eksekuteur mag wees. Kan ek en my broer saam op my ma se boedel aangewys word en die instansie wie die boedel gaan dien? Ek wil ook weet hoeveel kommissie die mede-eksekuteur van die boedel kry.

Ed sê:

Ja, jy kan meer as een persoon aanstel om saam met die aangestelde maatskappy as mede-eksekuteur op te tree. Eksekuteursfooie kan soveel as 3,5% (plus BTW) van die waarde van die boedel wees. Hierdie professionele fooie kan soms met die eksekuteur onderhandel word of, soos in die geval met Capital Legacy, kan jy versekering uitneem om hierdie fooie te dek.

Kontak ons gerus by capitallegacy.co.za vir meer inligting – ons bied gratis testament-konsultasies.

  • Klik hier om te sien watter vrae Ed voorheen beantwoord het.
  • Klik hier om vorige artikels deur Capital Legacy op Maroela Media te lees.

Het jy ook ʼn vraag? 

Het jy ook ʼn vraag oor testamente, trusts of boedels? Voltooi hierdie vorm sodat Ed dit kan oorweeg vir ʼn volgende moontlike lesersnavraag.

Die vorm is gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.