10 dae, R100 000 se geskenke: Wen ʼn Klerekas-geskenkbewys

Klerekas.com

Maroela Media, jou lekkerste bron van nuus, jou tuiskomsplek, jou heenkome, vier vanjaar ons 10de verjaarsdag! Om dié spesiale verjaarsdag te vier, het verskeie ondernemings en organisasies hand bygesit om ons lesers te bederf.

Klerekas.com bederf een Maroela-leser met ‘n R2 500-geskenkbewys!

“Gits tannie! Wat het jy vandag aangetrek? Het jy dan nie gehoor dat Maroela Media 10 jaar oud word nie? Hierdie is ʼn groot digitale Afrikaanse partytjie. Ons beter jou optooi vir die geleentheid.”

By www.klerekas.com kry jy vellies, stewels, hakke, broeke, bloese, rompe, rokke, oorbelle, sonbrille, kouse, gordels en meer as 3 000 klere-items waaruit jy kan kies, want ons styl dra jy nes jy wil. Klerekas.com is Suid-Afrika se grootste Afrikaanse aanlyn klerewinkel waar jy vanaf enige plek kan klik en koop waarna ons posman uitbundig by jou voordeur sal kaperjol, ding-dong fluit en sing dat jou pakkie hier is.

Buiten jou ouma se gemmerkoekies is daar niks wat so lekker smaak soos jou aanlyn inkopies wat by jou huis afgelewer word nie. Verkoop jou tienerjare tromstel of gaps jou wederhelf se kredietkaart. Maroela Media vier ʼn groot mylpaal en jy moet spoggerig aangetrek wees vir die geleentheid. Besoek www.klerekas.com om toegang te kry tot die nuutste modeklere teen sakpaspryse, boonop kan jy in Afrikaans sjop!

“Maroela Media ons klink saam met julle ʼn glasie sjampanje – julle maak Afrikaans aantreklik. Mag julle woorde en nuus vir die volgende 10 jaar steeds stylvol bly.”

Die sluitingsdatum van hierdie kompetisie is 4 Augustus 2021 om 23:45.

Onthou, hierdie is maar net een van die geskenke wat Maroela weggee tydens ons 10 dae, R100 000 se geskenke-veldtog om ons 10de verjaarsdag mee te vier. Maak seker dat jy van 20 Julie tot op die dag van ons verjaarsdag, 29 Julie 2021, elke dag net hier op maroelamedia.co.za inskakel – ons gaan elke dag wonderlike geskenke weggee!

Wen ʼn klerekas.com-geskenkbewys ter waarde van R2 500

Die kompetisie het gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.