905 bome vir Pretoria

GROOTfm 90.5 en die kwekerygroep, Plantland, het hande gevat om 905 bome aan die Jakarandastad, oftewel Pretoria, te skenk. (Foto: verskaf)

GROOTfm 90.5 en die kwekerygroep, Plantland, het hande gevat om 905 bome aan die Jakarandastad, oftewel Pretoria, te skenk.

Boomplantweek vind vanjaar van 29 Augustus tot 4 September plaas, en dié twee organisasies vier dit deur die Pretoria-gemeenskap te bederf met honderde bome.

GROOTfm 90.5 en Plantland het reeds hul veldtog afgeskop met ʼn skenking van 200 pekanneutbome aan die Atterbury Trust se Terugploeg-aksie.

Jacques Pauw, operasionele bestuur van Terugploeg, sê hulle wil graag hierdie bome aanwend om ’n volhoubare verbouing te vestig waarmee hulle die gemeenskap kan dien en werkgeleenthede kan skep.

Yolandie Malan, bemarkingsbestuurder van Plantland, meen dat daar talle voordele aan ’n pekanneutboom is. Dit sluit in dat dit ’n ideale groot koelteboom in die somer is, dat die bome heerlike, eetbare neute verskaf wat onder meer hoog in vesel is en talle gesondheidsvoordele inhou, dat dit ’n penwortelstelsel het wat nie plaveisel oplig nie en wat “water-wys” is.

Boomplantweek word jaarliks in die eerste week van September gehou met die departement van bosbou, visserye en omgewing wat verantwoordelik is vir die veldtog.

Dié week word ingespan om Suid-Afrikaners aan te moedig om inheemse bome as praktiese en simboliese gebaar van volhoubare omgewingsbestuur aan te plant.

Dié week bied die regering, privaatsektor, nie-regerings- en gemeenskapsgebaseerde organisasies en die publiek die geleentheid om betrokke te raak by die vergroening van hul omgewing.

  • As jy vertakkings aan die veldtog wil voeg en weet van ʼn plek by ʼn skool of op private eiendom wat ʼn pekanneutboom verlang en sal waardeer, stuur ʼn e-pos na [email protected] met die onderwerp GROOT BOOM.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

maloera ·

……inheemse bome as praktiese en simboliese gebaar…….
Maak mens voel sommer warm om die hart!

Harley Davidson ·

Ek wens elke dorp kan ‘n honderd bome plant uitstekende positiewe inisiatief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.