Afrikaans in die spervuur; FAK skep hoop

Foto: fak.org.za

Foto: fak.org.za

[promosie-artikel]

Te midde van die onlangse aanslag op Afrikaans by al die tradisioneel Afrikaanse universiteite bly die Federasie van Kultuurvereniginge (FAK) ’n baken van en vegter vir die beoefening en bewaring van die besondere taal.

Volgens Johan Jansen van Vuuren, projek- en kommunikasiebeampte by die FAK, ontvang die FAK weekliks oproepe van mense wat wil deelneem en ’n bydrae wil maak. “Ons kry ook heelwat terugvoering van mense wat hul dankbaarheid uitspreek teenoor die FAK se amptelike standpunt ten gunste van Afrikaans op universiteite,” het Jansen van Vuuren gesê.

Skokkende insidente van verwoesting het die afgelope tyd by universiteite oor die land heen plaasgevind. Die realiteit bly egter dat die hele situasie heelwat wyer uitkring as slegs die teenwoordigheid van Afrikaans aan tersiêre instellings. Niemand word tog verplig om in Afrikaans te studeer nie. Verwoesting van nie net klaskamers en infrastruktuur nie, maar ook van bakens, simbole en standbeelde maak daagliks opspraak. Die tekens dat Afrikaans gebruik word as ’n flou verskoning om ’n aanslag teen Afrikaners, die Afrikanerkultuur en Afrikanergeskiedenis te loods, word egter telkens bevestig.

“Die FAK se standpunt bly egter onverander: Ons sal nie terugsit en toekyk hoe dít wat ons na aan hart lê, afgebreek word nie,” sê Jansen van Vuuren.

Beeldjie-projek

Die FAK loods in 2016 ’n reeks geskiedenisprojekte wat gefokus is op die beskerming en bewaring van Afrikanergeskiedenis. Ter ondersteuning van die FAK se geskiedenisprojekte het die FAK ’n geskiedenisfonds gestig, en word elke Afrikaner uitgenooi om die fonds te ondersteun.

“As deel van die FAK se geskiedenisprojekte het die FAK pas sy Afrikanerbeeldjie in elke huis-projek bekendgestel. “Al word ons standbeelde verwyder of verwoes, kan niemand ons keer om standbeelde van ons helde in ons huise ten toon te stel nie. Replika-beeldjies van standbeelde van NJ van der Merwe en Sarel Cilliers is reeds beskikbaar, terwyl beeldjies van president Steyn en Totius tans ontwikkel word. Elke Afrikanergesin het nou die geleentheid om standbeelde van ons helde in hul huise te hê,” verduidelik Jansen van Vuuren.

Elkeen wat die FAK se geskiedenisfonds met ’n donasie van meer as R500 ondersteun, ontvang ’n beeldjie van sy of haar keuse gratis. Elkeen wat aansluit as Goue Vriend van die FAK en die FAK se geskiedenisfonds teen R200 of meer per maand ondersteun, ontvang ook ’n beeldjie van sy of haar keuse gratis. Beeldjies is beskikbaar in óf ’n silwer óf ’n brons afwerking.

Kontak Zieg van Huyssteen by die FAK-kantoor by [email protected], of by 012 301 1777 om die Geskiedenisfonds te ondersteun en ’n beeldjie te ontvang.  Besoek gerus die FAK se webblad.

Hou ook die FAK se Facebook-blad en nuusbrief dop vir die bekendstelling van nog beeldjies deur die loop van die jaar.

Jý kan die Solidariteit Beweging help om aan ʼn beter toekoms te bou. SMS die woord ONSBOU na 34802 (SMS’e kos R2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.