Met brandstofpryse wat die hoogte inskiet, rentekoerse wat enigiemand met ʼn huisverband koue rillings gee en ʼn jaar wat baie langer as net die gewone 12 maande gevoel het, wou Maroela ons lesers vir oulaas vir 2023 bederf.
Vier gelukkige Maroela-lesers het in aanmerking gekom om ʼn Kersfeesbonus van R5 000 kontant te wen.
Baie geluk aan Rienie Agenbag van George, Mandy Lennox van Douglas, Marlien du Toit van Bloemfontein en Theo van Zijl van Pretoria wat elkeen met ʼn kontantbonus van R5 000 wegstap.
Dankie vir elke leser wat ingeskryf en hul naam in die hoed gegooi het – ons het duisende inskrywings ontvang.