Die Amerikaanse tak van Geopende Deure het ʼn internasionale versoek aan Christene wêreldwyd gerig om op 11 Junie aan ʼn webinaar deel te neem om vir Christene in Noord-Korea te bid.
Noord-Korea word as dié land beskou wat Christene die meeste onderdruk, en sowat 300 000 Christene is lid van die ondergrondse kerk. Duisende is in strafkampe.
Die webinaar word gehou teen die agtergrond van die historiese ontmoeting tussen pres. Donald Trump en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jung-un op 12 Junie.
Verskeie van Geopende Deure se leiers sal op 11 en 12 Junie in Singapoer wees waar die historiese samesprekings gehou word.
Klik hier om meer te lees en vir die webinaar te registreer.
Ja baie, baie noodsaaklik.
Amen