Die blinde ryer Jacob se groot dag

Jacob Kruger by die Red Star-renbaan. Foto: Brian Cheyne

Naweek na naweek kyk ek hoe motorfietshelde soos Valentino Rossi ’n motorfiets meesterlik om ’n baan gooi. Dan wonder ek hoe hierdie mense sal vaar as jy hulle sou blinddoek en vra om weer om die baan te ry. Ek het twee weke terug berig oor Jacob Kruger, die blinde ryer wat om Red Star wou ry as deel van ’n fondsinsamelingsprojek om ander mense soos hy te help.

Die dag is bygewoon deur sowat 500 mense, en die aktiwiteite het sommer al vroeg begin. ’n Klein groepie sig- en gehoorgestremde mense is deur die Hell Razors-motorfietsklub om die baan geneem. Daar is spesifieke instruksies aan die ryers gegee om dit rustig te vat, maar as jou passassier jou aanhits om vinniger te ry, dan moet jy maar bes gee. Suzuki was ook daar met hulle Swift Sport-karre, en die groepie is toe sommer getrakteer met ’n paar rondes in die karre ook.

Nog een groep wat betrokke was, is die GEES groep wat hulle daarop toespits om kinders op ’n veilige manier motorfietse te kry op. Hulle kon ook so paar rondes om die baan gaan ry en daar was selfs ‘n bromponie of twee daar. Dit is wonderlik om te sien dat daar wel kinders is wat wil en kan motorfiets ry en nie net met ’n selfoon en tablet deur die lewe gaan nie.

Om 14:00 het Jacob die baan betree met sy “gidshond” Ian Howard hom getrou gevolg het. Hulle het ’n baie eenvoudige manier van kommunikeer gehad. Ian het net nommers aan hom gegee. 1 is skerp links, 10 skerp regs en 5 is reguit. Vir ’n uur het Jacob al om die baan gery en vier rondes voltooi.  Toe hy oor die eindstreep ry, het hy sy motorfietsklub vir nog ’n ronde om die baan gelei. Daar was ook amptelike tydhouers van Guiness World Records  en Jacob hoop dat sy rit wel ’n inskrywing in die Guiness Book of World Records sal word.

Daar is op dié dag om en by R25 000 ingesamel wat gelykop verdeel gaan word tussen die gidshondvereniging en ’n groep wat gestremde mense oplei.  As enige iemand nog iets wil weet of self wil betrokke raak by hierdie merkwaardige man se werk, kontak hom gerus by [email protected] of vir sy vriendin Joanne by [email protected]. Joanne sal ook bankbesonderhede kan verskaf as jy graag finansieel wil bydra.

Lees meer op die Jacobs Vision-Facebook-blad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Petru Pietersen ·

Sjoo, dit wil gedoen wees. ‘n Mens moet nie altyd dink of aanneem mense wat blind is sal nie iets kan doen wat hulle baie van hou nie en kyk wat gebeur. Ek kan sien in die foto’s hy is trost op homself en het dit geniet. Ek sou ook.

Johan ·

Hoe ruk Jacob ons tot ons sinne en laat ons besef hoe dankbaar ons moet wees vir wat ons het. Jacob jy is ‘n inspirasie en laat my persoonlik besef om meer positief te wees rondom dinge wat met my gebeur. Dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.