Dié leser wen ‘n Bernina-naaldwerkmasjien

Bernina B325 (Foto verskaf)

Alhoewel die Bernina 325 die intreemodel in die reeks is, is dit gelaai met die nuutste tegnologie en die duursame kwaliteit verseker dat daar geen beperking is om jou kreatiewe idees te realiseer nie. Met 97 stikpatrone, knoopsgatfunksie en verskeie toebehore wat standaard ingesluit is, is daar geen einde aan jou skeppingsvermoë nie.

Vir jou gemoedsrus word Bernina-masjiene gerugsteun deur ʼn vyf jaar, internasionale, meganiese waarborg.

Bernina wou een Maroela Media-leser bederf met ʼn Bernina 325 ter waarde van R28 199. Baie geluk aan Ilza Pienaar van Mosselbaai wat dié wonderlike prys wen.

Ilza sê sy het ongeveer twee jaar gelede as 25-jarige naaldwerk begin doen.

“Ek het vir ‘n kursus gegaan om die basiese beginsels te leer en daarna begin om innoverend te dink en my eie styl te skep. Ek het nog altyd naaldwerk op my ma se Bernina van 30 jaar oud gedoen. Al is hy in ‘n baie goeie werkende toestand, wou ek nog altyd ‘n Bernina van my eie hê. Ongelukkig is ek op ‘n studentetoelaag en maak klere in my vrye tyd vir vriende en familie om ekstra geldjies te probeer spaar sodat ek hierdie droom kan bewaarheid.”

Nou is haar droom ‘n werklikheid, danksy Bernina. Geluk, Ilza!

Bernina B325 (Foto verskaf)

Word deel van die Bernina-familie

Sedert 1893 het Bernina Switserland met passie daarop gefokus om naaldwerk-, omkap- , kwilt- en borduurmasjiene van hoogstaande gehalte te ontwikkel. Hier is ʼn paar redes vir jou om deel te word van die Bernina-familie.

Bernina Switserland (Foto verskaf)

  1. Gehalte en tradisie

As ʼn familiebesigheid in sy vyfde generasie, poog Bernina om te verseker dat jou skeppings kan realiseer met die beste tegnologie beskikbaar. Daar is niks wat stik soos ʼn Bernina nie – gewaarborg deur meer as 130 jaar se tradisie.

  1. Volgehoue ondersteuning

Bernina vervaardig produkte wat hulle eienaars vir baie jare van betroubare diens en gehalte stikwerk verseker. Wanneer dit kom by gemoedsrus, is Bernina die antwoord.

  1. Internasionale waarborg

Bernina-masjiene word ontwerp om jou jare van gelukkige en produktiewe stikwerk te verseker. ʼn Internasionale waarborg op nuwe Bernina-produkte, sal jou volkome gemoedsrus gee.

  1. Persoonlike advies

ʼn Bernina-eienaar geniet voordele soos opleiding en ondersteuning van ʼn Bernina-handelaar. Die Bernina-handelaar sal jou adviseer oor die produkte en toebehore wat jou behoeftes die beste aanspreek en sal ook vir jou van tegniese rugsteun voorsien.

Moenie langer uitstel nie – word deel van die Bernina-familie en begin om jou kreatiwiteit ‘n werklikheid te maak!

  • Teken in op die Bernina-nuusbrief en bly ingelig oor nuwe produkte, naaldwerktendense, promosies en projekte.
  • Laai die Bernina-app af en wees 24/7 gekoppel
  • Besoek die Bernina-blog en wees deel van die internasionale naaldwerkgemeenskap met idees, projekte en patrone
  • Teken in op die “Inspiration”-nuusbrief en ontvang elke maand ‘n gratis patroon
  • Registreer jou Bernina- of Bernette-masjien op die Bernina-webblad.

Meer oor die Bernina 325

Die Bernina 325 is klein genoeg om in enige naaldwerkhoek te pas, nogtans kragtig genoeg om deur die taaiste materiale en idees te stik. Die Bernina 325 lyk boonop so goed soos wat dit naaldwerk kan doen. Dit is immers ʼn Bernina! Voordele van die Bernina 325 sluit in:

  • Propvol van die nuutste tegnologie
  • Stewige, duursame gehalte
  • Gebruikersvriedelike bediening
  • Helder LCD-skerm
  • Praktiese sowel as dekoratiewe steke
  • Vryarmfasiliteit
  • Skuifspoedbeheer tot 900 steke per minuut
  • Semi-outomatiese naaldbedrader
  • 8 x LED naaldwerkligte
  • Ingeboude geheuefunksie
  • 5 x drukvoete ingesluit
  • Knoopsgatfunksie en baie meer
  • Vyf jaar meganies-/twee jaar elektriese waarborg
  • Gratis produkopleiding

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.