Duisende kinders besoek dié monument

Oranje Meisies Sekondêre Skool van Bloemfontein  sing. (Foto verskaf)

ʼn Ongeveer ʼn duisend leerders van 11 skole  het in Julie die Voortrekkermonument in Pretoria besoek.

Van hierdie skole sluit in Oranje Meisies Primêre en Sekondêre Skool, Laerskool Willem Postma van Bloemfontein, Hoërskool Noordheuwel van Krugersdorp en Hoërskool Hugenote van Wellington in die Wes-Kaap. Oranje Meisies en Hoërskool Hugenote het tydens hul besoek ook in die Voortrekkermonument gesing.

“Dit is vir ons skool ’n jaarlike tradisie om in die Voortrekkermonument te sing. Baie van die kinders in ons koor het ook geskiedenis as ’n vak, daarom wil ons graag die Voortrekkermonument kom besoek,” het Wilhelm Broodryk van Hoërskool Hugenote gesê.

Werner Stander, koorleier van Oranje Meisies, vertel dat hulle skool ook hierdie tradisie volg. “Die akoestiek in die Voortrekkermonument is wonderlik. Ons bring altyd die toergroepe hierheen om die geskiedenis te leer, dan sing ons sommer ook,” vertel Stander.

Beide Hoërskool Hugenote en Oranje Meisies was in Pretoria vir die ATKV Applous, die organisasie se koorkompetisie.

Hoërskool Huggenote het ook binne die Voortrekkermonument gesing, (Foto verskaf)

Tydens ’n besoek aan die Voortrekkermonument kry skole ’n begeleide toer deur die monument en kan hulle ook die paadjies in die Trekroetetuin verken. Leerders kry ook die geleentheid om deur die museumwinkeltjies te stap en middagete word voorsien deur enigeen van die twee restaurante op die perseel.

Die afgelope skoolvakansie het die Pionierswerf ook gesorg vir hope pret met die vakansieprogramme. Daar was vele aktiwiteite waaraan kinders kon deelneem, onder andere stokbrood maak, boeresport, krygsgevangenekuns om maar net ʼn paar aktiwiteite te noem.

Miya van Deventer van Hoërskool Noordheuwel het gesê dit is vir haar lekker om meer oor die geskiedenis van die land te leer, terwyl die Groot Trek-leiers weer vir Sebastiaan van Rooyen, ook van Hoërskool Noordheuwel, die meeste uitstaan.

“Die Voortrekkermonument is ’n baken van hoop waar almal welkom is. Dat soveel kinders na die monument terugkeer, is net weer ’n bewys dat kinders meer oor hul geskiedenis en kultuur wíl leer,” het dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Voortrekkermonument, gesê.

  • Dié koorgroepe van Sekondêr en Primêr Oranje Meisieskool uit Bloemfontein het op 26 Julie ‘n besoek kom aflê aan die Voortrekkermonument. Besoekers van die monument was stomgeslaan toe dié meisies begin sing. En sing kan hulle sing!

Oranje meisies kuier by die VoortrekkermonumentDié koorgroepe van Sekondêr en Primêr Oranje Meisieskool uit Bloemfontein het gister (26 Julie) 'n besoek kom aflê aan die Voortrekkermonument. Besoekers van die monument was stomgeslaan toe dié meisies begin sing. En sing kan hulle sing! Hulle stemme gepaard met die prentjiemooi Voortrekkermonument skep 'n belewenis wat slegs 'n handjievol die voorreg gehad het om te kon ervaar.Primêre Meisieskool Oranje, kom kuier gerus weer!

Posted by Voortrekkermonument on Thursday, July 27, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.